|
|
|
|
|
|
|
Jaargang 24 - Nommer 13 - 8 Mei 2026
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Bediening flop as dit meer digitale skerms en blinker aanbiedings behels
- Kerkgeboue moenie soos teaters of konferensiesentrum lyk nie
- Kerke spreek Leon Schreiber oor frustrasies met huwelikregistrasies
- Leraars beweeg
|
|
|
|
|
Met verwondering
|
|
|
Die aarde. Jesus Christus het op hierdie spikkel in die univers gearriveer om gemeenskap met God, herstel en 'n nuwe toekoms moontlik te maak. As gelowiges kyk ons met verwondering na ons gemeenskaplike tuiste. (Foto vanaf Artemis II, deur NASA op Unsplash.)
|
|
|
|
|
|
Leonard Sweet: 'n Soeke na Transendensie
Relevansie, glans en skouspel 'n slaggat vir gemeentes
Teoloog en skrywer Leonard Sweet het onlangs met leiers van die National Network of Youth Ministries gesels oor die herverbeelding van bediening aan jongmense.
|
Sweet het sy aanbieding opgesom. Dit is ook op bediening aan alle ouderdomsgroepe van toepassing,
|
|
Volgens Sweet gaan die uitdaging nie bloot oor nuwe programme, beter tegnologie of meer moderne style nie, maar oor ’n dieper herontdekking van wat jeugbediening werklik is. Hy beskryf dit as “’n oproep, nie net ’n strategie nie”.
|
Sweet meen jongmense verwerp nie die kerk omdat hulle teen die ou of die diep dinge gekant is nie. Hulle is eerder moeg vir oppervlakkige nabootsing van die kultuur rondom hulle. Die wêreld waarin hulle leef, is reeds oorlaai met geraas, skerms en konstante digitale inhoud. Daarom, sê hy, help dit nie dat die kerk net nóg ’n “meer relevante” weergawe van dieselfde kultuur probeer aanbied nie. Jongmense hunker eerder na egtheid, betekenis, misterie en die teenwoordigheid van God.
|
Een van sy belangrikste boodskappe was dat die kerk nie geroep is om “relevant” te wees nie, maar om werklik en eg te wees — om mense in aanraking te bring met die lewende Christus en die werking van die Gees. Hy waarsku dat die kerk nooit die internet op sy eie terrein sal wen nie, maar dat die kerk wel iets kan bied wat die digitale wêreld nie kan gee nie: ware gemeenskap, deelname, stories van hoop en ’n lewe saam met Jesus.
|
Sweet beklemtoon ook dat dissipelskap meer is as die oordra van inligting. Dit gaan oor die vorming van verbeelding en identiteit. Jongmense het nie net verhoogproduksies of vermaak nodig nie; hulle het ’n geloofsgemeenskap nodig waarin hulle werklik kan behoort, deelneem en groei.
|
Hy sluit af met ’n sterk uitdaging aan die kerk: die toekoms van jeugbediening sal nie gewen word deur beter inhoud of harder stemme nie, maar deur dieper teenwoordigheid, heilige verbeelding en geloofsgemeenskappe wat jongmense help om deel te word van God se groter droom vir die wêreld.
|
Groter deelname aan klassieke aanbidding (en 'n propvol kerkgebou)
|
In lyn met Sweet se opmerkings rapporteer die Wall Street Journal (WSJ) dat die Sondagnagmaal in St Joseph's Katolieke Gemeente in Greenwich Village, Manhattan, Sondagaande propvol jongmense sit.
|
Aldus die Wall Street Journal:
|
|
|
Gen Z Christians attend church more often than millennials, Gen X and baby boomers, according to the Barna Group, a firm that studies U.S. faith trends. In 2025, the typical Gen Z churchgoer attended nearly two weekends a month, the highest level since the firm began tracking, and up from around one weekend a month in 2020.
Young men in particular are more interested in faith. A Gallup poll released in April found that in 2025, 42% of young men said religion is very important to them, up sharply from 28% in 2023, and overtaking young women.
|
|
|
|
|
|
|
Steekproef verras
Kerkgeboue: tradisioneel en klassiek, of 'n moderne teater?
|
|
Uitreik-gefokusde evangeliese gelowiges het dikwels gesê dat kerkgeboue minder “kerklik” moet lyk om mense wat soek, te lok. Maar onlangse navorsing deur Barna Group en Aspen Group wys dat dit dalk nie heeltemal waar is nie. Hulle het ’n verteenwoordigende steekproef van 2 000 Amerikaners gevra oor hoe hulle dink oor die argitektuur van heilige ruimtes.
|
Wanneer Amerikaners hul oë toemaak, kan hulle hulle ’n kerk voorstel. Selfs al gaan hulle selde of nooit kerk toe nie, het hulle steeds ’n idee van hoe ’n kerk moet lyk en voel—en ook ’n voorkeur. Daardie voorkeur is meestal redelik tradisioneel.
|
Byna 90% van Amerikaners sê ’n kerk moet “maklik herkenbaar” wees, en 8 uit 10 sê die gebou moet “iets van God se skoonheid weerspieël”. Daar is wel mense wat verkies dat kerke modern (38%) en nuwerwets (28%) moet voel, maar die meeste Amerikaners verkies godsdienstige ruimtes wat tydloos en verhewe aanvoel.
|
|
Hierdie data is na alle waarskynlikheid ook op Suid-Afrika van toepassing. Dr Theo Geyser het reeds in doktorale navorsing gewys op die groot begeerte na stilte en eenvoud by stedelike jeug. So lyk die data vir die VSA grafies saamgevat:
|
|
|
|
|
|
|
Ses Kerke spreek min Leon Schreiber
Uitdagings met die registrasie van huwelike en bevestigers
Ses hoofstroomkerke het op 4 Mei 2026 gesprek met die Minister van Binnelandse Sake, Mnr Leon Schreiber, gevoer. Dit handel oor die talle uitdagings wat die kerke ervaar, veral met die registrasie van huwelike en verwante prosesse. Dr Nioma Venter, algemene sekretaris van die algemene sinode het die gesprek gelei.
|
Vooraf is ’n memorandum aan die Minister gestuur, waarvan die kernpunte tydens die ontmoeting verder toegelig is. In kort het die memorandum gefokus op:
|
- die administratiewe en sistemiese uitdagings wat gemeentes en huweliksbevestigers tans ervaar;
- die gebrek aan konsekwente prosesse en duidelike kommunikasie;
- die behoefte aan gestandaardiseerde riglyne en verbeterde ondersteuning vanuit die Departement;
- die dringende noodsaaklikheid van meer effektiewe samewerking tussen die kerk en die Departement.
|
Die Minister het onderneem om met ’n amptelike skrywe te reageer wat ons ontmoeting sal bevestig en die uitkomste daarvan sal uiteensit. Ons het versoek dat hierdie skrywe sodanig geformuleer word dat dit deur al ses kerke gesirkuleer kan word, sodat ons met een stem en as kollektiewe kerklike vennoot van die Departement die saak kan aanspreek. Klik hier om 'n skrywe deur dr Venter hieroor te lees.
|
|
|
|
|
|
Kerke verbind hulle aan aktiewe stryd teen korrupsie
Lidkerke van die SA Raad van Kerke, waaronder die NG Kerk, het hulle opnuut verbind aan die stryd teen korrupsie in Suid-Afrika. Kerkleiers en gemeentes regoor die land het die Anti-Korrupsie-Verbond onderteken as deel van ’n langtermynverbintenis tot integriteit, verantwoordbaarheid en morele leierskap.
|
Die veldtog groei vanuit die oortuigings wat in verskillende denominasies en provinsies heen leef.
|
Kerkleiers het hulle verbind om die boodskap van die verbond teen korrupsie in gemeentes in te dra deur prediking, gebed en gesprekke oor eerlikheid en verantwoordelike openbare diens. Met Vryheidsdagvieringe is daar ook spesiaal vir staatsamptenare in gemeentes gebid. Gemeentes word verder aangemoedig om veilige ruimtes vir fluitjieblasers te skep en mense te ondersteun wat korrupsie openbaar.
|
|
|
|
|
|
'n Plattelandse held
Hierdie predikant bedryf 'n kliniek wat meer as siekte genees
In die landelike gebied van Ensingweni in KwaZulu-Natal maak predikant en verpleegkundige Bukhosi Mdletshe ’n groot verskil in sy gemeenskap.
|
As bestuurder van ’n plaaslike kliniek help hy nie net mense met mediese sorg nie, maar ondersteun hy ook gesinne wat sukkel met armoede, siekte en maatskaplike uitdagings. Saam met gemeenskapsgesondheidswerkers besoek hy mense by hul huise, sorg dat bejaardes hul medikasie gebruik en help kinders en jong moeders.
|
Mdletshe, wat ook predikant in die Apostoliese Kerk van Suid-Afrika is, sê sy geloof motiveer hom om sy gemeenskap met liefde en deernis te dien. “Ek dien nie net ’n gemeenskap nie — ek dien my mense,” sê hy.
|
|
Klik hier om die indrukwekkende verhaal in Spotlight se reeks oor rural heroes te lees.
|
|
|
|
|
|
Aanlyn gesprek
Wat dryf geslagsgeweld aan?
|
|
The Catholic Parliamentary Liaison Office cordially invites you to take part in our upcoming Webinar on – WHAT DRIVES GENDER BASED VIOLENCE?, on Thursday 14th May 2026 at 14h00 to 15h30.
|
Our speaker is Dr Zimbini Ogle. She will discuss her new book ‘Under Siege: Gender, Violence and Betrayal’ based on her research in the Lusikisiki area which analyses the toxic mix of factors driving our sexual violence pandemic.
|
Dr Ogle is a clinical psychologist. She serves on the board of trustees of the Trauma Centre for Survivors of Violence and Torture. She earned a Master’s degree in Clinical Psychology as a Mandela Rhodes Scholar and a Doctorate in Psychiatry from Stellenbosch University.
|
|
DATE: Thursday 14th May 2026
|
|
|
|
|
|
Getuienis oor die Japansending by PE-Lorraine
|
|
|
|
|
|
Stories van geloof, hoop en liefde by PE-Lorraine
|
|
|
|
|
|
Steytlerville-gemeente hou basaar en dié dorp vier fees - 'n naweek lank
|
Lize Hayward van Steytlerville skryf: Die geleentheid is nie net ‘n gewone basaar nie, maar die kerk maak gebruik van die dorp se 150ste feesvieringe oor drie dae in Mei om broodnodige fondse in te samel. Op hierdie manier kan mense wat dit bywoon ‘n verskeidenheid van interessante ervaringe beleef oor ‘n hele wegbreeknaweek.
|
|
|
|
|
|
|
|
Paterson hou basaar
|
|
|
|
|
|
PE-Wes hou basaar
|
|
|
|
|
|
GESOEK: Jou boodskap aan jou dominee en gemeente
|
In Augustus vanjaar vind ’n unieke saamtrek van NG dominees op Goudini plaas. Byna 700 word verwag. Kerkbode en LiG wil daar ‘n video-boodskap speel wat uit die harte van gemeentes en lidmate kom.
|
Maak 'n kort videogreep waarop jy hierdie drie vrae antwoord:
|
* Hoekom is geloof vir jou nog belangrik? * Wat beteken jou gemeente vir jou? * Waarvoor wil jy vir jou dominee dankie sê?
|
Stuur jou videogreep op WHATSAPP na 072 378 2618. Jy kan ’n boek wen vir jou moeite. Stuur jou naam as jy in aanmerking wil kom vir die trekking. Sluitingsdatum: 15 Mei 2026. Hier is meer agtergrond.
|
|
|
|
|
|
Belangrike inligting op ons webblad
Klik hier vir direkte toegang tot belangrike inligting en dokumente op ons webblad (www.ngkok.co.za):
|
|
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO met prof Wentzel Coetzer
Die Digitale impak op Kinders en Jongmense - Praktiese en Pastorale Riglyne (10 Junie)
Die ontwikkeling van die Internet en die positiewe bydrae wat dit kan lewer op verskillende terreine is fenomenaal – tog is die moontlike negatiewe invloed ook oorweldigend. Dit kan olie op die vuur wees van reeds bestaande verslawings of verkeerde lewenstyl keuses en sodoende ontwikkel tot ‘n vernietigende invloed met dieselfde krag as 'n tsunami.
|
Veral sedert 2012 was daar volgens prof Jonathan Haidt, 'n kundige op die terrein van die sosiale sielkunde, ʼn massiewe toename van geestesprobleme onder jongmense. Hospitaal opnames as gevolg van selfbesering het met 62% toegeneem onder ouer tiener meisies, en met 'n skokkende 189% onder meisies tussen 10 en 14 jaar. Die selfdoodsyfer onder hierdie jong groep het ook meer as verdubbel. Haidt wat wys ook op 'n beduidende korrelasie (0.2) tussen sosiale media-gebruik en depressie, spesifiek by meisies. Verder is die toenemende tendens die afgelope aantal jare in talle lande om strenger maatreëls deur middel van wetgewing te formuleer ter beskerming van die geestestoestand van kinders en jongmense – hiermee saam ook al strenger maatreëls om oormatige gebruik van elektroniese toestelle in skole aan bande te lê.
|
Teen bovermelde agtergrond sal daar in hierdie kursus ten slotte ook gefokus word op 'n aantal praktiese en pastorale riglyne aan almal wat betrokke is by die begeleiding van kinders en jongmense met betrekking tot die digitale wêreld.
|
|
|
|
|
|
|
|
Vakature: Bybelgenootskap, Verhoudingsleier Westelike Streek
|
Die bogenoemde voltydse pos by die BSA (Hoofkantoor, Bellville) vereis ’n kandidaat wat teologiese gesag kombineer met senior leierskap, gemeenskapsbetrokkenheid, en die vermoë om volhoubare inisiatiewe te dryf.
|
Die Verhoudingsleier is verantwoordelik om die BSA se strategie in die spesifieke streek te dryf om te verseker dat volhoubare verhoudings gebou word met donateurs, kerkgenootskappe en Christelike organisasies in die streek.
|
|
|
|
|
|
Vakature: Koster, NGK Gamtoosvallei (te Kwagga)
|
Die kerkraad wag aansoeke in vir 'n vakante kosterpos. Die koster is verantwoordelik vir die algemene instandhouding, netheid en bruikbaarheid van die kerkgeboue, terrein en toerusting, asook ondersteuning tydens eredienste, gemeente -aktiwiteite en funksies. Klik hier vir die posbeskrywing.
|
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in Mei
5 Mei – Ds Dewald Vermaak, NG Gemeente Aliwal-Noord 6 Mei – Ds Rion van Niekerk, NG Gemeente Bothasrus 15 Mei – Ds Conrad Thomas, NG Gemeente Humansdorp 21 Mei – Ds Ulrich Barnard, NG Gemeente Port Elizabeth-Sherwood 29 Mei – Dr Christo Herbst, NG Gemeente Colesberg
|
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
|
Loots, ds Deon - 084 855 3444, dissipel@gmail.com
|
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
|
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
Beskikbaar om die Enneagram en retraites aan te bied
|
|
Ds Deon Loots maak die Baai nou weer sy tuiste en is beskikbaar om die Enneagram of retraites in gemeentes of ringe aan te bied (084 855 3444, dissipel@gmail.com).
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Prop Théan Meiring is op 3 Mei 2026 te Kareedouw deur ds Joe Janse van Rensburg bevestig.
|
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|
|