Prof Mary-Anne Plaatjies van Huffel oorlede

Die afsterwe van ‘n beminde kerkleier van die Verenigende Gereformeerde Kerk in SA, Mary-Anne Plaatjies van Huffel, is met hartseer begroet. Sy was verbonde aan die fakulteit teologie aan Stellenbosch Universiteit en het voorheen as moderator van die VGKSA gedien. Sy was ook in leierskaprolle by die Wêreldraad van Kerke en die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke betrokke.
Mary-Anne was die eerste vrou wat in die destydse NG Sendingkerk as predikant georden is. Sy is ook die eerste swart vrou wat as hoogleraar by Stellenbosch aangestel is.
Van Huffel het ‘n groot rol gespeel in die hertoelating van die NG Kerk tot die Wêreldraad van Kerke.
Haar man, Dawid van Huffel, dien as leraar van die VGKSA in Kraaifontein.
Danie
0