Nuus
Sosiale innovasie en leierskapstoerusting

Sosiale innovasie en leierskapstoerusting

Prof Nelus Niemandt, rektor van die Hugenote kollege skryf:

“Hugenote Kollege stel met trots die nuwe Skool van Sosiale Innovasie bekend wat veral daarop gefokus is om gemeenskappe te help om beter te funksioneer. Deelname aan die werksaamhede van die Skool bied ‘n kreatiewe manier van samewerking aan gemeentes om die NG Kerk se missionale fokus uit te leef. Dit lewer ‘n uitsonderlike bydrae om integriteit en deursigtige regering te bevorder en samelewingstrukture te versterk.


“Hierdie kursus sal predikante en gemeenteleiers toerus om die vaardighede te ontwikkel om ‘n missionale teologie binne gemeenskappe te implementeer. Dit is ook ideale toerusting om ‘n persoon te ontwikkel om leiding te neem rondom sake soos integriteit, deursigtige bestuur en kreatiewe oplossings vir gemeenskappe.”

Die kursus kos R2,900. Lees verder.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.