
Pastorale begeleiding van persone met Parkinson-siekte en demensie
Saterdag 17 April 2021
Potchefstroom
Prof Wentzel Coetzer
Een van die hoof aanleidende oorsake tot Parkinson-siekte blyk die blootstelling te wees aan plaagdoders wat vir baie jare reeds gebruik is in die landbou; so ook blootstelling aan verskeie ander chemiese stowwe wat in toenemende mate die afgelope dekades reeds baie algemeen in verskeie industrieë gebruik is; hiermee saam ook aspekte soos lugbesoedeling, hoofbeserings, gebrek aan voldoende slaap, oormatige vlakke van stres en angs, ’n swak dieet, substans misbruik, gebrek aan fisiese oefening en ook gebrek aan intellektuele- en geestes stimulasie, ens. Soos in die geval van Alzheimer se siekte, is demensie ook ʼn beduidende faktor by Parkinson-siekte en daar word op talle areas gewys waar voorkomend en helend te werk gegaan kan word.
Die oogpunt van hierdie kursus is vervolgens om teen die agtergrond van die jongste navorsing met betrekking tot neurologiese agteruitgang en demensie, insigte aan die orde te stel wat ’n nuwe perspektief en hoop tot gevolg kan hê. Volgens die Christen psigiater en farmakoloog, dr. Timothy Jennings in sy boek, The aging brain (2018), kan die aanleidende oorsake tot demensie met die nodige kennis deesdae grootliks voorkom word. Dit word ondersteun vanuit die navorsing van Dorsey, Sherer, Okun en Bloem in hul boek, Ending Parkinson’s Disease (2020).
Vanuit die oogpunt van die pastoraat ten opsigte van die probleem van demensie, word daar in hierdie kursus ook ’n kommunikasiemodel aan die orde gestel met die klem op ’n sogenaamde ‘bediening van herinneringe’. As uitvloeisel hiervan volg dan ook ’n erediens liturgie met die klem op ’n veel meer verdiepende en sinvolle deelname deur die demensie pasiënt, ondanks hul klaarblyklik kognitiewe hindernisse.
Plek: Studente Hervormde Kerk – Silwer str 19, Potch (net langs klein kragstasie)
Datum: Saterdag 17 April 2021 – sluit in verversings en sleutelnotas
Tyd: 08.00 – 13.00
Akkreditering: 5x VBO punte – 4x CPSC punte – ook AFM CPD akkreditasie
GPS koördinate: Suid: 26.41.590 – Oos: 27.5.079
Koste: R350 pp (egpare: R600)
Handboek te koop – opsioneel: R150 (posgeld ekstra)
Om te bespreek: U moet vooraf die nodige fooie inbetaal by:
Capitec spaar rek: 1487438425 – takkode: 470010
Rek naam: Prof WC Coetzer (bevestig dan asb. daarna per e-pos)
Navrae: 0836600409 of 0825778810 of e-pos: wentzelc@gmail.com
(Prof. Wentzel Coetzer: Dept. Praktiese Teologie – Fakulteit Teologie Noordwes-Universiteit)