Nuus
‘n Praktiese, lekker manier om die evangelie te deel, ook met jongmense

‘n Praktiese, lekker manier om die evangelie te deel, ook met jongmense

Verskeie gemeentes gebruik die Alpha-kursus vir hulle lidmate, vir jeugbediening, in kategesegroepe of vir evangelisasie. Dr Chris van Wyk van Somerstrand vertel hoe Alpha gebruik kan word en waar die kursusmateriaal (gratis) beskikbaar is:  

Alpha fokus op die groot lewensvrae oor geloof in ‘n informele en vriendelike omgewing. Nicky Gumbel van Holy Trinity Brompton het Alpha die afgelope drie dekades ontwikkel veral vir mense buite die kerk wat die Christelike geloof wou verken. Baie kerke het die materiaal egter aangegryp om hulle eie lidmate in die basiese Christelike verhaal toe te rus. Dit word regdeur die wêreld in kerke gebruik, insluitende alle hoof protestantse denominasies, die Katolieke Kerk, en die Ortodokse Kerk.

Alpha stel mense bloot aan die realiteit van wie Jesus is, gebaseer op regte vriendskappe wat oor ‘n paar weke opgebou word en wat dikwels jare daarna duur. Miljoene mense het Alpha in 169 lande al bygewoon. Die inhoud is in 112 verskillende tale vertaal. Lees meer by https://southafrica.alpha.org/ (ook by http://alphasa.co.za/).

Alpha kan volledig aanlyn (Zoom, Skype / Teams of Facebook Messenger) gedoen word, of in persoon met die aflaaibare video’s, of in enige kombinasie van opsies.

Elke Alpha sessie bestaan uit drie dele: Eet, Kyk, Gesels. Met tieners word ‘n vierde deel bygevoeg: FUN!

Daar is Alpha’s vir enige ouderdom, tieners (13-18), jongmense (19-30), en seniors (65+). Daar is Alpha’s vir verskillende situasies: Hoërskool, Werkplek, Militêre omgewings, Katoliek, selfs vir tronke.

Daar is ook talle tipe aanbiedings: ‘n Alpha met Nicky Gumbel, ‘n Alpha met onderhoude met wêreldbekende leiers, ‘n Alpha vir tieners (onder andere in ‘n Afrika konteks) en ‘n Alpha “script” wat jy self kan verander en aanbied soos jy self goedvind.

Die normale Alpha beslaan 16 sessies en duur 11 weke met ‘n naweek waar meer sessies ingepas word. Die jeug Alpha beslaan 13 sessies en duur 9 weke ook met ‘n naweek waar meer sessies ingepas word.

Die beste weg om te volg is te registreer by https://run.alphasa.co.za/ en al die opsies te ondersoek.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.