Nuus
Lidmate val die polisie aan toe hulle Covid-regulasies afdwing

Lidmate val die polisie aan toe hulle Covid-regulasies afdwing

Twee polisiebeamptes en twee lidmate is beseer toe polisiebeamptes op Sondag 28 Februarie 2021 weens klagtes oor lawaai en die verbreking van Covid-19 regulasies by ‘n kerk in Midway, Soweto, opgedaag het. Lidmate van die United Fellowship Church het gereageer deur beledigings na die polisie en regeringsamptenare te slinger en hardop te sing. Manlike lidmate het ook die patrollievoertuie geskud, berig Daily Maverick.
Honderde lidmate was by die kerk saamgetrek, terwyl die toegelate perk slegs 50 is. Polisie moes rubberkoeëls gebruik om die skare onder beheer te bring. Verskeie lidmate is gearresteer, waaronder ‘n pastoor.
Die kerk word gelei deur pastoor Mpfariseni Mukhuba, ‘n bekende in kerklike kringe in Soweto. Haar gesig pryk ook op van die kerk se voertuie.
Daily Maverick berig een van die lidmate het geskree hulle sal die kerk teen hierdie “demoniese regering en polisie beskerm”. ‘n Ander het gesê daar is ‘n aanslag op die kerk regdeur die land. Toe lidmate gevra is waarom hulle noodregulasies oortree, het hulle met beledigings gereageer. Nog ‘n lidmaat meen hulle doen God se werk en hy sien niks fout met die groot getalle nie.
Dis ‘n Sondag wat nog lank in daardie gemeente onthou sal word.
Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.