Oorbrug die kloof tussen ryk en arm

Die NG Kerk ontwikkel inisiatiewe om lidmate te help oorbrug aan die kloof tussen ryk en arm. Die infografika hieronder vertel die verhaal.

Die aksie word op grond van drie insette beplan:

  • Eerstens is gesprek met ekonome gevoer (prentjie links bo) , wat gesê het roepingsbewuste lidmate is die kerk se grootste bate. Onderwys, vaardighede en vennootskappe met ander rolspelers is nodig.
  • Tweedens is ‘n groep predikante ewekansig gekies om ‘n vraelys te voltooi (prentjie middel bo). Hulle meen onderwys is die sleutel om die gaping tussen ryk en arm te oorbrug. Mense moet gehelp word om geluk elders as in bloot besit te vind, en die kerk moet anders dink oor hulpverlening.
  • Suksesvolle gemeente-projekte wat reeds ‘n verskil aan die kloof maak (prentjie bo, regs) is bekyk en ontdek dat passievolle lidmate aangemoedig moet word, dat mens moet vasbyt, en dat ‘n olifant happie vir happie opgeëet word.

Verder is vier bewegings onderskei wat kerkmense moet maak om suksesvol ‘n verskil aan die gaping tussen ryk en arm te maak. Sien die vier bewegings hieronder. Hoe meer ons aan die linkerhandse benaderings vashou, hoe minder effektief al ons wees.

Die infografika is deur Bybelmedia ontwikkel.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.

Leave a Reply