Maak groentetuin, 1 meter by 2 meter, en red ‘n nasie van hongersnood

As ons alle huise, ook mense in informele strukture prakties kan leer hoe om groentetuin te maak met die mees basiese implemente, sodat behoorlike voeding beskikbaar raak vir almal, kan ons hongersnood en swak voeding op ons subkontinent dramaties verlig.

Hierdie video met praktiese instruksies hoe om op klein skaal groentetuin te maak, is gratis aanlyn beskikbaar. Kyk hierna en begin ander help om groentetuin te maak, sonder duur implemente.

Dit is die visie van Greg Drysden van Farming God’s Way in Port Elizabeth.

In hierdie proses deel ons nie groente uit nie, sê Greg, ons deel kennis uit. Mense neem self verantwoordelikheid. 

Hierdie opleiding is nou ook verfilm en hier op hul Youtube-kanaal beskikbaar.

Dit gebeur inderdaad. In Port Elizabeth bied “Farming God’s Way” gereeld praktiese kursusse aan. Mense wat dit gaan bywoon het, en self tuin begin maak het, se lewens verander.

So ‘n tuin staan as ‘n “Garden of Faithfulness”. Volgens Grant Drysden is hulle aangenaam verras deur die wyse waarop mense, van skuldbulte tot by sinkstrukture verby, groentetuine aangryp en gesonder begin eet.

Gemeentes kan gerus die kennis gebruik om hulself en ander in die gemeenskap te leer van vars groente en die maklike verbouing daarvan.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.