Nuus
POPIA-Handleiding vir gemeentes beskikbaar

POPIA-Handleiding vir gemeentes beskikbaar

Die argivaris en aktuaris het opdrag gekry om ‘n handleiding saam te stel oor die hantering van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, die sogenaamde POPI-ACT (Protection of Personal Information Act, daarom kortweg bekend as POPIA).

Die eerste uitgawe van die Handleiding vir gebruik deur kerkkantore is nou op ons sinode se webblad beskikbaar in PDF of MS Word-formaat (laasgenoemde is handig by die kopieer en voltooi van tabelle).

Hierdie is die eerste uitgawe van die handleiding vir gemeentes / kerkkantore. Gebruik dit asb. as werkdokument en lewer kommentaar of rig navrae aan die argivaris, dr Andrew Kok (argief@kaapkerk.co.za).

Neem ook kennis: Die regulasies bepaal dat elke gemeente voor einde Maart 2021 ‘n inligtingsbeampte by die Inligtingsreguleerder moet registreer. Ons het kennis gekry dat die proses tans uitgestel is. Sodra ons ‘n finale datum het, sal ons dit aan u kommunikeer. Moet dus nie nou die gemeente se inligtingsbeampte probeer registreer nie.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.