Nuus
Stadswye skoonmaak ondersteun en skep broodnodige bewustheid

Stadswye skoonmaak ondersteun en skep broodnodige bewustheid

Lance Grootboom, uitvoerende komiteelid vir openbare gesondheid, het Nelson Mandelabaai opgeroep om op 22 Maart, die publieke vakansiedag rondom mensregtedag publieke ruimtes in hul omgewing skoon te maak.

Die doel is natuurlik nie net skoonmaak nie, maar ook bewussyn van higiëne, die belang van netheid, die voorkoming van rommelstrooiery en – bo alles – gedragsverandering. Die stryd teen die morsjorse (wat ook besighede insluit) moet gewen word!

Hierdie is ook ‘n voorbeeld vir ander gemeenskappe.

Verstommend hoeveel mense op die oproep ag geslaan het, onder andere die NG gemeente Kraggakamma. Hieronder ‘n paar foto’s van Kraggakamma se skoonmaakaksie.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.