Nuus
Padberade fokus op “Fathers Matter” en onderlinge ondersteuning

Padberade fokus op “Fathers Matter” en onderlinge ondersteuning

Gemeentes word versoek om hul predikante, kantoorpersoneel, opvoedkundiges, maatskaplike werkers en jeugbedienaars, kategete en ander bedieningsleiers by vanjaar se padberade te laat inskakel.

‘n Belangrike inset handel oor Fathers Matter, die uitgebreide program van Heartlines wat op die verantwoordelike rol van vaders in die huwelik, gesin en familie fokus. Ds Seth Naicker, ‘n VGK-leraar en Heartlines medewerker, gaan ‘n bruikbare inset maak waarmee gemeentes verder kan werk. Die bedoeling is nie om patriargie of fundamentalisme te koester nie, ook nie om aktivisties te wees nie. 

“Fathers matter” word ontwikkel op grond van goeie navorsing (klik hier) en word as volg gemotiveer:

In South Africa, the majority of children grow up in homes without fathers. The nuclear family, as defined by Western culture (mom, dad and children), is not the norm. Unemployment is prevalent and the ability to earn money is often limited. Men are expected to provide financially despite their employment status and women are seen as the primary caregivers. Many men are often absent within the home and in caregiving roles. This is because they either do not live in the same house as their children (physical absence) or they are unable to be involved or engaged in their day-to-day routines and experiences (emotional absence) — or both. As a result, the reality for a large number of South African children is one of father absence.

A lack of positive and active presence of men in their lives puts children at risk. Global literature highlights that children who grow up without such fathers or father-figures are at an increased risk of becoming victims or perpetrators of violence, mental illness, substance abuse, teenage pregnancy and poor educational and economic outcomes. It’s important to note, however, that this is a risk, not a foregone conclusion. It’s also not to say that the role of single mothers is appreciated any less.

Kyk gerus ook na die bekendstellingsvideo en rigtinggewende insette.

Tydraamwerk

Die byeenkoms begin om 09:00 en Naicker sal sy inset teen 09:30 lewer. Onderwysers en ander is welkom om vir hierdie deel van die gesprek in te skakel en kan daarna weer uit die aanlynbyeenkoms vertrek. Die padberade sluit om 12:00 af.

Dan sal ons ook aandag aan mekaar en ons verhale, die gebeure en wedervaringe van gemeentes en die bediening gee. 

Teken solank die datum waarop jou ring aan die beurt kom aan, en kommunikeer die datum met die kerkraad en bedieningsleiers in jul gemeente:

Maandag, 19 April 2021 (09:00 – 12:00)

Ringe van Algoa, Uitenhage en Cradock

Dinsdag, 20 April 2021 (09:00 – 12:00)

Ringe van Burgersdorp, Port Elizabeth en Sondagsrivier

Woensdag, 21 April 2021 (09:00 – 12:00)

Ringe van Humansdorp, Graaff-Reinet en Oos-Londen

Vrydag, 23 April 2021 (09:00 – 12:00)

Ringe van Albanie, Port Elizabeth-Wes en Dordrecht

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.