|
|
|
|
|
Jaargang 22 - Nommer 16 - 31 Mei 2024
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- 'n Klein wonderwerk - gesonde baba na chemoterapie
- SA Church Life Survey: Hoe dit jou gemeente prakties kan help
- Hoe hanteer pastors trauma uit die kinderjare effektief?
- Vars nuwe insigte om die boodskap van die gelykenisse te deel
- Leraars beweeg
|
|
|
|
|
Kerkbode Kollig
Ma kry gesonde baba ná chemo: ‘Ek het geveg vir my baba en vir myself’
“Haar naam is Jana wat in Hebreeus ‘God is genadig’ beteken.”
|
Daarom voel sy haar babadogtertjie se naam pas perfek by haar, vertel ds Arina Zandberg van Kimberley terwyl sy bly trane afvee.
|
Maar dit is trane van verligting en blydskap omdat sy op die ouderdom van 39 jaar in April vir ’n tweede keer ma kon word van ’n gesonde babadogtertjie. Dít ten spyte daarvan dat Arina ’n aggressiewe vorm van kanker het waarvoor sy chemoterapie ontvang.
|
|
Lees hoe Kerkbode hierdie verhaal vertel.
|
|
|
|
|
|
SA Church Life Survey
Hoor die stem van lidmate oor verskillende aspekte en behoeftes in die gemeente
|
|
|
Stel jy belang om te weet wat die stand van geloof in jou gemeente is? Weet jy hoe die verskillende ouderdomsgroepe se geloofsbehoeftes in jou gemeente verskil? Wonder jy hoe jou gemeente dink oor die kerk se betrokkenheid by aktuele sake?
|
Die Church Life Survey (CLS-SA) bied jou die geleentheid om die antwoorde op hierdie vrae vanuit jou gemeente te kry.
|
Die projek behels dat gemeentelede, tydens ‘n erediens, geleentheid kry om ‘n vraelys te voltooi. Alle lidmate bo 15 jaar kan hieraan deelneem. Dit vra net ‘n eerlike opinie deur die inkleur van ‘n blokkie. En, dis vertroulik.
|
Nadat die voltooide vraelyste verwerk is, ontvang elke gemeente sy eie profiel wat 'n prentjie gee van die bedieningspraktyke en die stand van geloof in die gemeente. Gemeentes dui aan dat hierdie resultate hulle help om leemtes raak te sien en die nodige aanpassings te maak. Die resultate konsentreer egter nie net op areas wat aandag nodig het nie, maar wys ook die gemeente se sterk punte en effektiewe bedieningspraktyke uit. Lees verder
|
|
|
|
|
|
Belangrike publikasie vir predikers
Prof Thomas Long: Proclaiming the Parables
|
|
Uit die pen van die gerekende kundige op die gebied van prediking, prof Thomas Long, het pas 'n publikasie met vars en boeiende nuwe perspektiewe op die prediking van die gelykenisse verskyn.
|
Thom Long is 'n bekende in Suid-Afrika en het onlangs (net voor Covid) in die Baai voor Oos-Kaaplandse predikante opgetree. Hy het baie gemeentes gehelp met sy vroeëre publikasie oor die deurbreking van die "worship wars" in gemeentes.
|
Die flapteks beskryf die boek as volg:
|
|
|
In Proclaiming the Parables, noted preacher and scholar Thomas G. Long moves away from past treatment of the parables primarily as literary devices and moves toward an emphasis on their theological impact as pointers to the kingdom of God. While the parables are indeed significant poetic literary creations that have enchanted readers over the centuries, their main power, he claims, lies in their disclosure of the kingdom of God, which is not merely an idea, nor even just a complex symbol with generative and centrifugal force, but an event: the inbreaking of the life of God into human history and experience.
Long sees parables not merely as creative figures of speech but as GPS devices taking hearers to those places where the event of God is happening all around us.
|
|
|
|
|
|
|
Jaco Strydom
Ontwikkel 'n hart vir die wêreld - soos Jesus
|
|
|
|
|
Ds Jaco Strydom, stigter van die Echo Jeugontwikkelingssentrums, het onlangs 'n inspirerende reeks boodskappe gelewer oor die vyf gewoontes waaraan 'n Christen geken word. Hy het by die NGK Sondagsriviervallei op Kirkwood opgetree en ook 'n leierskapswerkswinkel aangebied. Kyk hier na die laaste van die reeks, Ds Strydom begin praat by die 23ste minuut in die video begin kyk. (Die hele reeks is op Sondagsriviervallei se Youtube-kanaal beskikbaar.)
|
|
|
|
|
|
Bybel-Media Katalogus
Waar kry ons kerklike benodigdhede, kategesemateriaal, en meer?
|
|
|
Besoek gerus Bybel-Media se aanlyn winkel vir al julle benodigdhede, van nagmaalglasies, dankofferkoeverte en konsistorieboeke, verby goeie materiaal oor Bybelstudie tot by kategesemateriaal. Daar is ook 'n Whatsapp-hulplyn waar jy oor spesifieke behoefte hulp kan kry. Besoek www.bmedia.org.za.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
PE-Heideveld hou basaar - 7 Junie
|
NG Kerk Heideveld, Dundeeweg, Rowallanpark, hou Vrydag 7 Junie, 16:00 Kermis. Heerlike bekostigbare etes en meer. Almal welkom. Kom geniet dit saam met ons.
|
|
|
|
|
|
|
Plaasontbyt by Bothasrus op Despatch
|
|
|
|
|
|
Aanbieding oor pastorale begeleiding
Trauma uit die kinderjare binne die milieu van verslawing
Prof Wentzel Coetzer het pas 'n pastorale begeleidingskursus aangebied wat ook op ons sinode se Youtube kanaal beskikbaar is - klik hier. Daar is ook kernaantekeninge beskikbaar wat die makliker maak om die aanbieding te volg.
|
Die effek van kinderjare trauma kan emosioneel, fisies en geestelik verwoestend wees. Die navorsing het oortuigend aangetoon dat veral liggaamlike probleme een van die aftakelende gevolge in die langtermyn kan wees. In hierdie verband het die ondersoekende joernalis, Donna Jackson Nakazawa, wat reeds verskeie toekennings vir haar navorsing ontvang het, ʼn insiggewende boek geskryf met die titel, Childhood disrupted. How your biography becomes your biology, and how you can heal. Haar basiese vertrekpunt is haar eie traumatiese kinderjare na die skielike afsterwe van haar pa toe sy 12 jaar oud was, met uiteindelik oorweldigende liggaamlike probleme tot laat in haar volwasse jare.
|
Wanneer sodanige kinderjare trauma ook nog gekoppel sou wees aan die verslawing van een of beide ouers, dan het die emosionele lading vir so ʼn kind oorweldigend geraak. In hierdie verband word daar veral ook gelet op die boek van Claudia Black, It will never happen to me. Growing up with addiction as youngsters, adolescents, and adults. Ook in haar geval is haar basiese vertrekpunt die feit dat sy self binne ʼn milieu van verslawing opgegroei het. As outeur van verskeie boeke het sy ook uiteindelik internasionaal bekend geraak as terapeut en dosent, met haar spesialisasie op die terreine van die gesinsisteem en verslawende versteurings.
|
Belangrike perspektiewe vanuit die volgende twee bronne, met veral ʼn pastorale klem, kom ook in hierdie kursus aan die orde: - Gregory Jantz - Healing the scars of addiction. - Stephen Arterburn & David Stoop - Understanding and loving a person with alcohol or drug addiction.
|
|
Vanuit bovermelde bronne word ten slotte 'n geïntegreerde pastorale benadering geformuleer vir die begeleiding van persone met trauma gedurende hul kinderjare, en veral ook waar dit plaasgevind het binne ʼn milieu van verslawing.
|
|
|
|
|
|
|
|
Klik hier vir meer besonderhede en die aanlyn inskrywingsvorm.
|
|
|
|
|
|
VBO: Hoe reageer jul gemeente tydens 'n ramp?
|
|
|
Wêreldwyd is daar aanduidings dat ons meer en meer rampe begin beleef. Dit hou verband met weer, water, wind en vuur. Dit het ook 'n impak op menslike rampe en ons beleef ook toenemend rampe deur die mens veroorsaak. Suid-Afrika word nie gespaar nie.
|
'n Ramp kan relatief klein (hanteerbaar deur 'n plaaslike netwerk), groter (hanteerbaar deur 'n streeksnetwerk) of nasionaal (waarvoor 'n nasionale intervensie nodig is) wees.
|
Leraars en lidmate word genooi om opleiding vir die vestiging van so 'n netwerk in Port Elizabeth te kom deurloop. Die opleiding vind van 4-5 Junie 2024 by die Bybelhuis plaas, en word gelei deur die ervare Lester Sedras van die RESPOND-Netwerk. Klik hier om in te skryf.
|
RESPOND is 'n vennoot ook van ander kerke en interkerklike liggame soos die SA Raad van Kerke en die The Evangelical Alliance SA, vennote met die wie die NG Kerk ook in ander opsigte saamwerk. Julle kan 'n glimps van RESPOND se benadering kry by https://www.warehouse.org.za/respond-coalition/
|
|
|
|
Nuwe e-posadres vir PE-Heideveld
|
Knoop in jou oor: Oos-Kaaplandse gemeentes se kontakbesonderhede is op ons sinode se webblad beskikbaar. Gaan na www.ngkok.co.za > KONTAK en maak die kontakbesonderhede op jou skerm oop.
|
|
|
|
|
|
Vakature: NG Gemeente PE-Noord
Ons is nie so geïnteresseerd in wat jy as predikant kan doen en wat jy ons kan laat doen nie. Ons is meer geïnteresseerd in wie jy is en wat jy ons kan help om te word.
|
|
In PE-Noord neem bemagtigde lidmate onder leiding van 'n dinamiese kerkraad inisiatief om die Here, mekaar en die gemeenskap te dien. Ons heg groot waarde aan liefde en gebed. Die gemeente het projekte soos vrouebemagtiging, bejaardeversorging, uitreik na die gemeenskap se jeug, 'n sopkombuis, voedselhulp aan behoeftiges en leerders, asook 'n klerebank. Ons het ook 'n fonds wat leerders ondersteun.
|
Ons omgewing is vir sommige 'n blyplek, vir ander 'n werkplek, en vir nog ander 'n gebied waar verskeie openbare dienste gelewer word. Ons area het woonhuise, meenthuise, woonstelblokke, kleiner fabrieke, hospitale, klinieke en gemeenskapsdienste.
|
Ons omgewing het drie skole, winkelsentrums en verskeie kleuterskole met hoofpaaie wat ons area deurkruis. Ons is naby blouvlagstrande en die lughawe. Klik hier vir die posbeskrywing.
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Prop Hessie van der Watt het die beroep as diensleraar na Jeffreysbaai aanvaar. Sy word 9 Junie om 18:00 by die Da Gamakampus van die gemeente bevestig.
|
Ds Lewellyn Oliver het die beroep na NGK Uitenhage aanvaar en word op 30 Junie as in die amp bevestig.
|
Ds Gideon Roets het die beroep as brugleraar na die NG gemeente Ugie aanvaar.
|
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars.
|
|
|
|
|
|
|