Share this emailCopy the public link or share it on your favorite channel.
Jaargang 24 - Nommer 21 - 24 Julie 2026
TEKEN IN op Grens.Pos
Beste leser,

In hierdie uitgawe:

  • Gemeentes wat traumatiseer: hoe om 'n veiligheidsnet te skep
  • Hoe gemeentes lede kan help om God as lewende werklikheid te ervaar
  • Hoe gaan dit regtig met SA se kinders - en hoe kan gemeentes help?
  • Leraars beweeg

Roep lidmate op om te registreer vir 4 November

Die laaste geleentheid om te registreer om in die plaaslike regeringsverkiesing te stem, eindig teen 2 Augustus. Daarom word gemeentes versoek om lidmate dringend op te roep om te registreer.

Om te stem is om sout en lig te wees, 'n gebed om God se koninkryk te laat kom, 'n vorm van naasteliefde en ons burgerlike verantwoordelikheid.

Klik hier om infografika wat in A4-formaat uitgedruk en versprei kan word, af te laai. Dit is ook in Engels beskikbaar.

Nood van kinders

Suid-Afrika se kinders het meer as goeie bedoelings nodig

’n Onlangse ontleding deur The Common Sense skets aan die hand van nege datastelle ’n ontstellende beeld van die omstandighede waarin baie Suid-Afrikaanse kinders grootword. Die syfers handel oor gesinstrukture, werkloosheid, afhanklikheid van maatskaplike toelaes, honger, leesvermoë en wiskundeprestasie.

Die geheelbeeld is duidelik: te veel kinders groei op sonder die stabiliteit, ondersteuning en geleenthede wat hulle nodig het om te floreer.
Minder as ’n derde van Suid-Afrika se kinders woon saam met albei ouers, terwyl byna een uit elke vyf kinders by geen ouer woon nie. In die Oos-Kaap woon slegs 17,2% van kinders saam met albei ouers.

Daarby het 30,7% van kinders in 2024 in huishoudings gewoon waar geen volwassene werk gehad het nie. In die Oos-Kaap was dit byna die helfte van alle kinders. Baie kinders groei dus op sonder die daaglikse voorbeeld van iemand wat werk toe gaan, ’n inkomste verdien en deur volgehoue arbeid vir ’n huishouding sorg.

Maatskaplike toelaes beskerm miljoene mense teen uiterste armoede, maar die syfers wys ook hoe afhanklik baie huishoudings van staatsinkomste geword het. In die Oos-Kaap was toelaes in 39,4% van huishoudings die belangrikste bron van inkomste.
Honger bly ’n ernstige bedreiging. In 2023 het 16,8% van Suid-Afrikaanse kinders in huishoudings gewoon waar honger aangemeld is. Dit beïnvloed nie net ’n kind se liggaamlike ontwikkeling nie, maar ook konsentrasie, leervermoë en emosionele welstand.

Die onderwysdata is net so kommerwekkend. Graad 4-leerders se leesprestasie is in elke provinsie ver onder die internasionale gemiddeld. Van die meer as ’n miljoen kinders wat in 2014 met graad 1 begin het, het slegs sowat 64 000 uiteindelik matriekwiskunde met 50% of meer geslaag.

Hierdie krisis kan nie met een program opgelos word nie. Die artikel beklemtoon dat gesinne versterk en kinders deur stabiele volwassenes en ondersteunende gemeenskappe begelei moet word.

Wat kan gemeentes doen?

Gemeentes kan nie werkloosheid, armoede en onderwysprobleme alleen oplos nie. Hulle beskik egter oor gevestigde verhoudings, vertroue, geboue, vrywilligers en ’n teenwoordigheid in feitlik elke gemeenskap.

Hulle kan gesinne ondersteun deur ouerskapopleiding, huweliksverryking, ondersteuning aan enkelouers en veilige gespreksruimtes. Gemeentes behoort ook vaders doelbewus te betrek en mans te begelei om verantwoordelike en teenwoordige vaderfigure te wees.

Kinders wat nie by albei ouers woon nie, het ander standvastige volwassenes nodig. Gemeentes kan mentors identifiseer wat gereeld met kinders kontak maak, na hulle luister, met skoolwerk help en hulle aanmoedig.

Leesklubs, huiswerkklasse en wiskundeondersteuning kan ’n groot verskil maak. Afgetrede onderwysers, studente en ander kundige lidmate kan hier ’n waardevolle rol speel.

Waar honger voorkom, bly voedingsprogramme noodsaaklik. Dit behoort waar moontlik gekoppel te word aan hulp met dokumentasie, toegang tot toelaes, vaardigheidsontwikkeling en werksgereedheid.

Gemeentes kan ook met skole, welsynsorganisasies, maatskaplike werkers en plaaslike ondernemings saamwerk. Die doel is nie om bestaande dienste te dupliseer nie, maar om kinders en gesinne betyds met die regte hulp te verbind.
Gemeentes kan nie die hele krisis oplos nie. Hulle kan egter sorg dat kinders in hulle omgewing nie onsigbaar bly nie.

'n Toets vir Geloof (Deel 3)

Hoe word God werklik vir gewone, moderne mense?

Hierdie is die derde aflewering in ons reeks oor geloofwaardige geloof.

Roberto Unger voer aan dat godsdiens slegs geloofwaardig kan wees indien dit betekenisvolle antwoorde bied op vier grondtrekke van die menslike bestaan: ons sterflikheid, ons grondeloosheid, ons onversadigbaarheid en die verkleinering van mense deur onderdrukkende omstandighede.

Die eerste drie kan volgens Unger nie deur beter politieke of maatskaplike stelsels uit die weg geruim word nie. Geen hervorming kan keer dat ons sterf, die geheim van ons bestaan volledig verklaar of al ons begeertes bevredig nie. Verkleinering deur armoede, onreg en vernederende werk kan wel verander word. Geloof moet egter méér doen as om slegs hierdie sigbare nood te verlig. Dit moet mense help om met die diepste werklikhede van menswees saam te leef.

Dit is hier waar die navorsing van die Amerikaanse antropoloog Tanya Marie Luhrmann besonder betekenisvol word. In haar boek When God Talks Back: Understanding the American Evangelical Relationship with God vra sy ’n eenvoudige maar ingrypende vraag:

Hoe word God werklik vir gewone moderne mense?

Luhrmann het meer as vier jaar lank navorsing in twee Vineyard-gemeentes in die Verenigde State gedoen. Sy het eredienste en kleingroepe bygewoon, onderhoude gevoer en ondersoek hoe mense leer om God se teenwoordigheid te ervaar.

Haar sentrale bevinding is dat geloof vir hierdie mense minder soos die aanvaarding van ’n stel idees en meer soos die aanleer van ’n vaardigheid funksioneer. Om tot ’n toegewyde geloof in God te kom, was volgens haar “meer soos om iets te leer doen as om iets te leer dink”. Geloof word dus nie slegs deur kennis of argumente gevorm nie. Dit groei deur herhaalde praktyke waardeur mense leer om aandag te gee, te luister, te verbeel en hulle ervarings in die lig van God se teenwoordigheid te verstaan.

In die gemeentes wat Luhrmann bestudeer het, is mense doelbewus geleer om te bid. Hulle het met God gepraat soos met ’n vertroude vriend en daarna stil geword om te luister. Hulle het aandag gegee aan gedagtes, beelde, Skrifgedeeltes en indrukke wat tydens gebed ontstaan het. Hierdie ervarings is nie bloot kritiekloos aanvaar nie, maar binne die geloofsgemeenskap gedeel en onderskei.

Luhrmann beklemtoon ook die rol van “absorpsie”: die vermoë om jou diep in ’n verhaal of werklikheid in te leef. Gelowiges is byvoorbeeld aangemoedig om hulleself in ’n Bybeltoneel voor te stel, om te sien wat rondom Jesus gebeur en om te luister na wat Hy moontlik vir hulle sê. Deur sulke praktyke word die Bybel nie bloot ’n teks waaroor mense inligting versamel nie, maar ’n ruimte van ontmoeting.

Hierdie insigte het belangrike gevolge vir geloofsvorming. Gemeentes kan nie aanvaar dat mense vanself weet hoe om te bid, die Bybel aandagtig te lees of God se werking te onderskei nie. Geloofsvorming is ’n vorm van vakleerlingskap. Mense moet geleer word hoe om geloof te beoefen.

Praktyke soos gereelde gebed, stilte, meditatiewe Skriflesing, musiek, kleingroepe en die vertel van verhale oor God se teenwoordigheid vorm mense se aandag. Hulle help gelowiges om nie net óór God te dink nie, maar om ontvanklik vir God te leef.
Dit bied ook ’n antwoord op Unger se vier vrae. Ons sterflikheid verdwyn nie, maar word beleef binne die verhaal van Christus se dood en opstanding. Ons grondeloosheid word aangespreek wanneer ons bestaan in God se liefde en roeping geanker word. Ons onversadigbaarheid word uitgedaag wanneer ons begeertes deur gebed en aanbidding herskep word. Ons verkleinering word teengewerk wanneer mense in ’n geloofsgemeenskap by die naam geken, versorg en as geliefdes van God ontvang word.

Luhrmann herinner ons dus dat die geloofwaardigheid van die Christelike geloof nie net van goeie antwoorde afhang nie. Dit hang ook af van geloofspraktyke waardeur mense leer om God as ’n werklike teenwoordigheid in hulle lewe te herken.

Die vorige twee bydraes kan in die uitgawes van 19 en 26 Junie 2026 van Grens.Pos gelees word.

Bedrogwaarskuwing: Aanbieding van 'n "gratis" klavier

Gemeentes word gewaarsku teen ’n bekende bedrogspul waarin iemand per e-pos aanbied om ’n klavier, dikwels ’n waardevolle vleuelklavier, aan ’n kerk of gemeente te skenk. Die persoon vertel gewoonlik dat die klavier aan ’n oorlede familielid behoort het of dat dit dringend ’n nuwe tuiste moet kry. Hoewel die klavier gratis aangebied word, word die gemeente gevra om vervoerkoste en so meer te betaal … Lees verder

Paulus, slagoffer van trauma

Die skep van veiligheid in gemeentes was traumatiseer

Folliwing below: An excerpt from Traumatized Church: What Paul’s Relationship with the Corinthian Church Teaches Us about Helping Those Who are Hurting, by Scot McKnight and Adrienne Gibson (Zondervan Reflective, 2026).

Scot McKnight:

Adrienne and I are encouraged by the number of folks who have read the book and communicated with us about how it has helped them. We are also encouraged by the number of church leaders who say “This is me.” And by the churches that are making trauma informed and sensitive and safe a value for the church. And by the many who have told me this book “humanizes” Paul.

A sense that matters to those who are in the trauma zone, and a category that needs to become instinct to Christian institutions is safety. This is not defined by the institution or the pastor or staff but by those in the trauma zone.

Church folks inflict wounds on other church folks, including leaders. To be sure, many leaders bear the brunt of their congregations’ criticisms, but trauma is no respecter of persons. It deposits itself in the hearts and souls of many. Trauma has been systemic in church cultures, and it will be until church folks put a stop to it, or at least slow it down. We believe there is an opportunity to nurture cultures that are trauma informed, trauma sensitive, trauma safe, and trauma free. Taking advantage of this opportunity will require both realizing what trauma is and recognizing the symptoms of trauma.

A friend of mine (Scot) is a pastor who was living in a church culture that promoted abuse (of this pastor friend of mine) and demanded blanket agreement, or the parishioners would take their tithes and offerings and walk out. The church he served is far from unique, and his story could be repeated with slight variations by many church leaders. We share his words not only to express his trauma but also—and there is good news here—to prompt us to think about how we can nurture safer cultures.

If a system had been designed specifically to abuse pastors, it couldn’t do the job any better than what we know today as the modern pastorate. For one, it is almost entirely one-sided in the mind of churchgoers. Pastors are expected to show up at our darkest moments and offer theological insight, wisdom, and empathy (this is both good and important), while a breakup email is all that is necessary to let the pastor know they have moved on. No reason is necessary and often none is given. Less than ten people during my tenure here have left our church after having a face-to-face conversation with me. Most just seem to be raptured away.

God designed our bodies to protect themselves. Anger can be a tunnel into safety and protection. So we want to say this: It’s okay to be angry, because at times ugly gonna do ugly and anger gonna do anger. We are not advocating an ugly anger that explodes into vindictiveness, fumigating the sanctuary with rage, and neither do we advocate revenge. But self-protection is a virtue, and every human deserves safety.

My (Scot) study of the apostle Paul continues to surprise me. Five years ago, I never would have used the terms PTSD and trauma in connection with Paul. Yet reading Adrienne’s master’s thesis led me, during my writing of the Everyday Bible Study on 2 Corinthians, to see Paul with fresh eyes. Because of Adrienne’s thesis I began to see things in Paul I had not noticed before, things that were present in the text but that I had not recognized. I had glimpsed them, but I explained them without nuance, as in “Paul’s emotions get the best of him here.” Adrienne’s thesis gave me the tools to see what I had only glimpsed. I now see what I had not seen. As we turn in this section to look at how Paul responded to his trauma and how the gospel reshaped Paul’s response to trauma, we want to begin by exploring the divine design for safety. …

How do we help a person who struggles with feeling safe move toward safety? First, safety needs to be defined by the person seeking it. If someone wants to know what helps me (Adrienne) feel safe, they need to ask. If I want to know how to help Scot feel safe, I have to ask. Safety is defined by those who do not hold the power.3 The simple task of asking others to inform us is key, showing up again and again when you study trauma-informed principles. We ask what safety means to someone and then listen and act accordingly. This nurtures a culture of safety. When you let the hurting person determine what is safe for themselves, you give them their voice back. You give them a distinct humanness. They are not you, and you should not assume that you are the same. You also give them a sense of agency. Agency and autonomy permit someone to define safety for themselves. Regaining their voice in this instance may be one slow and small way you can rebuild a sense of safety. Though it may seem small, it may have the largest impact on that person.

Keep in mind that safety is both physical and emotional. The first is more obvious. The second is more complicated and requires further explanation. …

People who attend your ministry, who volunteer, or who are paid to be there all need to feel safe physically, mentally, and emotionally. Emotional safety starts when a person listens to their God-designed body. We all need to learn what signals our bodies give us when we feel uncomfortable or threatened. We have to recognize that our bodies are trying to get our attention at times, but often we do not know how to listen. We may need to develop better emotional intelligence.

Much attention in the past has been focused on intelligence quotient, or IQ, but until recently there was not as much focus on a person’s EQ, or emotional quotient. One aspect of emotional intelligence as it relates to our discussion of emotional safety is being able to, in the moment, realize you are feeling something and then discern what it is and whether there is anything you should do about it.

VBO: Aanlyn Kerkregsessie, 30 Julie

Vergaderings kan sinvol wees

Kan kerkvergaderings werklik sinvol en lewegewend wees? Sluit op 30 Julie by ons aan vir hierdie praktiese aanlyn Kerkreg-sessie met Prof. Johan van der Merwe en ontdek hoe vergaderings ruimtes van onderskeiding, goeie gesprek en betekenisvolle deelname kan word – registreer voor 28 Julie.
Registreer hier.

Aanlyn VBO

Hoe kan KI my help om Grieks beter te verstaan?

Wil jy die Nuwe Testament se Grieks beter verstaan en ontdek hoe Kunsmatige Intelligensie (KI) jou kan help om die Bybelteks op ’n nuwe manier te lees en te bestudeer?
Sluit by ons aan vir ’n besonderse Zoom-sessie met Prof Marius Nel (US) waar ons saam gaan kyk na:
✅ Wat is Koine-Grieks?
✅ Hoe kan KI-modelle jou help om die Griekse teks beter te verstaan?
✅ Hoe werk ons met teksvariante, grammatika en vertaal-variasies?
✅ Hoe kan hierdie hulpmiddels jou Bybelstudie verdiep?
📅 Dinsdag, 11 Augustus
🕖 19:00 – 21:00
💻 Aanlyn via Zoom
🎓 2 VBO-punte
🔗 Sluit hier aan:
https://us02web.zoom.us/j/86306890174...
🆔 Meeting ID: 863 0689 0174
🔒 Wagkode: 259870
💬 Meeting Chat:
https://us02web.zoom.us/launch/jc/86306890174
Kom ontdek die krag van KI-Koine en hoe antieke tale en moderne tegnologie saam nuwe insigte kan ontsluit. Ons sien uit daarna om saam met jou die wêreld van die Nuwe Testament se Grieks op 'n vars en praktiese manier te verken!
📧 Navrae: leon@ngkvs.co.za

Aanlyn VBO, 13 Augustus

Die Pastor in 'n eeu van egtheid

Aanlyn webinaar : “Die pastor in ’n eeu van egtheid”
Wat beteken dit om vandag 'n geloofwaardige pastor te wees in 'n wêreld wat na egtheid smag? Sluit op 13 Augustus by dr. Gerrie Bodenstein aan vir 'n insiggewende aanlynsessie oor identiteit, roeping en relevante bediening in 'n veranderende kultuur. Registreer hier.

Aanlyn VBO

Sewe beginsels wat 'n huwelik laat werk - Pastorale beradingskursus

Dinsdag 1 September 2026 – Zoom aanbieding - Prof Wentzel Coetzer

Prof. John Gottman, emeritus-professor in sielkunde aan die Universiteit van Washington, word wêreldwyd as een van die voorste kenners op die gebied van huweliks- en verhoudingswetenskap beskou. Oor meer as 50 jaar het sy navorsing duisende pare bestudeer en baanbrekerswerk gelewer wat die veld radikaal verander het. Sy boek, The seven principles for making marriage work, is wêreldwyd ʼn top verkoper, en in hierdie kursus gaan ons veral fokus op die belangrikste perspektiewe wat in hierdie boek aan die orde kom.

Gottman se werk het veral ook bekendheid verwerf na aanleiding van die skepping van ʼn sogenaamde ‘Love Lab’ (liefdes laboratorium) waar pare vir 24 uur saam verkeer en ook oornag. Met behulp van kameras en monitors wat ook liggaamlik gekoppel is, word daar dan fyn waarnemings gemaak van ʼn verskeidenheid van sosiale, emosionele en fisiese aspekte gekoppel aan hul interaksie met mekaar. Na jare se waarneming het Gottman en sy span byvoorbeeld die vaardigheid ontwikkel om na 15 minute se waarneming van die interaksie tussen ʼn egpaar, met 91% korrektheid te kan voorspel of die huwelik uiteindelik sal oorleef of nie. Die praktiese riglyne en merkers wat hy vanuit jare se ervaring formuleer vir huwelike om suksesvol te kan wees, is uiters insiggewend en deurslaggewend.

Teen bovermelde agtergrond sal daar in hierdie kursus deurgaans ook gefokus word op ʼn verskeidenheid van pastorale implikasies wat basies geïntegreer kan word met Gottman se benadering.

Klik hier om in te skryf.

Datum: Dinsdag 1 September 2026
Tyd: 09.00 – 13.00
Akkreditering: 5x VBO punte – CPSC punte – ook AFM PCD akkreditasie
Koste: R300 pp
Handboek te koop (opsioneel): R390 pp (R250 vir die handleiding plus R140 koerierkoste)
Navrae: 0836600409 (ook whatsApp) of e-pos: wentzelc@gmail.com

Aanlyn VBO: Preaching Luke backwards

Prof Eric Barreto, Nuwe Testamentikus, bied op 4 Augustus 'n voordrag oor die prediking van die Lukasevangelie aan. Die aanbieding vind by die NGK Stellastraat in PRetoria plaas, maar kan ook aanlyn gevolg word.

Klik hir vir meer inligting en vir die skakel om in te skryf.

Opleiding as brugleraar

DATUMS : Week 1: 16 – 19 November 2026
Week 2: 08 – 11 Februarie 2027

NGK Patmos bring Coenie de Villiers en Deon Meyer Baai toe

Op Saterdag 25 Julie bied NG Kerk Patmos die nuwe produksie Karoo-Keur deur die bekroonde skrywer Deon Meyer en musieklegende Coenie de Villiers aan by die Nelson Mandela Universiteit, Suid-Kampus ouditorium.

Karoo-Keur word saamgestel uit die heel beste van die teaterproduksies Karoo Suite 1 en Karoo Suite 2, met ’n verrassing of twee daarby. Resensente en gehore het die vorige twee produksies bestempel as die "mooiste liefdesbrief aan die Karoo", en prys die produksies vir die naatlose samesmelting van roerende verhale deur Doen Meyer
die meesleurende musiek van Coenie de Villiers en verskeie asemrowende landskap tonele. Daar is 2 vertonings om 14:00 en 17:00

Kaartjies beskikbaar op quicket en koste is R250pp

PE-Lorraine hou kermis

Musiek en inspirasie by PE-Hoogland

Oor 3 weke, op Vrydag 14 Augustus, verwelkom Hoogland Gemeente een van Suid-Afrika se mees geliefde Afrikaanse kunstenaars, Andriëtte Norman, op die verhoog van Impetus Teater.
Met haar warm persoonlikheid, besonderse stem en geliefde treffers soos "Sewe Oseane" en "Dink aan My", beloof dit om 'n aand vol musiek, inspirasie en onvergeetlike oomblikke te wees.
🎟️ Kaartjies: R200 per persoon
📍 Impetus Teater
📅 Vrydag 14 Augustus om 19:00
Kaartjies is reeds beskikbaar op Quicket – moenie te lank wag nie!
https://www.quicket.co.za/events/358644-andritte-norman/?ref=events-list#/

📞 Navrae: Kontak die kerkkantoor 041 3671485 of stuur ‘n WhatsApp 079 815 9325

Nooi sommer jou familie, vriende, bure en kollegas en kom geniet saam met ons 'n besonderse aand. Ons sien uit daarna om Hoogland én die gemeenskap daar te verwelkom!

Belangrike inligting op ons webblad

Klik hier vir direkte toegang tot belangrike inligting en dokumente op ons webblad (www.ngkok.co.za):

NGK Windhoek-Oos: Vakature Voltydse Tweede Leraar

Die NG Kerk Windhoek-Oos is 'n gemeente wat glo dat kerk en lewe oor God gaan, en dat verskeidenheid (verskillende ouderdomme, geslagte, rasse, tale, kulture en agtergronde) gekoester moet word om volwaardig liggaam van Christus te wees. Ons is geroep om dissipels in God se koninkryk te wees én dissipels te maak deur die uitleef van ons gemeente-gewoontes en Godgegewe gawes. Lees die volledige posbeskrywing hier.
Sluitingsdatum: 31 Julie 2026

NG Gemeente Uitenhage-Noord: Predikant (onbepaalde termyn)

Die NG Gemeente Uitenhage-Noord, ’n voorstedelike gemeente in Kariega, Nelson Mandelabaai, nooi gelegitimeerdes van die NG Kerk om aansoek te doen vir ’n voltydse, onbepaalde termynpos. Ons leraar emeriteer in Februarie 2027. Ons vertrou dat die Here iemand sal stuur om voort te bou op ons geestelike reis met die Here.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Julie 2026.
Klik hier vir die posbekendstelling.

Verjaarsdae in Julie

26 Junie – ds Thea Wait, NG Gemeente Port Elizabeth-De Duin
28 Junie – ds Marius Wolmarans (Welbedacht Rehabilitasie Sentrum, Gqeberha)
1 Julie – dr Dewald Davel, NG Gemeente Molteno
6 Julie – ds Robert-John de Kock, NG Gemeente Port Elizabeth-Nooitgedacht
17 Julie – ds Christo van Staden, NG Gemeente Middelburg-Karoo
19 Julie – ds Jan de Bruin, NG Gemeente Port Elizabeth-Noord
24 Julie – ds Johan (Joe) Janse van Rensburg, NG Gemeente Jeffreysbaai
30 Julie – ds Strauss Joubert, NG Gemeente Murraysburg

Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.

Leraars beskikbaar vir preekbeurte

(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)

Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:

Gqeberha (Port Elizabeth)
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
Grobbelaar, dr Jan (Snr) - 083 611 8731, grobbelaar.jan@gmail.com
Loots, ds Deon - 084 855 3444, dissipel@gmail.com
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com

Jeffreysbaai en omgewing
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068

Kariega (Uitenhage)
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Port Alfred en omgewing
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
Strydom, Ds Deon - 082 9239 567, deonstr@gmail.com

Aflos (oral) vir korter of langer periodes
Dr Jan Grobbelaar (Snr) - 083 611 8731, grobbelaar.jan@gmail.com

Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
Beskikbaar om die Enneagram en retraites aan te bied

Ds Deon Loots maak die Baai nou weer sy tuiste en is beskikbaar om die Enneagram of retraites in gemeentes of ringe aan te bied (084 855 3444, dissipel@gmail.com).

Leraars beweeg

Ds Adele Strauss is op 5 Julie 2026 as predikant in die amp by die NG Gemeente Retief bevestig. Ds. Rion van Niekerk het die bevestiging waargeneem.

Ds Attie Botha van Jansenville het die beroep na Albanie-gemeente te Grahamstad (Makhanda) aanvaar. Hy tree op 1 Augustus 2026 in diens en word op 14 Augustus in die amp bevestig.

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
facebook twitter