Nuus
Liturgie van Klag in die aangesig van geweld, ellende en swaarkry

Liturgie van Klag in die aangesig van geweld, ellende en swaarkry

Na aanleiding van die tragiese dood van ds. Liezel de Jager verlede jaar het die Wes-Kaapse Sinode ʼn versoek gerig vir die ontwikkeling van ʼn “liturgie van angs” vir kerklike gebruik.

In ʼn verklaring skryf die moderatuur: “Die moderatuur skaar ons volledig by die ‘Thursdays in Black’-veldtog en hoop en droom en wil meewerk aan ʼn wêreld waarin daar nie enige geweld teenoor vroue, kinders en enige ander kwesbare persone in ons samelewing gepleeg word nie. Die moderatuur is gekant teen enige vorm van geweld teen vroue. Dit sluit fisiese geweld, taalgeweld, afbrekende en seksistiese grappe, seksuele teistering, asook kuberboeliegedrag (soos op sosiale media) in. Mag elkeen van ons ons beywer vir ʼn wêreld waarin vroue kan floreer, in die wete dat hulle veilig en geliefd is.” Op die oomblik haal verkragting ook die nuus deurdat dit nogeens as gewelddadige praktyk in oorlogvoering gebruik word in die Oekraïne.

Klik hier vir die liturgiese voorstel wat deur Cas Wepener en Marileen Steyn van die Departement Praktiese Teologie & Missiologie aan die Fakulteit Teologie van Stellenbosch Universiteit saamgestel is. Dit reageer met ʼn mengsel van woede, pyn en troos op ʼn uitdagende konteks met ʼn spesifieke fokus op geweld, asook die angs wat daarmee gepaard gaan.

Ons stel voor dat die liturgie in Augustus en spesifiek op ʼn Sondag naby aan Vrouedag 9 Augustus gehou word. Moedig deelnemers aan om swart klere na die diens te dra. Die erediensruimte kan ingerig word met ʼn visuele aanbieding (soos die collage deur Carl Lamprechts wat onlangse geweldslagoffers uitbeeld). Die liturgiese elemente wat ingesluit word in hierdie liturgiese voorstel is waarskynlik te veel om alles tydens een erediens te gebruik en gemeentes sal kan kies uit die elemente en ook hulle eie gekose elemente byvoeg. (Met dank aan Vrydagnuus.)

Liturgie van Klag in die aangesig van geweld, ellende en swaarkry
Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.