|
|
|
|
|
|
|
Jaargang 24 - Nommer 29 - 18 September 2026
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Kunsmatige intelligensie: Hoe gemaak met kletsbotte wat hulle as Jesus voordoen?
- Gratis hulpbron vir erediens en prediking by CLF beskikbaar
- Hoe kry leiers dit reg om gepaste leiding in gespanne tye te lewer?
- Wat sê die data: hoe veilig is dit vir mense wat op Suid-Afrikaanse plase woon?
- Leraars beweeg
|
|
|
|
|
Wanneer 'n KI-kletsbot hom as Jesus voordoen
|
|
Kunsmatige intelligensie (KI) kan deesdae meer doen as om inligting op te soek of tekste te skryf. Daar is selfs kletsbotte wat hulle as Jesus voordoen. Gebruikers kan vrae oor geloof en lewensprobleme stel en onmiddellik antwoorde ontvang wat klink asof Jesus self praat.
|
’n Verkennende studie, deur prof. Anné Verhoef van die Fakulteit Filosofie aan die Noordwes-Universiteit, oor vyf sulke kletsbotte vra wat hierdie ontwikkeling vir die kerk en gelowiges beteken. Die skrywer se kernbeswaar is dat die tegnologie hier nie bloot mense naboots nie, maar aanspraak maak op die identiteit en gesag van Jesus.
|
Die ondersoekte toepassings sluit onder meer AI Jesus, Virtual Jesus en Text with Jesus in. Sommige verduidelik op hul webblaaie dat hulle rekenaarprogramme is. In die gesprekke stel verskeie hulle egter sonder verdere verduideliking as Jesus Christus of die Seun van God voor. Só kan die onderskeid tussen ’n tegnologiese hulpmiddel en God se stem vervaag.
|
Die studie wys ook dat hierdie “Jesusse” nie almal dieselfde antwoord gee nie. Op die vraag of daar ’n hel is, antwoord drie reguit bevestigend. Die ander twee formuleer hul antwoorde versigtiger en beklemtoon God se liefde en genade. Dit laat ’n belangrike vraag ontstaan: Wie kies die bronne en geloofsopvattings waarop hierdie antwoorde berus?
|
Volgens die ondersoek is geen kerklike onderskrywing vir die vyf kletsbotte aangedui nie. Advertensies en betaalde intekeninge bring boonop geld in. Die skrywer waarsku dat winsbejag ontwikkelaars kan aanmoedig om antwoorde te bevorder wat gebruikers tevrede en aanlyn hou. Gewildheid kan dan swaarder weeg as verantwoordelike Bybeluitleg.
|
Die artikel erken ook moontlike voordele. KI kan inligting vinnig toeganklik maak, geloofsgesprekke stimuleer en aanvanklike ondersteuning bied wanneer ’n predikant of berader nie beskikbaar is nie. Sulke hulp vereis egter nie dat ’n program hom as Jesus voordoen nie.
|
Die gevare verdien ernstige aandag. Gebruikers kan mislei word, onnodige skuldgevoelens ontwikkel of emosioneel, finansieel en polities beïnvloed word. Wanneer ’n antwoord as God se eie woorde aangebied word, kan dit besonder moeilik wees om dit te bevraagteken.
|
Vir die kerk bring dit vrae oor die tweede gebod, geestelike gesag en menslike verhoudings na vore. Die ondersoek is voorlopig, maar nooi gemeentes om ernstig oor hierdie ontwikkeling te praat.
|
|
Uiteindelik herinner die artikel ons aan die waarde van mense wat teenwoordig is: iemand wat luister, saam bid, jou omstandighede ken en jou hand kan vashou. Die Christelike geloof getuig immers van Jesus wat mens geword het. Daardie liggaamlike teenwoordigheid en menslike aanraking kan geen kletsbot bied nie.
|
|
|
|
|
|
Welke leiers het die moed om in hierdie dae egte leiding te bied?
|
|
Selfgedifferensieerde leiers het die moed om in angstige sisteme 'n kalm dog sterk standpunt in te neem, dikwels teen die stroom in
|
In Edwin Friedman se navorsing aangaande leierskap maak hy die punt dat daar vandag ‘n gebrek aan durf en moed by leiers bestaan as gevolg van ons angstige samelewing. Leiers word in baie toksiese omgewings nie toegelaat om die leiding te gee wat hulle behoort te gee, om gemeenskappe te laat floreer nie. Ek sê “leiers word nie toegelaat nie”, maar Friedman bedoel ook dat leiers bang is om die leisels te neem.
|
Leiers wat teenoor moeilike mense te staan kom, vermy dikwels eerder die konfrontasie as gevolg van twee redes: die eerste is ‘n oordrewe vorm van toksiese empatie met die moeilike persoon, in plaas daarvan om die persoon aanspreeklik te hou. Die tweede rede is ‘n oordrewe afhanklikheid van data en informasie-insameling.
|
Laasgenoemde is nie omdat nog informasie werklik nodig is nie, maar omdat die leier die situasie probeer oplos en makliker maak, nie deur die nodige aksie te neem nie, maar deur aanhoudend nog navorsing te doen. Die “navorsing” word dus eintlik ‘n emosionele coping-meganisme, waarmee die realiteit van leierskapsverantwoordelikheid vermy word.
|
Die groot vraag is nou watter soort leiers hierdie uitdagings kan oorkom, hulle durf terugkry sodat die gemeenskap op sy beste kan funksioneer. Hoe lyk die soort leiers wat die durf en waagmoed openbaar om die leiding in hierdie angsbelaaide wêreld van ons te neem? Friedman se antwoord is dat selfgedifferensieerde leiers die beste vaar. Hierdie soort leiers voldoen aan ‘n paar eienskappe.
|
- Dis leiers wat die kapasiteit het om in ‘n intense emosionele sisteem standpunt in te neem. In ‘n emosionele ekosisteem waar mense angstig is, beskuldigings rondgooi en manipuleer, kan die leier kop hou, redelik en ongeïntimideer bly en leiding gee sonder om homself emosioneel te onttrek van almal te onttrek.
- Dis leiers wat “ek” kan sê wanneer al die ander skree vir “ons”. Hierdie klink dalk redelik negatief, maar wat bedoel word is dat die leier as redelike individu gesond aanspreeklikheid kan aanvaar en hou by die gesonde waardes van die maatskappy, sonder om te val vir emosioneel-manipulerende groepsdruk van die massas. Tog kan hy na almal luister sonder om toe te laat dat hy gemanipuleer word.
- Hierdie leiers kan hulle eie reaktiwiteit beheer te midde van die ander se reaktiwiteit. Terwyl mense beskuldig en blaam na die leier toe slinger, kan hy selfbeheersing toepas in so ‘n mate dat hy nie self reaktief optree nie. Hy kan vergewe, asook die vermoë openbaar om begrip te toon vir ander, al stem hy nie saam nie.
- Dis om ‘n nie-angstige teenwoordigheid te wees te midde van al die ander wat angstig is. Hierdie is ‘n kern kenmerk van ‘n selfgedifferensieerde leier, naamlik dat hy vredevol, kalm en rustig in hierdie omstandighede bly omdat hy seker is van wie hy moet wees. Hulle is dus mense wat outomaties kan ophou om een van die sisteem se emosionele domino’s te wees. Die toksiese domino-ketting stop by hulle.
- Sulke leiers is mense wat baie duidelik is oor hulle eie persoonlike waardes en lewensrigting. Die rede waarom hierdie soort leiers rustig en kalm in stormagtige weer kan bly, is juis omdat hulle uitverkoop is aan hulle eie persoonlike waardes en morele kompas. Vir ‘n Christen-leier is dit natuurlik sy eie geloof en geloofswaardes in Jesus wat hom staande en redelik en hou.
- Dis om maksimum verantwoordelikheid te neem vir sy eie emosionele welstand, eerder as om ander mense, óf die konteks te blameer. Hierdie soort leier leef proaktief, blameer nooit terug nie, en neem aanspreeklikheid vir sy eie gemoedstoestand en geestelike welstand.
|
Wanneer ek na bogenoemde ses kenmerke kyk, dan sien ek eenvoudig ‘n toegewyde Jesus-volgeling. Christen-leiers moet Jesus-volgelinge wees, in woord én daad én denke. Só werk ons saam aan Jesus se koninkryk.
|
|
|
|
|
|
Verhoogde risiko vir almál op plase
Wat sê die data: Hoe veilig is dit op Suid-Afrikaanse plase?
|
|
In 'n uitgebreide landelike provinsie soos die Oos-Kaap wat strek van die veeboere in die Weste tot bestaansboere in die voormalige Transkei, is dit 'n brandende vraag hoe veilig dit op plase is.
|
Volgens ’n ontleding wat The Common Sense op 3 Augustus gepubliseer het, loop boerderyhuishoudings (wit, bruin en swart) ’n aansienlik groter risiko om aangeval te word as huishoudings in die algemene bevolking. Plaasaanvalle eindig volgens dié berekeninge ook meer dikwels in moord.
|
Die publikasie het polisiedata oor gewapende huis- en besigheidsrooftogte met gegewens oor plaasaanvalle vergelyk. Rooftogte is gekies omdat dit volgens die navorsers die soort aanvalle op plase die beste benader. Gegewens oor vyf jaar is gebruik om gemiddeldes te bereken.
|
Die ontleding beraam dat boerderyhuishoudings tussen 1,47 en 2,94 keer meer waarskynlik aangeval word as wat huishoudings in die breër bevolking gewapende huis- of besigheidsroof ervaar. Die verskil tussen hierdie ramings spruit uit onsekerheid oor hoeveel boerderyhuishoudings daar in die land is. Die publikasie vat die bevinding saam as ongeveer dubbel die risiko.
|
Nog kommerwekkender is die beraamde dodelikheid van plaasaanvalle. Volgens die ontleding is ’n plaasaanval 6,72 keer meer geneig om op moord uit te loop as ’n gewapende huis- of besigheidsroof. Dit verwys spesifiek na die waarskynlikheid van moord wanneer ’n aanval plaasvind, en nie na ’n vergelyking met die algemene nasionale moordsyfer nie.
|
Die publikasie het ook ’n eie indeks saamgestel wat die voorkoms en dodelikheid van aanvalle kombineer. Daarvolgens is die gevaar vir boerderyhuishoudings aansienlik hoër as vir die bevolking in die geheel.
|
Hierdie syfers moet egter as ramings gelees word. Die berekeninge berus op aannames oor onder meer die aantal boerderyhuishoudings en die vergelykbaarheid van verskillende misdaadkategorieë.
|
Die publikasie beklemtoon verder dat plaasveiligheid kommersiële boere van alle rasse raak. Volgens sy beoordeling loop swart én wit boere gevaar; die probleem behoort daarom nie as uitsluitlik een groep se nood beskou te word nie.
|
|
Vir gemeentes in landbougebiede onderstreep die artikel die belang van betrokkenheid by mense wat met vrees, verlies en trauma leef. Agter elke aanval staan mense, gesinne en gemeenskappe. Plaasveiligheid vra ernstige aandag, betroubare inligting en samewerking wat die veiligheid en waardigheid van almal op plase bevorder.
|
|
|
|
|
|
Wat word in die Oos-Kaap gedoen om veiligheid op plase te verbeter?
|
Oos-Kaapse boere gebruik tegnologie en samewerking om misdaad in landelike gebiede te bekamp. Agri Oos-Kaap het, saam met landbouverenigings en ander vennote, ’n uitgebreide veiligheidsnetwerk ontwikkel wat plaaswagte, kameras en noue skakeling met die polisie insluit.
|
Farmer's Weekly berig dat die Oos-KAap die mees robuuste landelike kameranetwerk in Suid-Afrika het. Volgens die beskikbare inligting bestaan die netwerk uit sowat 300 kameras wat voertuignommerplate herken, asook ongeveer 500 oorsigkameras langs belangrike landelike paaie en toegangsroetes. ’n Sentrale beheerkamer monitor die netwerk dag en nag. Dit help om verdagte voertuie op te spoor, veediefstal te bekamp en beeldmateriaal vir polisieondersoeke te verskaf.
|
Die benadering is aanvanklik in Alexandria ontwikkel en daarna na ander distrikte uitgebrei. Kameras word strategies geplaas om toegangs- en uitgangsroetes te dek. Só kan voertuie se bewegings oor verskillende dorpe en gebiede gevolg word. Plaaswagte vul die tegnologie aan met patrollies en plaaslike kennis, veral waar polisiekapasiteit onder druk is.
|
|
Boere dra grootliks die koste. Die installering van ’n nommerplaatherkenningskamera kan sowat R120 000 kos, met verdere maandelikse uitgawes vir instandhouding, versekering en monitering. Daarom is die betrokkenheid van ondernemings en ander inwoners belangrik. Ondersteuning kan ook by die Agri Securitas-fonds aangevra word.
|
|
|
|
|
|
Christene en die verkiesing 2026
Motiveer lidmate om te gaan stem
|
|
Die NG Kerk was een van 20 kerkgenootskappe en groot onafhanklike kerke regoor Nelson Mandelabaai wat saamgewerk het om Christene leiding te gee met die oog op die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November.
|
Die kerke bely dat Christus se koningskap ook plaaslike regering omvat, en dat God sy profete in die Bybel telkens rigting aan die publieke lewe gee. Daarom is dit net toepaslik dat die kerk ook vanuit die Bybel leiding gee oor die plaaslike verkiesing.
|
Dit gaan nie daaroor om vir mense te sê watter party of kandidaat om te ondersteun nie. Die kerk kies nie kant vir enige politieke party nie, en elke kieser moet self besluit.
|
Ons doel is om Christene aan te moedig om te stem en ingeligte, verantwoordelike keuses te maak. Deur te stem, aanvaar ons medeverantwoordelikheid vir ons naaste en bevorder ons die welstand van ons hele stad.
|
Ons moedig kiesers aan om politieke partye én individuele kandidate deeglik te beoordeel. Is hulle eerlik, wys en bekwaam? Het hulle ’n bewese rekord van diens aan mense? Sal hulle bereid wees om verantwoording te doen, of stel hulle hoofsaaklik belang in status, mag en persoonlike gewin?
|
Goeie plaaslike regering is belangrik omdat dit ons daaglikse lewe raak: water, elektrisiteit, sanitasie, paaie, straatligte en vullisverwydering. Wanneer hierdie dienste faal, ly die armste en kwesbaarste mense dikwels die meeste.
|
Ons wil ook hê kiesers moet verstaan dat hulle twee stembriewe sal ontvang: een vir ’n wykskandidaat en een vir ’n politieke party. Albei stemme is belangrik.
|
Ons boodskap is eenvoudig: lig jouself in, oorweeg jou keuses deeglik en gebruik albei jou stemme verantwoordelik. Die toekoms van Nelson Mandelabaai sal gevorm word deur die mense wat deelneem.
|
Predikante word versoek om hierdie inligting via 'n kort aankondiging by die erediens met lidmate te deel.
|
|
|
|
|
|
Kursusse vir Pa's en Ma's (18 tot 81) by PE-Lorraine
The World needs a father
The Mother Design
|
Hierdie twee kursusse word afsonderlik, maar op dieselfde tyd aangebied. Dit is bedoel vir enigiemand wat ’n pa, oupa, ma, ouma of ander vader- of moederfiguur is – of wat hom of haar vir so ’n rol voorberei. Almal tussen 18 en 81 jaar is welkom.
|
Die kursusse bied ’n eerlike en praktiese gesprek oor wat dit beteken om in vandag se wêreld ’n Christelike pa, ma of rolmodel te wees. Dit help deelnemers om nie net beter ouers en versorgers te wees nie, maar ook om as lewensmaats te groei.
|
Ons droom van stabiele gesinne wat iets van die hemel in hulle huise beleef. Dit is gesinne met betrokke, liefdevolle pa’s en ma’s wat deur hulle voorbeeld leiding gee en ’n atmosfeer van warmte, aanvaarding en geborgenheid skep.
|
Ons droom ook van sterk gemeenskappe wat op gesonde gesinne gebou is – gemeenskappe waar maatskaplike uitdagings met moed, genade en wysheid aangepak word en waar ingrypende, positiewe verandering plaasvind.
|
Uiteindelik droom ons van ’n wêreld waarin gemeenskappe saamwerk, mekaar inspireer en nuwe moed gee op die pad na herstel. Só kan wysheid oor kulture, geloofstradisies en geslagte heen gedeel word.
|
Besonderhede:
|
|
|
|
|
Gratis eksegetiese en liturgiese bron beskikbaar
|
|
CLF het wonderlike nuus. Die jongste uitgawe van Word & Worship Year B 2026-2027 word as ’n GRATIS publikasie bekend gestel!!
|
|
|
|
|
|
Vir alle voornemende studente
Aansoeke vir studiehulp by Helpende Hand is oop tot 30 September
|
|
|
Beplan jy om in 2027 verder te studeer? Die Helpende Hand Studietrust se aansoeke vir rentevrye studielenings is nou oop.
|
Die Helpende Hand Studietrust help om jongmense met studiepotensiaal die geleentheid te gee om hul drome te verwesenlik en hul toekoms te bou.
|
📅 Aansoeke is oop van 1 Julie tot 30 September 2026. 🌐 Doen aanlyn aansoek by: www.hh-studietrust.co.za 📧 Vir navrae: studente@helpendehand.co.za
|
Moenie hierdie geleentheid misloop nie – jou toekoms is die moeite werd om in te belê. Dis meer as ’n lening – dis ’n toekoms.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Gys van Schoor
Neem gerus deel aan Geloofsreis 2027
|
|
|
In hierdie aanbieding stel ds Gys van Schoor en medewerkers die Geloofsreis met Jesus 2027 bekend. Dit vind in Oos-Kaapland plaas en is bedoel vir predikante en gemeenteleiers. Belangstellendes kan gerus met ds Tobie van Schoor kontak maak vir meer inligting: 2bvanschoor@gmail.com
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO: Toekoms en teologie, oor toekomsstudies en -geletterdheid
|
|
|
Hierdie webinaar word op Zoom aangebied. Die Zoom-skakel sal die dag voor die webinaar uitgestuur word. Kontak Rika van Rensburg by Excelsus@up.ac.za vir enige navrae. Jy kan hier registreer.
|
|
|
|
|
|
|
|
Stephan en Betsie Joubert by PE-Hoogland
|
|
|
Op, Saterdag, 19 September, nooi Hoogland se Gebedsaksie u hartlik uit om tyd saam met die Koning te kom spandeer. Ons verwelkom twee van ons mees geliefde Gassprekers, Stephan Joubert en Betsie Joubert, ‘n seminaar te NGK PE Hoogland.
|
Met hul warm persoonlikhede, besonderse boodskappe gaan hulle ons met so baie seën. Mans en Vroue is welkom.
|
|
🎟️ Kaartjies: R120 per persoon. Kaartjies beskikbaar by die Kerkkantoor (08:00-13:00 {Ma-Vry})
|
|
📍 NGK PE Hoogland, annalize@pehoogland.co.za
|
|
📅 Saterdag, 19 September 09:00 – 15:00
|
📞 Navrae: Kontak die kerkkantoor 041 367 1485 (Annalize) of Caroline 061 451 1402
|
|
Nooi sommer jou familie, vriende, bure en kollegas en kom geniet saam met ons 'n besonderse geleentheid. Ons sien daarna uit om Hoogland én die gemeenskap hier te verwelkom!
|
|
|
|
|
|
Fees by Blouwaterbaai Familiekerk, 30-31 Oktober
|
|
|
|
|
|
Nartjiefees op Loerie, 26 September
|
|
|
Kom vier die jaarlikse Loerie Nartjiefees se 33ste bestaansjaar op Saterdag, 26 September, vir 'n dag van heerlike kos, kunsmarkte en top-vermaak deur kunstenaars soos Irene-Louise van Wyk en Jan Jan Jan. Feesgangers kan uitsien na die nartjie-eetkompetisie, tuisgemaakte konfyt, en kuiergeleenthede vir die hele gesin. Kaartjies is R150 vir volwassenes en R50 vir skoliere, beskikbaar by die hek of op Quicket, met gratis parkering op die terrein. Vir meer inligting, klik hier.
|
|
|
|
|
|
Teken die datum aan
De Duin hou basaar, 10 Oktober
|
|
|
|
|
|
Humansdorp-Oos vier 50-jaar met Elvis Blue in konsert
|
|
|
|
|
|
Belangrike inligting op ons webblad
Klik hier vir direkte toegang tot belangrike inligting en dokumente op ons webblad (www.ngkok.co.za):
|
|
|
|
|
|
|
|
NGK Middelburg-Karoo, Leraarspos
|
Middelburg-Karoo is ’n plattelandse gemeente in die Oos-Kaap met sowat 372 belydende lidmate en 49 dooplidmate ingedeel in sewe dorps- en vier plaaswyke. Die dorp beskik oor ’n hoër- en laerskool, sowel as ’n landboukollege.
|
Sien https://ngkok.co.za/gemeentes/mk/mkprofiel2026.docx vir ’n meer volledige profiel.
|
Die gemeente nooi gelegitimeerde predikante van die Nederduitse Gereformeerde Kerk uit, om indien hulle oortuig is dat die Here hulle daartoe uitnooi, aansoek te doen vir bostaande pos.
|
|
Die sluitingsdatum is 18 September 2026. Klik hier om die volledige posbekendstelling te lees.
|
|
|
|
NGK Sondagsrivier: Leraar, diensleraar of jeugwerker
Die Sondagsriviervallei is bekend vir sy sitrusplase. Ons gemeente bedien al vir meer as 100 jaar hierdie groeiende plattelandse gemeenskap. Ons gemeentevisie: Nader aan God | Nader aan Mekaar | Nader aan die Koninkryk. Op hierdie reis het die Here vir ons twee fokusareas uitgewys: aanbidding en jeugbediening. As jy ook iemand is wat saam met die Here op reis is na sy roeping in jou lewe nooi ons jou uit om vir hierdie pos aansoek te doen.
|
|
Die sluitingsdatum is 30 September 2026. Klik hier vir meer besonderhede.
|
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in September
Veels geluk aan die leraars wat tot die einde van September verjaar:
|
6 September – ds Mardi Badenhorst, NG Gemeente Humansdorp-Oos 7 September – ds Luané McLachlan, NG Gemeente Gamtoosvallei 20 September – ds Conrad Pienaar, NG Gemeente Newtonpark 22 September – ds Adele Strauss, NG Gemeente Retief (Despatch) 23 September – ds Kobus Eksteen, NG Gemeente Rietbron 23 September – ds Paul Odendaal, NG Gemeente Adelaide 25 September – ds J-R Nieuwenhuizen, NG Gemeente Cradock-Noord 30 September – ds Madri Fourie, NG Gemeente Port Elizabeth-Wes
|
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
|
Grobbelaar, dr Jan (Snr) - 083 611 8731, grobbelaar.jan@gmail.com
|
|
Loots, ds Deon - 084 855 3444, dissipel@gmail.com
|
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
|
Strydom, Ds Deon - 082 9239 567, deonstr@gmail.com
|
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
Dr Jan Grobbelaar (Snr) - 083 611 8731, grobbelaar.jan@gmail.com Ds Louis Fourie; 0822946284; louisfourie2008@gmail.com
|
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
Beskikbaar om die Enneagram en retraites aan te bied
|
|
Ds Deon Loots maak die Baai nou weer sy tuiste en is beskikbaar om die Enneagram of retraites in gemeentes of ringe aan te bied (084 855 3444, dissipel@gmail.com).
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Die NG Gemeente uitenhage-Noord het ds Ruan Nieuwenhuizen van Somerset-Oos op 14 Augustus as leraar van die gemeente beroep.
|
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|
|