Nuus
Verwoestyning met regte weidingsmetodes omgekeer

Verwoestyning met regte weidingsmetodes omgekeer

Soos in ander dele van die wêreld gaan Suid-Afrika se weivelde agteruit weens erosie, die verlies aan die grond se bolaag en grasse wat uitdun. Dit staan as verwoestyning bekend. Vir dekades dink ons hierdie proses kan nie omgekeer word nie.

Op ‘n hele paar plekke, waaronder die Karoo, word die tendens van verwoestyning nou egter omgekeer. Herstellende bestuur van weiveld het veral in Suid-Afrika sterk wortelgeskiet, en spesifiek op ‘n paar dosyn plase rondom Graaff-Reinet.

Holistiese bestuur met behulp van herstellende weidingspraktyke help die grond se drakrag herstel, koolstof vas te vang, voedselsekuriteit te verhoog en watervlakke te verhoog. (Foto: Karoospace)

Joernalis Julienne du Toit skryf oor hierdie plase rondom Graaff-Reinet::

Here, bare earth that was once crusted and impenetrable to seed and water is steadily being covered with vegetation, the soil soft, carbon-rich and moist. Climax grasses that haven’t been seen in decades are popping up, along with vleis and springs of good clear water.

All this in the midst of the worst drought in living memory.

Die wêreld se eerste Weiding-Akademie is ook in 2018 by Graaff-Reinet gestig. Leesmeer oor hierdie merkwaardige benadering en hoe dit plaaslik bevorder word op die blog, Karoospace.

Hier is nog ‘n interessante artikel oor die herstel van weivelde.

Foto: Chris Marais, Karoospace

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.