Nuus
Minder debat en aanval, meer luister en saam soek

Minder debat en aanval, meer luister en saam soek

“Daar het die afgelope tyd ge­sprekke oor kerklike sake op sosiale media plaasgevind wat gevaarligte laat aangaan,” skryf dr Frederick Marais op Kerkbode se aanlynplatform. Sosiale media is by uitstek geskik om mense se standpunte te manipuleer.

“Dit werk min of meer so. Ek voel ek het sterk oortuigings oor ’n saak. Ek neem enkele woorde of sinne van persone van wie ek vermoed dat ek verskil. Om my saak te versterk en meer aandag te kry, neem ek dié enkele woorde uit die gesprek en verbind dit aan ’n uiterste standpunt wat ek weet in diskrediet is by my gehoor. So steek ek ’n vuur van verdagmakery aan.” Van hierdie punt af spin dinge vinnig buite beheer.

Christene is geroep om mekaar anders te hanteer en saam te soek na die waarheid. Eerder as om my standpunt so hard as moontlik te verkondig, is ek geroep om te luister en saam te soek met ander. Marais verwys na Otto Scharmer wat opmerk dat skeppende luister is waarna ons moet soek: mense met verskillende standpunte kan so na mekaar luister dat ‘n nuwe werklikheid van insig en oortuiging deur ‘n proses van onderskeiding gebore word.

Lees die artikel hier op Kerkbode se platform.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.