Nuus
Sewe dinge om te weet oor die Bybel

Sewe dinge om te weet oor die Bybel

In sy belangrike boek, Seven Things I Wish Christians Knew about the Bible, skryf Michael Bird die belangrikste vraag oor die Bybel is tans nie soseer of dit onfeibaar of foutloos is nie, maar wat die gesag van die Bybel is.

Hierdie boek is ‘n kort en werklik leesbare inleiding tot die Bybel: waar kom dit vandaan, hoe word dit uitgelê, hoe waar is dit, en wat is die gesag daarvan vir ons?

Bybelwetenskaplike, outeur en leraar Michael Bird help Christene sewe belangrike dinge oor die Bybel ontdek:

  • Hoe die Bybel saamgestel is
  • Wat die inspirasie van die Skrif beteken
  • Hoe die Bybel waar is
  • Waarom die Bybel altyd in die geskiedenis begrond moet word
  • Waarom die letterlike verstaan van die Bybel nie altyd die beste uitleg daarvan is nie
  • Hoe die Bybel kennis aan ons gee en geloof, hoop en liefde by ons wek, en
  • Hoe Jesus Christus die kern van die Bybel is.

Die flapteks beskryf die boek as volg:

Seven Things presents clear and understandable evangelical account of the Bible’s inspiration, canonization, significance, and relevance in a way that is irenic and compelling. It is a must read for any serious Bible reader who desires an informed and mature view of the Bible that will enrich their faith.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.