|
|
|
|
|
|
|
Jaargang 24 - Nommer 30 - 23 September 2026
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Van één kind en géén kategese tot 11 gedoop en drie belydenis van geloof
- Voorkom tienerswangerskappe: hoe kan die gemeenskap en gemeentes help?
- "Party kerkverlaters dryf nou nader aan die Here"
- Is jou gemeente gereed wanneer 'n ramp tref? Hier is hulp met voorbereiding
|
|
|
|
|
Van een kind in die gemeente na 18
Van geen kategese na 'n lewende bediening aan jongmense
|
|
|
By die NG Gemeente PE-De Duin is Sondag 11 kinders en jongmense gedoop. Ds Thea Wait verskyn derde van regs (Foto: verskaf)
|
|
|
De Duin kon ook die belydenisaflegging van drie jongmense vier. Ds Thea Wait is links op die foto. (Foto: verskaf)
|
Sondag, 20 September, was 'n feestelike dag in die lewe van Port Elizabeth-De Duin gemeente. Daar is 11 kinders en jongmense gedoop, vertel ds Thea Wait, en drie jongmense het belydenis van geloof afgelê.
|
Hoe het dit gebeur? Ds Wait vertel toe sy in Januarie 2026 in die gemeente bevestig is, was daar slegs een kind en geen kategese in die gemeente nie. "Ek het die ouers met kinders genader wat nie meer kerk toe kom nie, en het nou 18 kinders in totaal en het met kategese begin, waarvan drie jongmense op 20 September Belydenis van geloof afgelê het en 11 kinders ook gedoop is."
|
|
Die opvolg van lidmate het ook tot 'n toename in erediensbywoning gelei.
|
|
|
|
|
|
Hoë voorkoms van tienerswangerskappe
Beskik tienerdogters oor die vermoë om swangerskap te voorkom?
|
|
Tienerswangerskap word dikwels verklaar as die gevolg van ’n gebrek aan kennis of swak besluite. Navorsing onder jong moeders in Suid-Afrika en Zimbabwe wys egter dat die werklikheid ingewikkelder is.
|
Die voorkoming van tienerswangerskappe het 'n breër sistemiese inset nodig, aldus navorsing waaroor The Conversation berig.
|
Party meisies weet hoe om swangerskap te voorkom en wil eers skool klaarmaak voordat hulle kinders kry. Tog het hulle nie altyd die mag of die geld om daardie planne uit te voer nie.
|
Armoede speel ’n groot rol. Sommige meisies begin verhoudings omdat ’n kêrel kan help met kos, vervoer of ander noodsaaklikhede. In sulke verhoudings het ’n ouer of meer magtige maat dikwels groter seggenskap oor seks en voorbehoeding. Een meisie het byvoorbeeld kondome gehad, maar haar kêrel het geweier om dit te gebruik. Ander meisies ervaar druk of dwang.
|
Selfs wanneer ’n tiener voorbehoeding wil kry, kan die pad na ’n kliniek geld kos wat so 'n besoek buite 'n tiener se bereik plaas. Voorbehoedmiddels is soms nie beskikbaar nie, en veroordelende behandeling deur gesondheidswerkers kan haar afskrik. Kennis alleen gee dus nie aan elke meisie ’n werklike keuse nie.
|
Wat moet ons doen? Seksualiteitsopvoeding moet meer behandel as net hoe swangerskap ontstaan. Jongmense moet ook eerlik kan praat oor toestemming, druk in verhoudings, geld en die reg om oor hul eie liggame te besluit. Seuns en mans moet verantwoordelikheid aanvaar vir hul gedrag en vir die gebruik van voorbehoeding. Klinieke moet vir tieners bereikbaar, bekostigbaar en verwelkomend wees.
|
Gesinne, skole en gemeenskappe moet terselfdertyd armoede en die ongelyke mag in verhoudings ernstig opneem. Meisies het betroubare volwassenes nodig wat na hulle luister en hulle help om hul toekomsplanne te bereik. Wanneer ’n tiener wel swanger raak, moet sy ondersteuning kry om haar skoolloopbaan voort te sit. Voorkoming begin wanneer ons jongmense se werklike omstandighede raaksien en saam daaraan werk om hulle meer keuses te gee.
|
Wat kan spesifiek gemeentes doen?
|
Gemeentes kan op drie haalbare maniere help:
|
- Begin gespreksgroepe saam met skole. Opgeleide volwassenes kan met meisies én seuns praat oor verhoudings, toestemming, groepsdruk, verantwoordelikheid en toekomsplanne. Dit kan die skool se lewensoriëntering aanvul.
- Skep ’n netwerk van vertroude volwassenes. Ouers, jeugleiers en mentors kan jongmense help om vroeg oor moeilike situasies te praat, sonder vernedering of veroordeling.
- Bou brûe na praktiese hulp. Werk met skole, klinieke en maatskaplike werkers saam sodat tieners maklik betroubare inligting, ondersteuning en toeganklike gesondheidsdienste kan kry.
|
|
|
|
|
Party kerkverlaters dryf jou nader aan die Here
deur Stephan Joubert, e-Kerk
|
Dis gewild om te vertel hoe party gelowiges se droogmakery mense wegdryf van die kerk af. Gedurig moet jy hoor van mense wat hulle geloof vaarwel geroep het oor kerklike skynheiligheid. Maar min mense vertel ooit vir jou hoe nie-gelowiges se hooploosheid en uitspattige leefwyses ander mense tot geloof gelei het. Dit besef ek opnuut toe ek lees hoe iemand op sosiale media sê sy is moeg om gedurig te moet hoor van mense wat hulle geloof prysgegee het as gevolg van sekere gelowiges se skynheiligheid. Toe sê sy dat baie nie-gelowiges se sondige gedrag haar juis aanspoor om te volhard in haar geloof.
|
As ek sien hoe sommige “geloofverlaters” leef, dan wil ek eerlikwaar nie daar wees nie. Daar is geen brieke aan al die nuwe nonsens, wat sommiges aanhang nie. Hulle glo in letterlik enigiets. Hulle leef grof en onbeskof.
|
|
Ekself wil met alles in my vashou aan die feit dat die Here my in genade raakgesien het. En dat Hy nooit my nooit sal prysgee nie. My swakhede, oortredings en probleme dryf my aanhoudend na die kruis toe. Niks of niemand dryf my ooit weg van die Here nie. Nooit gebruik ek ander gelowiges of gewese gelowiges se tekorte, of my eie, as maatstaf nie. Die Here se Woord en Sy Gees wys altyd vir my die regte pad aan.
|
|
|
|
|
|
Inligtingsessie
Hoe gereed is jou gemeente wanneer 'n ramp tref?
|
|
R𝗘𝗔𝗗𝗬 SA | Maandag-inligtingsessie
|
Is jou kerk/ organisasie gereed om op te tree wanneer 'n ramp jou gemeenskap tref? Ready SA lei kerke, NPO's en vrywilligers op, verbind hulle met mekaar en koördineer hul optrede, sodat Suid-Afrika se geloofsgemeenskap en burgerlike samelewing 'n erkende, betroubare en gedissiplineerde ondersteuningsbron binne die land se amptelike rampbestuurstelsel word.
|
Jou kerk/ organisasie kan deel word van 'n Gemeenskapsreaksiespan. Hier is hoe dit in die praktyk werk:
|
|
𝗩𝗢𝗢𝗥: Ken jou gemeenskap se werklike risiko's, identifiseer kwesbare huishoudings en stel 'n eenvoudige noodplan op.
|
|
𝗧𝗬𝗗𝗘𝗡𝗦: Help mense na veiligheid, stel jou fasiliteite as 'n sentrale steunpunt beskikbaar en rapporteer akkurate, geverifieerde inligting.
|
𝗡𝗔: Verskaf pastorale en trauma-ondersteuning, bly betrokke nadat die kameras weg is, en voer inligting oor herstelbehoeftes in die stelsel in.
|
|
Sluit Maandagoggend by ons aan vir 'n gratis aanlyn inligtingsessie van een uur. Oop vir kerke, NPO's, gemeenskapsorganisasies en vrywilligers.
|
📅 Elke Maandag 🕙 10:00 – 11:00 💻 Aanlyn via Microsoft Teams
|
|
www.readysa.co.za | national@readysa.co.za
|
|
𝑅𝑒g 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑎𝑓. 𝑇𝑦𝑑𝑒𝑛𝑠 𝑎𝑎𝑛𝑤𝑒𝑠𝑖𝑔. 𝐻𝑒𝑟𝑏𝑜𝑢.
|
|
#ReadySA #DisasterReadiness #DisasterResponse #CommunityResponseTeam #NGO #Volunteers #CivilSociety #SouthAfrica #DisasterManagement #FaithCommunity
|
|
|
|
Nuwe publikasie
Halfpad deur die lewe, op pad na heelwording
|
|
|
Die lewe het die manier om ons soms stil te maak. En dan is die antwoorde wat ons ken net nie meer genoeg nie. Met eerlikheid, wysheid en ’n diep menslikheid wonder Cas Wepener saam met jou oor die lewe en al sy ervarings, oor betekenis, verlies, verandering, geloof, verhoudings en die pad vorentoe. Hy help jou ontdek hoe nodig jy verbinding en herverbinding het: met God, met jouself, met die dinge rondom jou, met die mense rondom jou en met jou naaste. En jy ontdek dat God jou selfs halfpad deur die lewe ontmoet, net daar waar jy is.
|
|
|
|
|
|
Christene en die verkiesing 2026
Motiveer lidmate om te gaan stem
|
|
In metropolitaans gebiede ontvang stemgeregtigdes twee stembriewe. Die eerste sttem is vir die wykskandidaat van jou keuse. Hierdie stem word 'n tweede keer getel, saam met jou tweede stembrief wat geld vir proporsionele verteenwoordiging, Albei stemme is belangrik want dit het 'n direkte impak op die samestelling van die raad.
|
In landelike munisipaliteite met 'n plaaslike en 'n streeksraad ontvang kiesers drie stembriewe. Die effek hiervan is ook gerig op beide kandidaats- en proporsionele verteenwoordiging.
|
Predikante word versoek om hierdie inligting via 'n kort aankondiging by die erediens met lidmate te deel. Daar is 'n volledige inligtingsdokument beskikbaar.
|
|
|
|
|
|
Vir alle voornemende studente
Aansoeke vir studiehulp by Helpende Hand is oop tot 30 September
|
|
|
Beplan jy om in 2027 verder te studeer? Die Helpende Hand Studietrust se aansoeke vir rentevrye studielenings is nou oop.
|
Die Helpende Hand Studietrust help om jongmense met studiepotensiaal die geleentheid te gee om hul drome te verwesenlik en hul toekoms te bou.
|
📅 Aansoeke is oop van 1 Julie tot 30 September 2026. 🌐 Doen aanlyn aansoek by: www.hh-studietrust.co.za 📧 Vir navrae: studente@helpendehand.co.za
|
Moenie hierdie geleentheid misloop nie – jou toekoms is die moeite werd om in te belê. Dis meer as ’n lening – dis ’n toekoms.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Gys van Schoor deel agtergrond
Uitnodiging: Neem gerus deel aan Geloofsreis 2027
|
|
|
In hierdie aanbieding stel ds Gys van Schoor en medewerkers die Geloofsreis met Jesus 2027 bekend. Dit vind in Oos-Kaapland plaas en is bedoel vir predikante en gemeenteleiers. Belangstellendes kan gerus met ds Tobie van Schoor kontak maak vir meer inligting: 2bvanschoor@gmail.com
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO: Toekoms en teologie, oor toekomsstudies en -geletterdheid
|
|
|
Hierdie webinaar word op Zoom aangebied. Die Zoom-skakel sal die dag voor die webinaar uitgestuur word. Kontak Rika van Rensburg by Excelsus@up.ac.za vir enige navrae. Jy kan hier registreer.
|
|
|
|
|
|
|
|
Fees by Blouwaterbaai Familiekerk, 30-31 Oktober
|
|
|
|
|
|
Nartjiefees op Loerie, 26 September
|
|
|
Kom vier die jaarlikse Loerie Nartjiefees se 33ste bestaansjaar op Saterdag, 26 September, vir 'n dag van heerlike kos, kunsmarkte en top-vermaak deur kunstenaars soos Irene-Louise van Wyk en Jan Jan Jan. Feesgangers kan uitsien na die nartjie-eetkompetisie, tuisgemaakte konfyt, en kuiergeleenthede vir die hele gesin. Kaartjies is R150 vir volwassenes en R50 vir skoliere, beskikbaar by die hek of op Quicket, met gratis parkering op die terrein. Vir meer inligting, klik hier.
|
|
|
|
|
|
Teken die datum aan
De Duin hou basaar, 10 Oktober
|
|
|
|
|
|
Humansdorp-Oos vier 50-jaar met Elvis Blue in konsert
|
|
|
|
|
|
Belangrike inligting op ons webblad
Klik hier vir direkte toegang tot belangrike inligting en dokumente op ons webblad (www.ngkok.co.za):
|
|
|
|
|
|
|
|
NGK Sondagsrivier: Leraar, diensleraar of jeugwerker
Die Sondagsriviervallei is bekend vir sy sitrusplase. Ons gemeente bedien al vir meer as 100 jaar hierdie groeiende plattelandse gemeenskap. Ons gemeentevisie: Nader aan God | Nader aan Mekaar | Nader aan die Koninkryk. Op hierdie reis het die Here vir ons twee fokusareas uitgewys: aanbidding en jeugbediening. As jy ook iemand is wat saam met die Here op reis is na sy roeping in jou lewe nooi ons jou uit om vir hierdie pos aansoek te doen.
|
|
Die sluitingsdatum is 30 September 2026. Klik hier vir meer besonderhede.
|
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in Oktober
Veels geluk aan die leraars wat tot die einde van Oktober verjaar:
|
23 September – ds Paul Odendaal, NG Gemeente Adelaide 25 September – ds J-R Nieuwenhuizen, NG Gemeente Cradock-Noord 30 September – ds Madri Fourie, NG Gemeente Port Elizabeth-Wes
|
4 Oktober – ds Franz Gottschalk, NG Gemeente Rhodes 7 Oktober – ds Wicus Wait, NG Gemeente Port Elizabeth 13 Oktober – ds Llewellyn Oliver, NG Gemeente Uitenhage 13 Oktober – dr Paul Stoltz, NG Gemeente Algoapark 21 Oktober – ds Arrie Preller, NG Gemeente Despatch-Suid 22 Oktober – ds Attie Botha, NG Gemeente Albanie 29 Oktober – ds Ruan Nieuwenhuizen, NG Gemeente Somerset-Oos 30 Oktober – dr Gerard Olivier, NG Gemeente Grasvoëlkop
|
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
|
Grobbelaar, dr Jan (Snr) - 083 611 8731, grobbelaar.jan@gmail.com
|
|
Loots, ds Deon - 084 855 3444, dissipel@gmail.com
|
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
|
Strydom, Ds Deon - 082 9239 567, deonstr@gmail.com
|
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
Dr Jan Grobbelaar (Snr) - 083 611 8731, grobbelaar.jan@gmail.com Ds Louis Fourie; 0822946284; louisfourie2008@gmail.com
|
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
Beskikbaar om die Enneagram en retraites aan te bied
|
|
Ds Deon Loots maak die Baai nou weer sy tuiste en is beskikbaar om die Enneagram of retraites in gemeentes of ringe aan te bied (084 855 3444, dissipel@gmail.com).
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Die NG Gemeente Uitenhage-Noord het ds Ruan Nieuwenhuizen van Somerset-Oos op 14 September as leraar van die gemeente beroep.
|
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|
|