VBO

Inleiding

Voortgesette Bedieningsontwikkeling is die verantwoordelikheid van elke leraar, diensleraar en bedienaar van die NG Kerk.

VBO word ontwerp en beplan deur die VBO-forum van die Algemene Sinode. Die Kerk beskik oor twee sentra, Communitas en Excelsus, asook oor tien sinodes wat as VBO-diensverskaffers optree.

Aanlyn-VBO het vanaf 2020 sterk gevestig geraak, en het gekom om te bly. Aanlyn VBO-kursusse word op die aanlyn-platform van die Hugenote Kollege gehuisves. Stuur ‘n e-pos aan Bridget Leibbrandt vir jou registrasie om toegang tot die aanlyn-VBO te kry: bleibbrandt@sun.ac.za.

Leraars moet jaarliks VBO-punte verwerf ten einde registrasie as gelegitimeerde van die NG Kerk in stand te hou.

Oos-Kaaplandse Aanlyn-VBO-kursusse

Die Sinode van Oos-Kaapland is een van die VBO-diensverskaffers. Sedert 2021 het ons Sinode ook begin om aanlyn-VBO vir die NG Kerk te ontwikkel en aan te bied. Hieronder die groeiende lys van beskikbare VBO’s, met skakels na die individuele kursusse:

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.