Pinksterreeks 2016 beskikbaar
In aansluiting by die NG Kerkfamilie se Seisoen van Menswaardigheid wat tans op dreef kom, dink ons met vanjaar se Pinksterreeks as kerkfamilie saam daaroor dat die Here alle mense na sy beeld geskape het en dat Jesus sy kerk in ons tyd opnuut van dié waarheid bewus maak. As dissipels van Jesus hoor ons die waarheid van God se Woord en wil gehoorsaam reageer as sy gestuurdes om na die gebroke wêreld uit te reik met die boodskap dat Christus ons menswaardigheid kom herstel het.
Hierdie reeks oordenkings lewer in die Pinkster van 2016 deur die kragtige werking van die Heilige Gees, ān getuienis en roep almal op tot die herstel van menswaardigheid in Suider-Afrika. Ons sluit ook aan by die WĆŖreld Raad van Kerke se program vir menswaardigheid, om daarmee die NG Kerkfamilie se eenheid met die ekumeniese kerk oor die wĆŖreld heen te erken. Laai die reeks af.