|
|
|
|
|
|
|
Jaargang 24 - Nommer 28 - 11 September 2026
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Hoe kan Christene verantwoordelik aan die plaaslike regeringsverkiesing deelneem?
- Nasionale gebedsaksie rondom Verkiesing 2026 (met 50-dae gebedsgids)
- Toerusting by PE-Lorraine: The World needs a Father & The Mother Design
|
|
|
|
|
Christene en die verkiesing 2026
Kerninsigte vir verantwoordelike deelname aan die verkiesing
|
|
|
Verskeie denominasies en individuele gemeentes in Nelson Mandelabaai span saam om kiesers aan te moedig om te gaan stem op 4 November. Die kerke verskaf ook beginsels wat by stemkeuse in ag geneem moet word en gee betroubare inligting oor die verkiesing. die kerke het 'n Christelike getuienis oor die verkiesing saamgestel.
|
As Christene en burgers word ons geroep om die welstand van die hele stad te soek. Verantwoordelike stemkeuses beteken dat ons verder as partylojaliteit, slagspreuke en beloftes kyk en die karakter, bekwaamheid en diensrekord van kandidate en partye sorgvuldig oorweeg. Hou hierdie kernbeginsels in gedagte:
|
- Christelike verantwoordelikheid om te stem: Gebruik jou stem as ’n praktiese manier om jou naaste te dien en die welstand van Nelson Mandelabaai te soek.
- Bybelse riglyne: Laat waarheid, geregtigheid, medelye en respek vir elke mens se waardigheid jou keuse rig — nie vrees, vooroordeel, woede of blinde lojaliteit nie.
- Die keuse van verantwoordelike en bekwame leiers: Steun leiers wat eerlik, bekwaam en verantwoordbaar is en wat tot diens eerder as status, mag of persoonlike gewin verbind is.
- Belangrikste terreine waarop bekwaamheid en prestasie beoordeel moet word: Vra of kandidate en partye verantwoordelik kan regeer, openbare geld kan bestuur en betroubare dienste billik oor die hele stad heen kan lewer.
- Waarom plaaslike regering misluk: Verwerp leiers wat politieke lojaliteit, persoonlike belange of partyverbintenisse bo bekwaamheid, verantwoordbaarheid en inwoners se behoeftes stel.
- Die uitwerking van mislukte plaaslike regering: Onthou dat swak regering mense se lewensbestaan, veiligheid en waardigheid skaad, en dat die swaarste las dikwels op arm huishoudings, werklose mense, vroue, ouer persone en mense met gestremdhede val.
- Om kiesersapatie te oorkom: Teleurstelling is verstaanbaar, maar om weg te bly, laat die keuse van die stad se leiers aan ander oor.
- Motivering om te stem: Om te stem is sowel ’n reg as ’n verantwoordelikheid, omdat dit help bepaal wie regeer, hoe openbare geld bestee word en of dienste verbeter.
- Wie trek voordeel uit ’n lae stempersentasie: Leiers wat swak presteer en goed georganiseerde politieke groepe trek voordeel wanneer ontevrede burgers nie stem nie.
- Die kiesstelsel (twee stemme): Gebruik albei jou geheime stemme versigtig — een vir ’n wykskandidaat en een vir ’n politieke party.
- Wyks- en Proporsionele-raadslede: Kies ’n wykskandidaat wat jou gemeenskap goed sal verteenwoordig, en ’n party wie se PR-lys betroubare mense bevat met die vaardighede wat nodig is om die hele metro te regeer.
- Ondersoek die kandidate: Ondersoek kandidate se karakter, ervaring, bekwaamheid en diensrekord, en moenie jou besluit bloot op partyname of verkiesingsbeloftes grond nie.
- Jou stem maak saak: Daag op, maak ’n ingeligte keuse en gebruik albei stemme om verantwoordelike leierskap en ’n beter toekoms vir almal te ondersteun.
- Praktiese kiesersinligting: Bevestig voor die verkiesingsdag jou stemlokaal, maak seker watter identifikasie jy nodig het, vind uit hoe spesiale stemme en kandidatelyste werk, en onthou dat hulp beskikbaar is en dat jou stem geheim bly.
|
|
|
Werkgroep tydens die finalisering van die kerke se kollektiewe getuienis rondom die plaaslike regeringsverkiesing van 4 November 2026
|
|
|
|
|
|
Verkiesing - 4 November 2026:
50 dae van gesamentlike voorbidding, met gebedsgids
|
|
Wat as gelowiges in dorpe en stede regoor Suid-Afrika in dieselfde tyd, met een hart, begin bid -vir ons land, ons gemeenskappe en die mense wat ons dien? Die NG Kerk is genooi om deel te wees van ‘n interkerklike gebedsaksie. City Connect: 50 Gebedsdae nooi gemeentes, lidmate, gebedsgroepe, families en elke gelowige om saam op ’n 50-dae-gebedsreis te gaan …
|
|
|
|
|
|
DinkJeug se eredienswenk vir Erfenisdag
|
Met Erfenisdag om die draai is ’n nuwe uitdeelstuk beskikbaar vir gemeentes wat tieners uitnooi om oor kultuur, tradisies en ons gedeelde identiteit in Christus te gesels. Sommer met ’n lekker Suid-Afrikaanse braaibroodjie-uitdaging daarby. Klik hier.
|
|
|
|
|
|
Kursusse vir Pa's en Ma's (18 tot 81) by PE-Lorraine
The World needs a father
The Mother Design
|
Hierdie twee kursusse word afsonderlik, maar op dieselfde tyd aangebied. Dit is bedoel vir enigiemand wat ’n pa, oupa, ma, ouma of ander vader- of moederfiguur is – of wat hom of haar vir so ’n rol voorberei. Almal tussen 18 en 81 jaar is welkom.
|
Die kursusse bied ’n eerlike en praktiese gesprek oor wat dit beteken om in vandag se wêreld ’n Christelike pa, ma of rolmodel te wees. Dit help deelnemers om nie net beter ouers en versorgers te wees nie, maar ook om as lewensmaats te groei.
|
Ons droom van stabiele gesinne wat iets van die hemel in hulle huise beleef. Dit is gesinne met betrokke, liefdevolle pa’s en ma’s wat deur hulle voorbeeld leiding gee en ’n atmosfeer van warmte, aanvaarding en geborgenheid skep.
|
Ons droom ook van sterk gemeenskappe wat op gesonde gesinne gebou is – gemeenskappe waar maatskaplike uitdagings met moed, genade en wysheid aangepak word en waar ingrypende, positiewe verandering plaasvind.
|
Uiteindelik droom ons van ’n wêreld waarin gemeenskappe saamwerk, mekaar inspireer en nuwe moed gee op die pad na herstel. Só kan wysheid oor kulture, geloofstradisies en geslagte heen gedeel word.
|
Besonderhede:
|
|
|
|
|
|
|
Vir alle voornemende studente
Aansoeke vir studiehulp by Helpende Hand is oop tot 30 September
|
|
|
Beplan jy om in 2027 verder te studeer? Die Helpende Hand Studietrust se aansoeke vir rentevrye studielenings is nou oop.
|
Die Helpende Hand Studietrust help om jongmense met studiepotensiaal die geleentheid te gee om hul drome te verwesenlik en hul toekoms te bou.
|
📅 Aansoeke is oop van 1 Julie tot 30 September 2026. 🌐 Doen aanlyn aansoek by: www.hh-studietrust.co.za 📧 Vir navrae: studente@helpendehand.co.za
|
Moenie hierdie geleentheid misloop nie – jou toekoms is die moeite werd om in te belê. Dis meer as ’n lening – dis ’n toekoms.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Inligtingsessie oor die opleiding van Bedienaars, 17 September
|
|
Hierdie aanlyn inligtingsessie is vir almal, leraars en lidmate wat nuuskierig is oor die opleiding van lidmate as Bedienaars in die NG Kerk. In die sessie sal ons oor alles gesels oor die kursus asook geleentheid gee om in Sinodale verband kan te gee om te deel oor die impak van Bedienaars in die kerk.
|
|
Die sessies gaan opgeneem word vir persone wat nie een van die sessies kan bywoon nie. Vir meer inligting, kontak asb vir ds. Jaco Botha by jaco.botha@hugenote.ac.za
|
|
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO: Ons en ander, waarom ons geloof verskil
|
|
|
Hierdie webinaar word op Zoom aangebied. Die Zoom-skakel sal die dag voor die webinaar uitgestuur word. Kontak Rika van Rensburg by Excelsus@up.ac.za vir enige navrae. Jy kan hier registreer.
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO: Toekoms en teologie, oor toekomsstudies en -geletterdheid
|
|
|
Hierdie webinaar word op Zoom aangebied. Die Zoom-skakel sal die dag voor die webinaar uitgestuur word. Kontak Rika van Rensburg by Excelsus@up.ac.za vir enige navrae. Jy kan hier registreer.
|
|
|
|
|
|
|
|
Barneace Slabbert by Patmos, 11 September
|
|
|
|
|
|
Stephan en Betsie Joubert by PE-Hoogland
|
|
|
Op, Saterdag, 19 September, nooi Hoogland se Gebedsaksie u hartlik uit om tyd saam met die Koning te kom spandeer. Ons verwelkom twee van ons mees geliefde Gassprekers, Stephan Joubert en Betsie Joubert, ‘n seminaar te NGK PE Hoogland.
|
Met hul warm persoonlikhede, besonderse boodskappe gaan hulle ons met so baie seën. Mans en Vroue is welkom.
|
|
🎟️ Kaartjies: R120 per persoon. Kaartjies beskikbaar by die Kerkkantoor (08:00-13:00 {Ma-Vry})
|
|
📍 NGK PE Hoogland, annalize@pehoogland.co.za
|
|
📅 Saterdag, 19 September 09:00 – 15:00
|
📞 Navrae: Kontak die kerkkantoor 041 367 1485 (Annalize) of Caroline 061 451 1402
|
|
Nooi sommer jou familie, vriende, bure en kollegas en kom geniet saam met ons 'n besonderse geleentheid. Ons sien daarna uit om Hoogland én die gemeenskap hier te verwelkom!
|
|
|
|
|
|
Nartjiefees op Loerie, 26 September
|
|
|
Kom vier die jaarlikse Loerie Nartjiefees se 33ste bestaansjaar op Saterdag, 26 September, vir 'n dag van heerlike kos, kunsmarkte en top-vermaak deur kunstenaars soos Irene-Louise van Wyk en Jan Jan Jan. Feesgangers kan uitsien na die nartjie-eetkompetisie, tuisgemaakte konfyt, en kuiergeleenthede vir die hele gesin. Kaartjies is R150 vir volwassenes en R50 vir skoliere, beskikbaar by die hek of op Quicket, met gratis parkering op die terrein. Vir meer inligting, klik hier.
|
|
|
|
|
|
Teken die datum aan
De Duin hou basaar, 10 Oktober
|
|
|
|
|
|
Humansdorp-Oos vier 50-jaar met Elvis Blue in konsert
|
|
|
|
|
|
Belangrike inligting op ons webblad
Klik hier vir direkte toegang tot belangrike inligting en dokumente op ons webblad (www.ngkok.co.za):
|
|
|
|
|
|
|
|
NGK Middelburg-Karoo, Leraarspos
|
Middelburg-Karoo is ’n plattelandse gemeente in die Oos-Kaap met sowat 372 belydende lidmate en 49 dooplidmate ingedeel in sewe dorps- en vier plaaswyke. Die dorp beskik oor ’n hoër- en laerskool, sowel as ’n landboukollege.
|
Sien https://ngkok.co.za/gemeentes/mk/mkprofiel2026.docx vir ’n meer volledige profiel.
|
Die gemeente nooi gelegitimeerde predikante van die Nederduitse Gereformeerde Kerk uit, om indien hulle oortuig is dat die Here hulle daartoe uitnooi, aansoek te doen vir bostaande pos.
|
|
Die sluitingsdatum is 18 September 2026. Klik hier om die volledige posbekendstelling te lees.
|
|
|
|
NGK Sondagsrivier: Leraar, diensleraar of jeugwerker
Die Sondagsriviervallei is bekend vir sy sitrusplase. Ons gemeente bedien al vir meer as 100 jaar hierdie groeiende plattelandse gemeenskap. Ons gemeentevisie: Nader aan God | Nader aan Mekaar | Nader aan die Koninkryk. Op hierdie reis het die Here vir ons twee fokusareas uitgewys: aanbidding en jeugbediening. As jy ook iemand is wat saam met die Here op reis is na sy roeping in jou lewe nooi ons jou uit om vir hierdie pos aansoek te doen.
|
|
Die sluitingsdatum is 30 September 2026. Klik hier vir meer besonderhede.
|
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in September
Veels geluk aan die leraars wat tot die einde van September verjaar:
|
6 September – ds Mardi Badenhorst, NG Gemeente Humansdorp-Oos 7 September – ds Luané McLachlan, NG Gemeente Gamtoosvallei 20 September – ds Conrad Pienaar, NG Gemeente Newtonpark 22 September – ds Adele Strauss, NG Gemeente Retief (Despatch) 23 September – ds Kobus Eksteen, NG Gemeente Rietbron 23 September – ds Paul Odendaal, NG Gemeente Adelaide 25 September – ds J-R Nieuwenhuizen, NG Gemeente Cradock-Noord 30 September – ds Madri Fourie, NG Gemeente Port Elizabeth-Wes
|
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
|
Grobbelaar, dr Jan (Snr) - 083 611 8731, grobbelaar.jan@gmail.com
|
|
Loots, ds Deon - 084 855 3444, dissipel@gmail.com
|
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
|
Strydom, Ds Deon - 082 9239 567, deonstr@gmail.com
|
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
Dr Jan Grobbelaar (Snr) - 083 611 8731, grobbelaar.jan@gmail.com Ds Louis Fourie; 0822946284; louisfourie2008@gmail.com
|
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
Beskikbaar om die Enneagram en retraites aan te bied
|
|
Ds Deon Loots maak die Baai nou weer sy tuiste en is beskikbaar om die Enneagram of retraites in gemeentes of ringe aan te bied (084 855 3444, dissipel@gmail.com).
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|
|