Nuus
Vadersdag 2021: Liturgie en preekskets vir Sondag 20 Junie beskikbaar

Vadersdag 2021: Liturgie en preekskets vir Sondag 20 Junie beskikbaar

Vadersdag val vanjaar op Sondag, 20 Junie 2021.

Ons samelewing het gesonde, betrokke en empatiese vaders nodig. Nie alle kinders het vaders nie, en daarom is sosiale vaders, vaders wat ‘n rol in kinders se lewe speel, ook nodig. Ons gemeentes is vol vaders en kan ‘n baie groot rol in ons gemeenskappe speel.

Om vaderskap te vier en ‘n geestelike inset hieroor te maak, het ds Rethie van Niekerk (NG Blouwaterbaai Familiekerk) en ds Hendry Tromp (VGK Gelvandale) saamgespan om ‘n uiters bruikbare liturgie, ‘n preekskets en goeie agtergrond oor positiewe vaderskap saam te stel. klik hier om dit af te laai – MS Word | PDF

Met die oog op die liturgie sing Ben en Sanet van Tonder Flam 41, Beeld van God. ‘n Skakel na die lied word in die liturgie gegee, maar dit is ook hier op Youtube beskikbaar.

Heartlines is tans besig om bronne te skep vir Fathers Matter, ‘n waardegedrewe projek wat in 2022 op volle dreef kom. Heartlines se bronne is aanlyn beskikbaar.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.