Nuus
So glo, leer en getuig ons in die NG Kerk

So glo, leer en getuig ons in die NG Kerk

Die dagbestuur van die Algemene Sinodale Moderamen (ASM) het ‘n reeks van sowat 13 video’s vervaardig waarin gesels word oor hoe ons glo, leer en getuig in die NG Kerk.

Die dagbestuur het bewus geword van die onsekerheid  ten opsigte van die oortuigings, standpunte en werkswyse van die NG Kerk. Die dagbestuur het vervolgens besluit om ‘n reeks videos beskikbaar te stel waarin lede van die Moderamen en sy Taakspanne, asook dosente van die NG Kerk aan die ekumeniese fakulteite met die titel: So glo, leer en getuig ons… Die NG Kerk se oortuigings, -praktyke en prosedures. Die dagbestuur vertrou dat die video’s benut sal word deur leraars en kerkrade om die NG Kerk se standpunte te belig, te bespreek en perspektief te bied waar dit nodig is.

Van die temas wat aangeraak word sluit in: Die identiteit van die NG Kerk, hoe ons met verskille omgaan, die Bybel as die Woord van God, die opstanding van Christus, teologiese opleiding, getuienis, die rol van die belydenisskrifte en geloofsvorming.

Klik hier om die hele reeks video’s te besigtig.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.