Skip to main content

‘n Gids tot hernoemde plekke in die Oos-Kaap

Die herbenoeming van plekke in die Oos-Kaap is dikwels verwarrend. Is jy op pad Grahamstad of Makhanda toe, Fort Beaufort of KwaMaqoma? Dis ‘n goeie idee om die nuwe name aan te leer. Daarom het ons dit goed gedink om ‘n tabel met die nuwe name saam te stel – klik hier.

Kerke en gemeenskapsorganisasies vra Ramaphosa om in te gryp

Die Nelson Mandelabaai Burgerlike Koalisie, waarby die NG Kerk, verskeie ander kerke, asook sake- en gemeenskapsorganisasies inskakel, versoek pres Cyril Ramaphosa in ‘n skrywe vandeesweek om in te gryp by die verslegtende veiligheidsituasie in die Baai. 

Tradisioneel een van die veilige Metro’s beleef die Baai oor die afgelope tyd verslegtende veiligheid en sekuriteit vir inwoners. 

Die koalisie versoek pres. Ramaphosa om ‘n misdaadramptoestand in te stel en ‘n spesiale Taakmag vir veiligheid en sekuriteit aan te wys. Meer polisiebeamptes, meer visuele polisiëring en verbeterde beskikbaarheid van toerusting is nodig. Die Metropolisie moet ook versterk word.

Daar word verder gevra vir die versterking van die SAPD se taktiese responsvermoë, die uitruil van polisiebeamptes met beamptes wat nie met die stad bekend is nie en die ontplooiing van die Weermag.

Klik hier om die skrywe te lees.

Prof Janet Cherry aan kerkleiers: Hoe dien grond en geregtigheid ons land se ontwikkelingsbehoeftes?

Op watter kreatiewe wyses kan ons grond benut om die ontwikkelingsbehoeftes van die SA-samelewing te dien? Hoe kan ons ‘n geskiedenis van vervreemding van grond met die armoede en ongelykheid wat dit meegebring het, oorkom? Dit was van die vrae waaroor prof Janet Cherry van die Nelson Mandela Universiteit se Departement van Ontwikkelingstudies kerkleiers onlangs in Nelson Mandelabaai help dink het.

Cherry het ‘n lewenslange belangstelling in die geskiedenis van ekonomiese ontwikkeling van Nelson Mandelabaai.

Nee, sy dink nie Julius Malema se planne gaan werk nie. Individuele grondeienaarskap blyk egter elders in die wêreld ook nie die blink oplossing te wees nie. Daar is egter talle ander moontlikhede. Klik hier om na ‘n video-opname van haar voordrag te luister. Haar Powerpoint kan hier afgelaai word.

Lot van SA se kinders: Honger, wangevoed en sterwend (ook in welgestelde provinsies)

Byna 40% van jong kinders in Suid-Afrika is honger, sedert Covid-19 loop 500,000 meer die ernstige gevaar van wanvoeding, en die hoeveelheid kinders wat voor die ouderdom 5 sterf het dramaties toegeneem.

Hierdie data is vervat in die South African Early Childhood Review wat die status van kinders onder 6 jaar ondersoek en op 17 Julie 2024 bekendgestel is. Die verslag is ‘n gesamentlike onderneming van verskeie instansies, waaronder die Universiteit van Kaapstad, DataDrive2030, die Grow Great Campaign en Ilifa Labantwana.

Die data beklemtoon dat die lot van jong kinders in vele opsigte verswak het. Die verslag beskryf hoe meer kinders in armoede leef, nie voedselsekerheid ervaar nie en hoe wanvoeding – ook in die tradisioneel meer welvarende provinsies – sedert die pandemie toegeneem het.

Inperking het alle basiese dienste aan kinders benadeel. Terwyl primêre gesondheidsdienste herstel het, is daar steeds agterstande met geboorte-registrasies en dus toegang tot toelaes.

Voorlopige beramings van die Mediese Navorsingsraad toon dat 30 van elke 1,000 babas wat lewend gebore is in 2022 nie tot en met hul eerste verjaarsdag geleef het nie, terwyl die sterftekoers vir kinders onder 5 van 29 sterftes per 1,000 lewende geboortes in 2020 gestyg het tot 40 uit 1,000 in 2022. Die vordering wat voor die pandemie met kindersterftes behaal is, het sedert die pandemie ‘n kreeftegang gegaan. Hoewel die oorsake nie heeltemal uitgepluis is nie, dra armoede en wanvoeding wat ook toegeneem het beslis hiertoe by.

Vroeër was kinders in die landelike dele van die land meer blootgestel aan hongersnood en wanvoeding, maar nou kom hierdie verskynsel ook in die meer welvarende stedelike provinsies soos Gauteng en die Wes-Kaap voor.

Positiewe veranderinge is dat die Departement van Basiese Onderwys en die Nasionale Beplanningskommissie aktief data versamel wat strategiese response vergemaklik. Die Dept van Basiese Onderwys het in 2022 verantwoordelikheid vir vroeëkindontwikkeling (ECD) aanvaar. Toegang hiertoe is nou makliker vir die mees kwesbare kinders.

Klik hier om die opsommende media-vrystelling te lees. Klik hier om die hele verslag te lees.

Rol van gemeentes

Wanneer mens hierdie verslag lees, kom Jesus se gelykenis in Matteus 25 by jou op. Wat is die klein bietjie wat ons kan doen om diegene wat honger of alleen is by te staan? Die Oos-Kaapse Sinode het reeds verskeie opleidingsgeleenthede rondom gemeentes en vroeëkindontwikkeling aangebied. Sikunye is ‘n organisasie met talle praktiese hulpbronne – besoek gerus hulle webblad.

Roepingsverklaring van die Algemene Sinodale Moderamen

Na aanleiding van die Algemene Sinode se 2023-vergadering het die ASM (Algemene Sinodale Moderamen) die roeping van die NG Kerkverband in Februarie 2024 geformuleer. Dit volg 200 jaar nadat die eerste algemene kerkvergadering in 1824 plaasgevind het, 200 jaar gelede. Die roepingsverklaring lui:

Pastoral Care for the Doubting

Prof Scot McKnight writes ons his blog (scotmcknight@substack.com):

Christians without any doubts are either liars or overly confident. One of the deeper ironies for some Christians is that it is the Bible, “a book intended to inspire faith” that has become “the source of their doubt: they mentioned things like the violence attributed to God in scripture, it’s subordination of women, it’s acceptance of slavery, and its teachings about sexuality.” So Adam Hamilton in his book, Wrestling with Doubt, Finding Faith. Hamilton’s years of pastoring brought richness to this book. His doubts may not be your doubts, but the approach he brings can prove helpful for many.

Books about faith and doubt, and even certainty, regularly get published. But never as a fad or an avalanche even. Rather, thoughtful books about doubt are regularly needed because of the presence of doubt and thoughtful people in the church. I have learned that many pastors are not permitted to express their doubts. The same would apply to teachers and professors in seminaries and Christian colleges. Honesty however ought to promote honest questions, honest approaches, honest answers, and sometimes no answers. The most important book about doubt in my own journey in faith is Daniel Taylor’s The Myth of Certainty, which he followed up with many years later with The Skeptical Believer.

He writes, “there was a time when, in meeting with people struggling with faith, I would have felt compelled to try to persuade them to believe. That seldom seemed helpful. What did seem helpful was to honestly admit there are legitimate questions that can be raised about faith; that there are things in the Bible that are troubling to thoughtful people; and that we all struggle with doubt, including me. I found that when I could articulate that I understood their questions, and that I, myself, had wrestled with some of these same questions and doubts over the last 40 years, there was an openness to have a meaningful conversation about their doubts, and a greater openness to hear the reasons that, despite my doubts, I had faith.”

Here are the topics Hamilton discusses in this small, accessible book:

Suffering and the goodness of God
Is Christianity the one true religion?
Is there really a heaven?
Does God hear and answer our prayers?
Can the Bible be trusted?
Does God really exist?
Does God really know and love me?

Question: Which of these is an area of doubt for you? Or do you have others?

In his church in Leawood KS Hamilton found these principal areas of doubt from a survey of 1000 people. He writes that 47% of these people had learned that their doubts ultimately strengthened their personal faith. And, 27% said that doubts neither strengthened nor weakened their faith. Another 23% reported that their faith was weakened by doubts, and 3% admitted that their doubts had led them to lose their faith.

This book is not one of those classic apologetics books that attempts to answer with certainty and finality all questions about the faith. Rather pastor Hamilton wants to enter into a conversation with you about areas typical for people with doubt in the Christian Church, and how they might be approached and discussed in each of our pilgrimages.

How have doubts been approached in your church and circle of fellowship?

Invloedryke Christianity Today se boek-toekennings vir die jaar

Die invloedryke evangeliese tydskrif Christianity Today se jaarlikse toekennings vir uitstekende publikasies is altyd ‘n bron van goeie leesstof. Dit bly waar van die toekennings vir 2024.

Die toekennings word in verskillende kategorieë gedoen. Die algehele wenner is ‘n boek wat aandui hoe die Bybel moderne kultuur uitlê.  Tim Keller skryf in dié publikasie, Biblical Critical Theory: How the Bible’s Unfolding Story Makes Sense of Modern Life and Culture, se voorwoord “a good theory make[s] visible the deep structures of a culture in order to expose and change them.”

Christopher Watkins, die outeur, beklemtoon:

Scripture does this better than anything else. Other critical theories—derived from deep analyses of race, gender, psychology, language, and law—might apply useful lenses to reality. But all are clouded or cracked to some degree, requiring a higher wisdom and a truer story to polish off the smudges and patch together the broken shards. God’s Word, in this sense, does more than explain God to the world. In unsurpassed fashion, it explains the world to itself.

Die moeite werd om te lees.

Kyk gerus ook na die ander publikasies op die lys – klik hier.

𝗩𝗮𝗸𝗮𝘁𝘂𝗿𝗲 𝗟𝗲𝗿𝗮𝗮𝗿𝘀𝗽𝗼𝘀: 𝗡𝗚𝗞 𝗦𝘁𝗲𝘆𝗻𝘀𝗯𝘂𝗿𝗴

Aansoeke word ingewag vir die leraarspos by die NG gemeente van Steynsburg vir ‘n termyn van drie jaar. Sou omstandighede dit  toelaat, kan die termyn verleng word.

Steynsburg is in die Noordoos-Kaap geleë, tussen 70 en 120 km vanaf Cradock, Middelburg, Burgersdorp en Aliwal Noord. Die gemeente bestaan uit 97 belydende en 20 dooplidmate en vier in 2024 sy 150ste bestaansjaar.  Ons het ook ‘n tuiste vir bejaardes met sowat 60 inwoners van verskillende denominasies. 
Ons is ‘n stabiele landbougemeenskap, hoofsaaklik veeboerdery, maar danksy die Oranje-Visrivierskema ook besproeiingsboerdery. Die naaste goeie skole is te Cradock, Burgersdorp en Middelburg. Groot sentra soos Port Elizabeth, Oos-Londen en Bloemfontein is 300 tot 350 km ver.

Slutingsdatum: 31 Januarie 2024. Lees die volle posbeskrywing.

Geloofsreis vir predikante in 2024 aangebied

Ds Gys van Schoor en sy vrou, Thea, (voorheen van Somerstrand- en Durbanville-gemeentes) van die Sentrum van Geloofsvorming (Greyton) het al meer as 300 predikante landswyd op die geloofsreis begelei.  Hulle is ook genooi om dit in 2024 vir predikante in Namibië aan te bid.


Van die onderwerpe waaraan daar aandag gegee word is:
-Die herontdekking van Jesus en sy Koninkryksevangelie.
-Is jou “doing” besig om jou “being” te verlam?
-Emosioneel gesonde spiritualiteit.
-Hoe ontwikkel jy ‘n langasem vir die bediening?
-Dissipelskap as geloofsvormende reis.
-Om met groter vryheid te leef.
-Hoe vind karaktertransformasie plaas?

Vele predikante vra hiervoor. Die lang gekoesterde ideaal word in 2024 werklikheid wanneer ds Gys van Schoor van die Sentrum vir geloofsvorming die geestelike reis vir predikante in die Oos-Kaap kom aanbied. Predikante word aangemoedig om in te skakel.

Predikante wat hierby ingeskakel het getuig met lof van die impak daarvan op hulle lewe.

Die reis duur oor drie jaar, met twee retraites per jaar. Teken solank die datums aan: Retraite 1: 18-21 Maart 2024 en Retraite 2, 21-24 Oktober 2024.

Die koste beloop R1,850 per retraite, maar daar is ‘n 50% subsidie beskikbaar vir predikante wat betyds inskakel.

Klik hier vir meer inligting, en voltooi die inskrywingsvorm as jy belangstel.

Wees ‘n gemeente wat die eerste 1,000 dae van lewe ondersteun

Geestelike leiers van verskeie kerke het vandeesweek Sikunye se praktiese werkswinkel bygewoon hoe om kinders en families gedurende die eerste 1,000 dae van lewe by te staan

Families met klein kindertjies, en die kinders self, het ondersteuning nodig. Die gesegde sê: “You need a village to raise a child”. Die plaaslike gemeente kan die gemeenskap wees wat klein kindertjies en hulle ouers en versorgers bystaan om suksesvol te groei en te floreer. Dit is veral tydens die eerste 1,000 dae van lewe (konsepsie tot twee jaar)  krities belangrik.

Richard Lundie van Sikunye het vandeesweek ‘n besondere werkswinkel in die Baai aangebied wat die belang van die eerste 1,000 dae en praktiese weë om kinders en families in hierdie tyd by te staan toelig.

Die Powerpoints van dag 1 en dag 2 is beskikbaar. Daar is meer hulpbronne en inligting oor komende kursusse, wat ook interaktief met Whatsapp-boodskappe angebied word by www.sikunye.org.za beskikbaar.