Nuus
Onwettige aflaai van flieks en TV-reekse: jou internet diensverskaffer moet jou aangee

Onwettige aflaai van flieks en TV-reekse: jou internet diensverskaffer moet jou aangee

Nuwe wetgewing oor kubermisdaad wat op 1 Junie 2021 deur pres Ramaphosa onderteken is, vereis dat jou internetdiensverskaffer jou by die owerhede moet aangee as jy kubermisdaad oor jou internetkonneksie begaan. Dit sluit die onwettige aflaai of kopiëring van flieks en TV-reekse in, sê Fatima Kader, ‘n kenner van die reg op die gebied van tegnologie, media en telekommunikasie, soos berig deur MyBroadband.

Volgens Kader plaas die nuwe wetgewing die verpligting op netwerkoperateurs, diensverskaffers en finansiële instellings om kubermisdaad wat op hul netwerke plaasvind binne 72 uur aan die SA Polisiediens te rapporteer. Sou hulle in gebreke bly, kan ‘n boete van tot R50,000 opgelê word.

Die Wet op Kubermisdaad plaas die diefstal van virtuele of digitale eiendom in dieselfde kategorie as die diefstal van fisiese eiendom. Paragraaf 12 van die Wet lees: “The common law offence of theft must be interpreted so as not to exclude the theft of incorporeal property….”

Lees MyBroadband se volledige berig hier.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.