Nuus
Skenk ‘n boks gratis boeke en bemoedig mense in hulle geloof

Skenk ‘n boks gratis boeke en bemoedig mense in hulle geloof

Ons het soveel sukses behaal met ons BybelBoekBokse-projek dat Bybel-Media besluit het om in hierdie uitdagende tyd na nog meer mense uit te reik met gratis boeke.

Word ons vennoot in hierdie projek om mense, oud en jonk, in hulle geloof te bemoedig.

Hoe kan jy ons help om nog geestelike boeke by mense uit te kry?

Al wat jy moet doen, is om die koerierkoste van R99 te borg en Bybel-Media skenk ’n boks vol GRATIS Christelike boeke en Bybels. Stuur aan ons die adres waar die boks boeke afgelewer moet word, of kom haal ’n BybelBoekBoks by ons kantoor op Wellington.

Gemeentes en organisasies kan hierdie bokse met boeke gebruik om uit te reik na gemeentelede, versorgingsoorde, skuilings, skole, en so meer.

Met jou bydrae kan jy ’n groot impak op mense se lewe en geloofsreis maak.

Jy kan ’n direkte inbetaling maak of ’n elektroniese oorplasing (EFT) na Bybel-Media se bankrekening.

Bybel-Media Handel

Absa, Wellington

Tjekrekening: 405 433 6340

Takkode: 632 005

Verwysing: e-pos en naam

Of betaal aanlyn deur hier te kliek: https://www.payfast.co.za/eng/process/payment/00948023-0590-426f-9fa5-256f8a4132bc

As jy ons met hierdie projek wil help, stuur vandag nog jou inligting aan hannelie.matthee@bmedia.co.za en ons kontak jou.

Kontak:

Amanda van der Westhuizen

Bybel-Media en LiG

Bestuurder: Bemarking en Reklame

T:  021 864 8231

amanda@bmedia.co.za

www.bybelmedia.org.za

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.