Nuus
Skokkende ervaring tydens Oos-Kaapse VBO

Skokkende ervaring tydens Oos-Kaapse VBO

Kursusgangers tydens ‘n aanlyn VBO oor kollektiewe trauma moes skielik hoor hoe een van die deelnemers om hulp roep nadat ‘n inbreker hom tydens die aanlynsessie met ‘n skroewedraaier aangeval het. Die groep moes byna magteloos die hulpkrete aanhoor en dadelik telefonies hulp probeer ontbied.
Lees gerus hoe Kerkbode oor die voorval berig het.

Die trauma-opleiding vind oor vier weke plaas en word gelei deur me Hanna Kotze, kliniese maatskaplike werker van Port Elizabeth.

‘n Week later, tydens die volgende sessie, kon die groep reflekteer oor die ervaring.

Vir baie deelnemers het die insident trauma uit hul eie verlede weer na vore gebring. Vir ander het dit duidelik geword hoe ons trauma eintlik uit ons gedagtes probeer wegskuif en nie daaraan wil dink nie, tot dit sigself so helder aanmeld soos met hierdie insident.

Lees ook hoe Kerkbode in die jongste redakteursbrief op die insident reageer.
Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.