Nuus
‘n Pragbybel vir die vroue van Afrika

‘n Pragbybel vir die vroue van Afrika

Die Bybelgenootskap het pas die nuwe African Women Devotional Bible bekendgestel, ‘n Bybel wat spesifiek saamgestel is vir die vroue van Afrika.

Die Bybelgenootskap skryf:

“Hierdie Bybel het ‘n unieke Afrika-gevoel met sy fyn vroulike aanraking soos die vers wat op die vergulde rand aangebring is en die gepaste illustrasies. Die Bybel weerspieël Afrika, nie net in sy ontwerp en uitleg nie, maar vroue van hierdie pragtig uiteenlopende kontinent het ook 365 oordenkings en 52 artikels geskryf wat reguit tot die kern van die saak spreek en aandag gee aan die probleme waarmee vroue vandag te kampe het. Hierdie beperkte oplaag in die Engelse standaardweergawe is nou teen slegs R299 beskikbaar.

“Die African Women Devotional Bible is die ideale geskenk vir elke vrou wie se hartsbegeerte gegrondves is in die Woord van God.

“Bederf jouself, ‘n vriendin of jou ma op Moedersdag met hierdie unieke Bybel. Besoek ons aanlyn Bybelwinkel om u eksemplaar dadelik te koop, of stuur ‘n e-pos na sales@biblesociety.co.za.”

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.