|
|
|
|
|
|
|
Jaargang 24 - Nommer 26 - 28 Augustus 2026
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Leraars vertel wat die PredikanteSAAMkoms vir hulle beteken het
- Pragtige nuwe liedere vir die kerk - laai dit op jou rekenaar af
- Kerkgeboue wat gemeenskappe dien
- Gids vir 'n geestelike reis deur Erfenismaand
|
|
|
|
|
Getuienis oor die Predikante-SAAMkoms 2026
|
|
|
|
'n Collage van foto's geneem by die samekoms (Foto: Oostelike Sinode, Familienuus)
|
Predikante getuig:
Van 24 tot 28 Augustus 2026 het sowat 650 dienende predikante en diensleraars van die NG Kerk by Goudini Spa saamgekom. Uit die talle getuienisse wat daarna op Facebook gedeel is, kom ’n duidelike boodskap na vore: Die PredikanteSAAMkoms was vir baie ’n besondere tyd van rus, vernuwing en hoop.
|
Sommige predikante het erken dat hulle vooraf onseker of selfs agterdogtig was. Hulle het gewonder of daar ’n verskuilde agenda sou wees, of die dae deur vergaderings, debatte en lang sessies oorheers sou word. In plaas daarvan het hulle ’n veilige en ruim ruimte gevind waar hulle kon rus, leer, aanbid, kuier en eenvoudig mens wees.
|
Dit was veral betekenisvol omdat predikante gewoonlik dié mense is wat moet gee, lei, versorg en ander se laste dra. By Goudini kon hulle vir ’n slag aan die ontvangkant wees. Vir mense wat dikwels oor selfsorg praat, maar moeilik self ontvang, was dit ’n kosbare geskenk.
|
Die gesamentlike sang en eredienste het talle deelnemers diep geraak. Een van die aangrypendste oomblikke was toe ’n Skrifgedeelte in gebaretaal aangebied is. Niemand het dit hardop vertaal nie. In die stilte, waarin net mense se sagte snikke gehoor kon word, het baie iets besonders van God se teenwoordigheid beleef.
|
Die saamkoms het ook ruimte geskep vir eerlike verhale. Predikante kon oor hulle broosheid, verlies en persoonlike uitdagings praat sonder dat hulle hoef voor te gee. ’n Getuienis oor ADHD en neurodiversiteit het deelnemers daaraan herinner dat daar aan God se tafel plek moet wees vir elke mens – ook vir dié wat dikwels voel dat hulle nie inpas nie.
|
Ou vriendskappe is hervat, verhoudings is herstel en nuwe bande is gevorm. Kollegas wat mekaar jare laas gesien het, kon weer saam lag, huil en gesels. Verskille het nie verdwyn nie, maar die gedeelde roeping om Christus en sy kerk te dien, het swaarder geweeg.
|
Die predikante het nie met al die antwoorde huis toe gegaan nie. Hulle het egter iets kosbaars saamgeneem: nuwe moed, nuwe verbondenheid en nuwe drome. Soos een van die liedere dit verwoord het: “Daar waar U reeds werk, wil ons saam kom dien.”
|
Hier is aanhalings uit die verskillende getuienisse:
|
- “Ons het Goudini nie verlaat met al die antwoorde nie. Ons het met iets beter vertrek: nuwe moed, nuwe energie, nuwe verbondenheid en nuwe drome.”
- “Ons bied altyd hierdie ontmoetings vir ander aan – so om vir eens aan die ontvangkant te wees, was baie goed. My beker is nie net vol nie, dit loop oor.”
- “Kommer oor gemeentes het ontaard in hoop vir die kerk en haar rol in ons land.”
- “Een van die kosbaarste dinge van die hele SAAMkoms was dat ek die hele week kon beleef dat ek 100% myself tussen kollegas van oral oor die land kon wees.”
- “God is reeds aan die werk in sy kerk. Wat ’n voorreg dat ons mag saamwerk.”
|
|
|
Van held tot wyse herder:
Dr Johan Botha van Oostelike Sinode skryf die volgende getuienis oor die SAAMkoms::
|
|
“Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou.” (2 Timoteus 4:7)
|
Die afgelope week se deelname aan die PredikanteSAAMkoms was ’n verrykende ervaring. Die gesamentlike openings- en afsluitingsgeleenthede, aan die hand van die bewegings in Jesus se lewe soos Lukas dit vertel, was inspirerend. Die heerlike verskeidenheid van die kerk is weerspieël in die voordrag van Skriflesings in verskillende tale, in ou én splinternuwe musiek, asook in die ryke verskeidenheid van ouderdomme en geslagte.
|
Dit was veral die ouderdomsverspreiding wat die rykdom van ons menswees in Christus mooi uitgebeeld het. Van my mees inspirerende gesprekke en interaksies was met jong kollegas wat my opnuut herinner het aan Paulus se woorde dat Christus alles en in almal is (Kolossense 3:11). Hierdie interaksie met jong kollegas het my laat nadink oor die plek en rol van ouer kollegas in die kerklike sisteem.
|
In sy werk A Life at Work skryf Thomas Moore dat ons aan die begin van ons bediening dikwels die wêreld wil verander. Ons is die “helde” wat hardloop, bou en presteer. Maar soos die jare aanstap en die bediening verander, verander die aard van ons wedloop. Ons word genooi om te skuif van die “held” wat dinge laat gebeur, na die “wyse” wat getuig van God se getrouheid.
|
Die grootste geskenk wat ouer leraars aan die kerk kan gee, is nie meer bloot uiterlike energie nie, maar ’n ryp gees, tesame met die geduld en vermoë om die groter prentjie te sien. Sedert die Algemene Predikantebyeenkoms van 2005 het baie dinge in die veranderende omgewing waarin ons ons bevind, geskuif. Verandering, sê Moore, vra nie vir desperate aktiwiteit nie, maar vir die kalm teenwoordigheid van ’n herder wat die geloof behou en weet dat God se werk standhou, selfs al verander die leefwêreld waarin ons kerk is drasties.
|
Ek dank die Here vandag vir die geskenke van ons jong dominees. Ek dank die Here ook vir die kosbare skat van ons ouer, ervare kollegas. Mag ons saam, as helde en wyse herders, diensbaar wees aan die Here.
|
|
|
|
|
|
Nuwe liedere vir die NG Kerk
|
|
|
Die musiek van die SAAMkoms leef verder
|
Een van die besondere ervarings van die PredikanteSAAMkoms was om saam te sing – ook van nuwe Afrikaanse geloofsmusiek wat spesiaal vir die geleentheid geskryf is.
|
|
Akkoord, ’n nuwe musiekprojek van Bybel-Media, is gebore uit die droom om vars, singbare Afrikaanse geloofsmusiek vir die kerk te skep. Die hoop is dat hierdie liedere nie net by SAAMkoms gehoor is nie, maar nou ook in ons gemeentes sal begin leef.
|
Die SAAMkoms-liedere kan op Joyna, Bybel-Media se nuwe platform, geluister en afgelaai word. Bladmusiek is ook daar beskikbaar.
|
Luister, laai af en neem die musiek saam terug na jou gemeente.
|
|
|
|
|
|
'n Ligter kerk, maar steeds 'n kerk vir die gemeenskap
|
|
The Shadowless Church in China laat Hilde Kruger vra waarom ons toelaat dat kerkgeboue verdwyn wanneer gemeenskappe verander
|
Een van die uitdagings van ons tyd is dat die geboue dikwels bly staan, lank nadat die gemeenskappe waarvoor hulle ontwerp is, verander het. Vra maar baie klein gemeentes in landelike dorpies wat sukkel om hul kerkgebou in stand te hou. Of stedelike gemeentes waar die gemeentes in gebiede letterlik verdamp.
|
Die kerk van die toekoms hoef nie noodwendig groter te wees nie. Dit moet dalk eerder meer oop wees vir veelvuldige vorme van gemeenskapslewe. Eerder as om te fokus op hoeveel mense elke Sondag in 'n gebou sit, kan gemeentes oorweeg op hoeveel verskillende maniere die ruimte deur die week gebruik kan word. Is die kerk 'n veilige plek vir mense wat nie elke Sondag op die kerkbank sit nie, maar steeds deel van die gemeenskap is? En, ja, in sommige gevalle kan ons selfs vra of die kerk betrokke in die gemeenskap wil wees.
|
|
|
|
|
|
'n Persoonlike, geestelike reis deur Erfenismaand 2026
|
|
|
Hierdie Erfenismaand nooi ons jou uit om stil te staan by waar jy vandaan kom, raak te sien wat jy vandag ontvang het en te ontdek wat jy môre wil agterlaat. Die Miga 6:8-taakspan van die Algemene Sinode het 'n persoonlike, geestelike reis deur September 2026 (Erfenismaand) ontwikkel. Volg hierdie skakel na die PDF-handleiding vir die reis van 30 dae.
|
|
|
|
|
|
Vir alle voornemende studente
Aansoeke vir studiehulp by Helpende Hand is oop tot 30 September
|
|
|
Beplan jy om in 2027 verder te studeer? Die Helpende Hand Studietrust se aansoeke vir rentevrye studielenings is nou oop.
|
Die Helpende Hand Studietrust help om jongmense met studiepotensiaal die geleentheid te gee om hul drome te verwesenlik en hul toekoms te bou.
|
📅 Aansoeke is oop van 1 Julie tot 30 September 2026. 🌐 Doen aanlyn aansoek by: www.hh-studietrust.co.za 📧 Vir navrae: studente@helpendehand.co.za
|
Moenie hierdie geleentheid misloop nie – jou toekoms is die moeite werd om in te belê. Dis meer as ’n lening – dis ’n toekoms.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Inligtingsessie oor die opleiding van Bedienaars
|
|
Hierdie aanlyn inligtingsessie is vir almal, leraars en lidmate wat nuuskierig is oor die opleiding van lidmate as Bedienaars in die NG Kerk. In die sessie sal ons oor alles gesels oor die kursus asook geleentheid gee om in Sinodale verband kan te gee om te deel oor die impak van Bedienaars in die kerk.
|
|
Die sessies gaan opgeneem word vir persone wat nie een van die sessies kan bywoon nie. Vir meer inligting, kontak asb vir ds. Jaco Botha by jaco.botha@hugenote.ac.za
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO: Van liefdadigheid na geregtigheid
|
|
Hier is nog 'n unieke geleentheid wat op 10 September aangebied word: Van liefdadigheid na geregtigheid, ’n inleidende gesprek oor die WCRC se GRAPE-program, waar ons saam vra hoe gemeentes op nuwe maniere kan deelneem aan God se missie van geregtigheid, vrede en menswaardigheid. Jy kan hier registreer.
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO: Ons en ander, waarom ons geloof verskil
|
|
|
Hierdie webinaar word op Zoom aangebied. Die Zoom-skakel sal die dag voor die webinaar uitgestuur word. Kontak Rika van Rensburg by Excelsus@up.ac.za vir enige navrae. Jy kan hier registreer.
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO: Toekoms en teologie, oor toekomsstudies en -geletterdheid
|
|
|
Hierdie webinaar word op Zoom aangebied. Die Zoom-skakel sal die dag voor die webinaar uitgestuur word. Kontak Rika van Rensburg by Excelsus@up.ac.za vir enige navrae. Jy kan hier registreer.
|
|
|
|
|
|
|
|
Retief-gemeente op Despatch hou basaar, 5 September
|
‘n Dag vir die hele familie
|
|
Ligte, lekker saamwees en baie meer
|
|
Dis Silwersnare boereorkes sal ook optree tydens die kermis.
|
|
PLEK: Kerkgronde, H/v Van der Spuy- en Noordparkstraat, Despatch
|
|
Saam groei ons in geloof, liefde en gemeenskap.
|
|
|
|
Parkheuwel hou basaar op 5 September
|
|
|
|
Uitenhage-Oos hou basaar
|
|
|
NG Kerk Uitenhage-Oos hou LENTE BASAAR op 5 September vanaf 9h00.
|
|
Daar is verskeie musiek en sang items uit ons eie gemeenskap, asook ‘n vertoning deur ‘n plaaslike trompetspeler. Motorfiets entoesiaste kan uisien na 'n besoek van Guts en Glory MCC tussen 10h00 en 11h00. Daar sal natuurlik al die normale basaar lekkerte te koop wees, asook kinderspeletjies, 'n Thrift Shop, Lentehoed en Braaibroodjie Kompetisie, Popsi die Nar en privaat stalletjies
|
|
Jonk en oud word uitgenooi, want daar is iets vir almal by Freresingel 40, Riebeekhoogte, UITENHAGE
|
|
|
|
|
|
Barneace Slabbert by Patmos, 11 September
|
|
|
|
|
|
Stephan en Betsie Joubert by PE-Hoogland
|
|
|
Op, Saterdag, 19 September, nooi Hoogland se Gebedsaksie u hartlik uit om tyd saam met die Koning te kom spandeer. Ons verwelkom twee van ons mees geliefde Gassprekers, Stephan Joubert en Betsie Joubert, ‘n seminaar te NGK PE Hoogland.
|
Met hul warm persoonlikhede, besonderse boodskappe gaan hulle ons met so baie seën. Mans en Vroue is welkom.
|
|
🎟️ Kaartjies: R120 per persoon. Kaartjies beskikbaar by die Kerkkantoor (08:00-13:00 {Ma-Vry})
|
|
📍 NGK PE Hoogland, annalize@pehoogland.co.za
|
|
📅 Saterdag, 19 September 09:00 – 15:00
|
📞 Navrae: Kontak die kerkkantoor 041 367 1485 (Annalize) of Caroline 061 451 1402
|
|
Nooi sommer jou familie, vriende, bure en kollegas en kom geniet saam met ons 'n besonderse geleentheid. Ons sien daarna uit om Hoogland én die gemeenskap hier te verwelkom!
|
|
|
|
|
|
Nartjiefees op Loerie, 26 September
|
|
|
Kom vier die jaarlikse Loerie Nartjiefees se 33ste bestaansjaar op Saterdag, 26 September, vir 'n dag van heerlike kos, kunsmarkte en top-vermaak deur kunstenaars soos Irene-Louise van Wyk en Jan Jan Jan. Feesgangers kan uitsien na die nartjie-eetkompetisie, tuisgemaakte konfyt, en kuiergeleenthede vir die hele gesin. Kaartjies is R150 vir volwassenes en R50 vir skoliere, beskikbaar by die hek of op Quicket, met gratis parkering op die terrein. Vir meer inligting, klik hier.
|
|
|
|
|
|
Teken die datum aan
De Duin hou basaar, 10 Oktober
|
|
|
|
|
|
Humansdorp-Oos vier 50-jaar met Elvis Blue in konsert
|
|
|
|
|
|
Belangrike inligting op ons webblad
Klik hier vir direkte toegang tot belangrike inligting en dokumente op ons webblad (www.ngkok.co.za):
|
|
|
|
|
|
|
|
NGK Middelburg-Karoo, Leraarspos
|
Middelburg-Karoo is ’n plattelandse gemeente in die Oos-Kaap met sowat 372 belydende lidmate en 49 dooplidmate ingedeel in sewe dorps- en vier plaaswyke. Die dorp beskik oor ’n hoër- en laerskool, sowel as ’n landboukollege.
|
Sien https://ngkok.co.za/gemeentes/mk/mkprofiel2026.docx vir ’n meer volledige profiel.
|
Die gemeente nooi gelegitimeerde predikante van die Nederduitse Gereformeerde Kerk uit, om indien hulle oortuig is dat die Here hulle daartoe uitnooi, aansoek te doen vir bostaande pos.
|
|
Die sluitingsdatum is 18 September 2026. Klik hier om die volledige posbekendstelling te lees.
|
|
|
|
NGK Sondagsrivier: Leraar, diensleraar of jeugwerker
Die Sondagsriviervallei is bekend vir sy sitrusplase. Ons gemeente bedien al vir meer as 100 jaar hierdie groeiende plattelandse gemeenskap. Ons gemeentevisie: Nader aan God | Nader aan Mekaar | Nader aan die Koninkryk. Op hierdie reis het die Here vir ons twee fokusareas uitgewys: aanbidding en jeugbediening. As jy ook iemand is wat saam met die Here op reis is na sy roeping in jou lewe nooi ons jou uit om vir hierdie pos aansoek te doen.
|
|
Die sluitingsdatum is 30 September 2026. Klik hier vir meer besonderhede.
|
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in September
Veels geluk aan die leraars wat tot die einde van September verjaar:
|
6 September – ds Mardi Badenhorst, NG Gemeente Humansdorp-Oos 7 September – ds Luané McLachlan, NG Gemeente Gamtoosvallei 20 September – ds Conrad Pienaar, NG Gemeente Newtonpark 22 September – ds Adele Strauss, NG Gemeente Retief (Despatch) 23 September – ds Kobus Eksteen, NG Gemeente Rietbron 23 September – ds Paul Odendaal, NG Gemeente Adelaide 25 September – ds J-R Nieuwenhuizen, NG Gemeente Cradock-Noord 30 September – ds Madri Fourie, NG Gemeente Port Elizabeth-Wes
|
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
|
Grobbelaar, dr Jan (Snr) - 083 611 8731, grobbelaar.jan@gmail.com
|
|
Loots, ds Deon - 084 855 3444, dissipel@gmail.com
|
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
|
Strydom, Ds Deon - 082 9239 567, deonstr@gmail.com
|
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
Dr Jan Grobbelaar (Snr) - 083 611 8731, grobbelaar.jan@gmail.com Ds Louis Fourie; 0822946284; louisfourie2008@gmail.com
|
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
Beskikbaar om die Enneagram en retraites aan te bied
|
|
Ds Deon Loots maak die Baai nou weer sy tuiste en is beskikbaar om die Enneagram of retraites in gemeentes of ringe aan te bied (084 855 3444, dissipel@gmail.com).
|
|
|
|
|
|
Ringe vergader
|
Die Ring van Cradock se 41ste gewone vergadering is in sitting te NG Cradock (Moedergemeente) op Maandag 14 September 2026.
|
|
|
|
Leraars beweeg
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|
|