
Oos-Kaap heel voor met immunisasie
Tydens ‘n nuuskonferensie op 13 Augustus 2021 oor die immunisasieprogram in Suid-Afrika het Joe Phaahla, minister van Gesondheid gesê persentasiegewys het die Oos-Kaap reeds 23% van sy bevolking ingeënt. Dit beteken die Oos-Kaap is heel voor met inenting, gevolg deur Limpopo. Sowat 1,2 miljoen persone is reeds in die Oos-Kaap ingeënt, teenoor 1,8 miljoen in Gauteng, Suid-Afrika se provinsie met die grootste bevolking.
Tydens die nuuskonferensie is gesê ouer persone moet nou opskud met immunisasie. Sodra die onder-35’s kan registreer, moet die sisteem ‘n bykomende groep van 17 miljoen persone hanteer. Dit beteken dat ouer persone wat tans wyfel dan nie meer so maklik toegang tot die program sal hê nie.
Minister Phaahla het ook gesê beide Johnson & Johnson en Pfizer blyk uitstekend te vaar. Onder persone wat tans weens Covid gehospitaliseer word tel slegs 1% geïmmuniseerdes. Letterlik 99% van hierdie siekes is persone wat nie ingeënt is nie.
Kyk hier na die nuuskonferensie: