|
|
|
|
|
|
|
Jaargang 24 - Nommer 14 - 15 Mei 2026
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Vloedslagoffers: Sinode stig rampfonds
- Die getraumatiseerde apostel, Paulus, kan gemeentes en leiers help
- Gemeentes kan geestesgesondheid eenvoudig en prakties bevorder
- Goeie vordering by Binnelandse Sake oor die lot van huweliksbevestigers
- Leraars beweeg
|
|
|
|
|
Rampfonds gestig
Vloede en stormwinde oorweldig en rig groot skade aan
|
|
'n Massiewe glaspaneel van die NG Kerk Misgund is deur uiterste stormwind vernietig, wat ook tot waterskade in die kerkgebou gelei het. Plase in die omgewing het tot meer as 1,000 mm reën gemeet.
|
Die swaar reën en storms wat tussen 5 en 7 Mei groot dele van die Oos-Kaap getref het, het wydverspreide skade, ontwrigting en menslike nood veroorsaak. Groot hoeveelhede reën het oor dele van die provinsie uitgesak, terwyl sterk wind, oorstromings en grondverskuiwings talle gemeenskappe afgesny en infrastruktuur beskadig het.
|
Van die gebiede wat die swaarste getref is, was dele van die Gamtoosvallei, waar inwoners ontruim moes word nadat die Kouga-dam sy kapasiteit oorskry het. In verskeie dorpe en landelike gebiede is paaie oorstroom of beskadig, terwyl brûe, kraglyne en waterinfrastruktuur onder groot druk gekom het. Meer as 45 paaie moes volgens berigte gesluit word, wat veroorsaak het dat sommige gemeenskappe tydelik van hulpdienste afgesny was.
|
Groot skade en verliese is op plase in die Langkloof en Gamtoosvallei aangerig. Vrugteboorde, oeste en toerusting is vernietig, meegesleur of verniel.
|
Duisende mense moes na noodskuilings verskuif word nadat huise oorstroom of beskadig is. Informele nedersettings was besonder kwesbaar vir die vinnig stygende water en modderstortings.
|
Die omvang van die skade het weer die kwesbaarheid van baie gemeenskappe in die Oos-Kaap uitgelig – veral waar swak infrastruktuur, armoede en onvoldoende stormwaterstelsels mense meer blootstel aan natuurrampe. Kenners waarsku dat uiterste weerstoestande soos hierdie al hoe meer voorkom namate klimaatsverandering die intensiteit van storms verhoog.
|
|
Ondersteun gerus die Sinode se rampfonds vir slagoffers van die vloede:
|
|
|
|
|
|
|
Belangrike nuwe publikasie
Getraumatiseerde gemeentes en geestelike leiers, soos Paulus
|
|
Detail op die voorblad van 'n belangwekkende nuwe publikasie deur Nuwe Testamentiese geleerde prof. Scot McKnight en terapeut Adrienne Gibson
|
Die skrywers toon aan hoe Paulus se briewe, veral 2 Korintiërs, vol tekens van emosionele uitputting, hartseer, angs en verlange na versoening is. Paulus skryf openlik oor sy trane, moedeloosheid en die kritiek wat hy van gelowiges ontvang het. Volgens die boek help hierdie eerlike en kwesbare kant van Paulus ons om trauma beter te verstaan – ook binne gemeentes vandag.
|
Die boek illustreer verder hoe konflik, kritiek en verhoudingsbreuke in gemeentes mense diep kan wond, ook predikante en leiers. Tog bly Paulus lief vir die gemeente en hou hy aan om versoening te soek. Die skrywers nooi lesers om Paulus nie net as ’n groot apostel te sien nie, maar ook as ’n mens wat seergekry het en steeds probeer het om met deernis en geloof te lei.
|
|
|
|
|
|
Geestesgesondheid en gemeentes wat ondersteunend optree
|
|
Gemeentes speel dikwels reeds ’n belangrike rol wanneer mense deur moeilike tye gaan – maar baie kerke wonder hoe om mense met emosionele en geestesgesondheidsuitdagings beter en meer prakties te ondersteun.
|
Hierdie interessante artikel vertel van gemeentes in die VSA wat leer hoe om ’n kultuur van hoop, luister en ondersteuning te bou sonder stigma of oordeel. Die fokus val nie op professionele terapie nie, maar op eenvoudige, praktiese dinge: om anders te luister, mense raak te sien voordat ’n krisis uitbreek, ondersteuningspanne te vorm, opleiding aan lidmate te gee en sterker bande met hulpbronne in die gemeenskap te bou.
|
|
Die artikel wys hoe geloofsgemeenskappe ’n veilige ruimte van genesing, omgee en menswaardigheid kan word – en hoe klein, doelbewuste stappe ’n groot verskil kan maak.
|
|
|
|
|
|
Min Leon Schreiber gee terugvoer
Binnelandse Sake beloof 'n verbeterde sisteem rondom huwelike
Verlede week het Grens.Pos berig dat ses kerke gesprek met die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, oor knelpunte rondom die registrasie van huweliksbevestigers en huwelike gevoer het.
|
|
Intussen het die minister skriftelik op die gesprek gereageer. Dit is 'n skrywe met 'n positiewe strekking. In die voortgaande gesprek wil kerke graag verseker word dat 'n spesifieke, toegewysde e-posadres vir kommunikasie beskikbaar gestel word, en vir spoedige implementering van die gesamentlike taakspan vir hoofstroomkerke wat Schreiber voorsien. Die lys gestandaardiseerde vereistes van die Departement moet ook spoedig beskikbaar gestel word.
|
|
|
|
|
|
Ds Veneto Keyter na siekbed oorlede
|
|
|
|
Veneto en Franciska Keyter tydens sy bevestiging te Sondagsriviermond-gemeente in Augustus 2017
|
Die geliefde ds Veneto Keyter is op 24 April 2026 in die Baai oorlede, nadat 'n breingewas in 2024 by hom gediagnoseer is. Hy was 58 jaar oud.
|
|
Veneto is in 1991 in Pretoria gelegitimeer en begin sy bediening in 1993 in Karoi in Zimbabwe. Hy skuif in 1999 na Masvingo (ook in Zimbabwe). Hy word op 23 Julie 2002 in Kraggakamma in die Oos-Kaap bevestig waar hy tot 8 Mei 2014 werksaam was.
|
Hy word op 1 Augustus 2017 in Sondagsriviermond bevestig. Veneto word in 2024 medies arbeidsongeskik nadat 'n breingewas by hom ontdek is en ontvang op 31 Januarie 2025 demissie by die gemeente.
|
Ds Keyter is in 1990 met Franciska Keyter getroud. Die egpaar het twee kinders, Louis, 'n sagteware ingenieur in die Baai en Matthys,'n apteker te Grahamstad.
|
|
Hy was lid van die Oos-Kaaplandse Sinodale Kommissie se Dagbestuur tot en met sy demissie. Veneto was 'n geliefde predikant. Op 30 April 2026 het vriende en familie in 'n stampvol kerkgebou van hom afskeid geneem.
|
|
|
|
|
|
Pannekoeke by Despatch-Suid (ook vir aflewering)
|
|
|
|
|
|
Steytlerville-gemeente hou basaar en dié dorp vier fees - 'n naweek lank
|
Lize Hayward van Steytlerville skryf: Die geleentheid is nie net ‘n gewone basaar nie, maar die kerk maak gebruik van die dorp se 150ste feesvieringe oor drie dae in Mei om broodnodige fondse in te samel. Op hierdie manier kan mense wat dit bywoon ‘n verskeidenheid van interessante ervaringe beleef oor ‘n hele wegbreeknaweek.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
GESOEK: Jou boodskap aan jou dominee en gemeente
|
In Augustus vanjaar vind ’n unieke saamtrek van NG dominees op Goudini plaas. Byna 700 word verwag. Kerkbode en LiG wil daar ‘n video-boodskap speel wat uit die harte van gemeentes en lidmate kom.
|
Maak 'n kort videogreep waarop jy hierdie drie vrae antwoord:
|
* Hoekom is geloof vir jou nog belangrik? * Wat beteken jou gemeente vir jou? * Waarvoor wil jy vir jou dominee dankie sê?
|
Stuur jou videogreep op WHATSAPP na 072 378 2618. Jy kan ’n boek wen vir jou moeite. Stuur jou naam as jy in aanmerking wil kom vir die trekking. Sluitingsdatum: 15 Mei 2026. Hier is meer agtergrond.
|
|
|
|
|
|
Belangrike inligting op ons webblad
Klik hier vir direkte toegang tot belangrike inligting en dokumente op ons webblad (www.ngkok.co.za):
|
|
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO met prof Wentzel Coetzer
Die Digitale impak op Kinders en Jongmense - Praktiese en Pastorale Riglyne (10 Junie)
Die ontwikkeling van die Internet en die positiewe bydrae wat dit kan lewer op verskillende terreine is fenomenaal – tog is die moontlike negatiewe invloed ook oorweldigend. Dit kan olie op die vuur wees van reeds bestaande verslawings of verkeerde lewenstyl keuses en sodoende ontwikkel tot ‘n vernietigende invloed met dieselfde krag as 'n tsunami.
|
Veral sedert 2012 was daar volgens prof Jonathan Haidt, 'n kundige op die terrein van die sosiale sielkunde, ʼn massiewe toename van geestesprobleme onder jongmense. Hospitaal opnames as gevolg van selfbesering het met 62% toegeneem onder ouer tiener meisies, en met 'n skokkende 189% onder meisies tussen 10 en 14 jaar. Die selfdoodsyfer onder hierdie jong groep het ook meer as verdubbel. Haidt wat wys ook op 'n beduidende korrelasie (0.2) tussen sosiale media-gebruik en depressie, spesifiek by meisies. Verder is die toenemende tendens die afgelope aantal jare in talle lande om strenger maatreëls deur middel van wetgewing te formuleer ter beskerming van die geestestoestand van kinders en jongmense – hiermee saam ook al strenger maatreëls om oormatige gebruik van elektroniese toestelle in skole aan bande te lê.
|
Teen bovermelde agtergrond sal daar in hierdie kursus ten slotte ook gefokus word op 'n aantal praktiese en pastorale riglyne aan almal wat betrokke is by die begeleiding van kinders en jongmense met betrekking tot die digitale wêreld.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Vakature: Koster, NGK Gamtoosvallei (te Kwagga)
|
Die kerkraad wag aansoeke in vir 'n vakante kosterpos. Die koster is verantwoordelik vir die algemene instandhouding, netheid en bruikbaarheid van die kerkgeboue, terrein en toerusting, asook ondersteuning tydens eredienste, gemeente -aktiwiteite en funksies. Klik hier vir die posbeskrywing.
|
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in Mei
5 Mei – Ds Dewald Vermaak, NG Gemeente Aliwal-Noord 6 Mei – Ds Rion van Niekerk, NG Gemeente Bothasrus 15 Mei – Ds Conrad Thomas, NG Gemeente Humansdorp 21 Mei – Ds Ulrich Barnard, NG Gemeente Port Elizabeth-Sherwood 29 Mei – Dr Christo Herbst, NG Gemeente Colesberg
|
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
|
Loots, ds Deon - 084 855 3444, dissipel@gmail.com
|
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
|
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
Beskikbaar om die Enneagram en retraites aan te bied
|
|
Ds Deon Loots maak die Baai nou weer sy tuiste en is beskikbaar om die Enneagram of retraites in gemeentes of ringe aan te bied (084 855 3444, dissipel@gmail.com).
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Ds JC Els aanvaar diens by NGK Uitenhage-Winterhoek op 1 Junie 2026. Sy eggenote, ds Monozel Els, bedien ook van 1 Junie, by Uitenhage De-Mist-gemeente
|
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|
|