Nuus
“Mnr Mkhize, die openbare gesondheidstelsel het in duie gestort, jy moet ingryp”

“Mnr Mkhize, die openbare gesondheidstelsel het in duie gestort, jy moet ingryp”

Die Daily Maverick het met ‘n reeks artikels oor die openbare gesondheidstelsel in die Oos-Kaap begin. Dit onderstreep die haglike stand van sake in die Oos-Kaapse Departement van Gesondheid en sy bedryf van openbare hospitale in die provinsie.

Hierdie stand van sake verdien om deel van die nasionale gesprek te word. Daarom is hierdie beriggewing so belangrik.

In ‘n meningsartikel van Daily Maverick op 23 Maart 2021 vertel Estelle Ellis onder die opskrif, “Minister Mkhize, the Eastern Cape’s health system has collapsed – you must intervene”, van verskeie insidente hoe die publiek in die steek gelaat is en van verslae gesondheidswerkers wat nie steun van die departement kry nie. Dit word in ‘n eerste artikel opgevolg met verslag oor personeeltekorte en -moraal. 

In die tweede artikel, 24 Maart doen Estelle Ellis, Hoseya Jubase and Lonwabo Damani verslag oor die omstandighede rondom Covid-19-sterftes in openbare mediese fasiliteite. Die sterftekoers in die Oos-Kaap is van die hoogste in die hele wêreld. Covid-begrafnisse (foto hierbo) het ‘n algemene gesig geword.

Hierdie beriggewing wys die vinger na burokratiese argeloosheid van kriminele proporsies. Hopelik trek dit die regte aandag. Ingryping is dringend nodig. Hou Daily Maverick gerus dop vir verdere bydraes in hierdie reeks.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.