Nuus
Ontmoet ds Enslin van Velden

Ontmoet ds Enslin van Velden

Ds Enslin van Velden het pas by Somerset-Oos gemeente aangesluit. Hy kom van die NG gemeente Bergtuin in Pretoria. Ons het so paar vrae vir ds van Velden gevra om hom beter te leer ken.

Vorige gemeente:

NG Bergtuin Pretoria

Nuwe gemeente:

NG Somerset-Oos

Vertel ons van jou gesin:

My vrou Susarie is ‘n opgeleide orrelis en musiekonderwyseres. Ons het 3 volwasse kinders: Wouter, Ingenieur in die Kaap, Elsa Biokinetikus in Mosselbaai en Stefanie eie besigheid in Binnenshuise Ontwerp en Grafiese Kuns

Waar kom jy oorspronklik vandaan?

Witsieshoek ( Phuthaditjhaba) in die Vrystaat

Waar het jy geswot?

Stellenbosch

By watter gemeente het jy jou bediening begin? Philipstown in die Karoo

Wat is jou doelwit in jou nuwe gemeente? Wat sal jy graag wil bereik?

Ek is ‘n Brugleraar. My doel is om ‘n fasiliterende (luisterende rol) in die gemeente te speel. Saam te dink, te bid en die pad vorentoe te stap met die Here se lig en leiding.

Waarna sien jy uit in jou nuwe area?

Om werklik diensbaar vir Hom te wees.

Wat is ‘n hoogtepunt in jou bedienings loopbaan?

Hoe sonder jy een ding uit? Wat my bybly is hoe die Here mense se persepsies/paradigmas verander het om sinvolle verhoudings met kinders te bou in die tyd wat ek betrokke was by Petra Kollege vir Kinderbediening.

Wat is jou gunsteling Skrifgedeelte?

2 Kor 5: 17-20. God het ons deur Christus met Homself versoen. Om ‘n bedienaar van hierdie versoening te wees is ‘n wonderlike voorreg.

Ons wens vir ds van Velden en sy gesin ‘n geseënde bedieningstyd toe hier in die Sinode van Oos-Kaapland.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.