Voorbidding vir Sinode van Oos-Kaapland se sitting gevra

sinode-2016-gebedGemeentes in Oos-Kaapland begin gewoonlik vier Sondae voor die sinode byeenkom om voorbidding daarvoor te doen. Dit beteken dat gemeentes gevra word om vanaf Sondag 2 Oktober vir die Sinode voorbidding te doen. Die vergadering vind van 31 Oktober tot 3 November 2016 plaas. Dit is die twaalfde gewone vergadering. Die sakelys is hier elektronies beskikbaar.

Ds Eldré Bester tree as gebedskoördineerder op. Sy het ‘n pragtige Powerpoint-skyfie voorberei wat in die erediens gebruik kan word.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.

Leave a Reply