Skip to main content

Popia: Beskerming van Persoonlike Inligting

Klik hier vir die NG Kerk in Oos-Kaapland se volledige inligtingsbeleid

Die Protection of Personnal Information act (POPIA) is in November 2013 onderteken en gedeeltes het reeds in April 2014 in werking getree. Die Inligtingsreguleerder is in Desember 2016 aangestel. Die res van die regulasies het op 1 Julie 2020 in werking getree en die NG Kerk in Oos-Kaapland voldoen vanaf 30 Junie 2021 aan alle wetlike vereistes.

Volgens Artikel 14 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, moet daar voorsiening gemaak word vir elke persoon se reg op privaatheid.  Die reg op privaatheid sluit dus ook die reg op die beskerming teen onregmatige verwerking van persoonlike inligting in, o.a. die insameling, berging, verspreiding en gebruik van persoonlike inligting.

Die doel vir die versameling en verwerking van persoonlike inligting van datasubjekte deur die NG Kerk in Oos-Kaapland behels gereelde kommunikasie op verskillende digitale en papiergebaseerde platforms, en die vervulling van ons rol in verhouding tot die ander rolspelers in die kerkverband en ten opsigte van eksterne instansies. Dit sluit saamtrekke en voortgesette bedieningsontwikkeling in. Ons reël ook kerklike vergaderings wat deur ampsdraers, lidmate en ander rolspelers bygewoon word.

Ter wille van kommunikasie tussen gemeentes en die funksionering van die verband publiseer ons ook data, soos ooreengekom met rolspelers, in die kerkjaarboek en op ons webblad. Ons gebruik ook sosiale media platforms, soos Whatsapp en Facebook.

Gevolglik is dit noodsaaklik dat daar ‘n proses van veilige en verantwoordbare instandhouding van data moet wees.

Die NG Kerk in Oos-Kaapland samel slegs die inligting van datasubjekte in wat nodig is om ons taak uit te voer.

Rolspelers, ampsdraers en lidmate kan op enige stadium hulle inligting bevestig of wysig deur die NG Kerk in Oos-Kaapland te kontak by sinode@ngkok.co.za. Die POPIA inligtingsbeampte is Danie Mouton, tel 041 365 3159, sinode@ngkok.co.za.

Die NG Kerk in Oos-Kaapland se POPIA-beleid is beskikbaar vir insae.

Vorms

Die volgende vorms is beskikbaar vir datasubjekte:

Vorm 1: Beswaar teen verwerking van persoonlike inligting
Vorm 2: Versoek om regstelling of skrapping van persoonlike inligting of vernietiging of skrapping van rekord van persoonlike inligting
Vorm 4: Aansoek om die toestemming van ’n lidmaat vir die verwerking van persoonlike inligting vir die doel van direkte bemarking