Share this emailCopy the public link or share it on your favorite channel.
Jaargang 24 - Nommer 18 - 12 Junie 2026
Beste leser,
TEKEN IN op Grens.Pos

In hierdie uitgawe:

  • Moedig lidmate aan om as kiesers te registreer en op 4 November vir verantwoordelike leiers te stem
  • Digitale blootstelling hou ernstige risiko in, veral vir jongmense
  • Wat Lord of the Rings ons oor leierskap leer
  • Ds Giep Louw oorlede
  • Leraars beweeg

Sondag, 14 Junie

Biddag vir Jeug en Kategese

Eerskomende Sondag is Biddag vir Jeug en Kategese in gemeentes. Hierdie biddag herinner ons dat kinders en jongmense nie net die kerk van môre is nie, maar reeds vandag deel is van God se storie.

DinkJeug is tans besig met 'n reeks vir Jeugmaand. Die week se tema is verskil maak, wat ook aansluit by Biddag vir Jeug en Kategese. Klik hier vir DinkJeug se bronmateriaal.

Kwesbare jongmense

Digitale verslawing vergelykbaar met die impak van sterk dwelms

Wanneer skermtyd balans versteur, kom slaap, konsentrasie, verhoudings en gesondheid eerste onder druk

Tydens 'n voordrag oor die impak van digitale media op tieners, verwys prof. Wentzel Coetzer vandeesweek na 'n gesaghebbende mediese artikel op Medscape waarin vertel word hoe digitale speletjies verslawend is.

Videospeletjies is vir baie kinders en tieners ’n gewone vorm van ontspanning. Tog waarsku kenners dat dit vir ’n kleiner groep jongmense ’n ernstige probleem kan word wanneer speletjies begin inmeng met skoolwerk, gesinsverhoudings, vriendskappe, slaap, oefening en basiese selfversorging.

Die artikel vertel die verhaal van Tomer Shaked, wat reeds as kind begin speel het en later besef het dat speletjies sy hele lewe begin oorheers. Hy het gelieg oor hoeveel tyd hy speel, minder in die regte wêreld geleef en al hoe meer vasgevang geraak in die belonings en erkenning wat die virtuele wêreld bied.

Kenners wys daarop dat ouers moet oplet vir waarskuwingstekens soos ’n kind wat nie meer buite wil gaan nie, nie sonder speletjietoerusting met vakansie wil gaan nie, etes afjaag om weer te speel, al hoe minder sosialiseer, swakker op skool vaar, of persoonlike higiëne verwaarloos.

Die goeie nuus is dat hulp moontlik is. Ouers kan begin deur skermtyd geleidelik te beperk, kinders te help om weer vreugde in ander aktiwiteite te vind, en waar nodig professionele hulp te kry.

Lees gerus die volledige artikel vir meer insig in die waarskuwingstekens van videospeletjieverslawing en hoe gesinne prakties kan reageer.

Sosiale media is ook verslawend, waarsku prof Coetzer. Digitale verslawing oorweldig die brein neurologies en lei tot 'n afname in IK, sosiale vaardighede, konsentrasievermoë en die vermoë om te leer. Daar word selfs al van Facebook-depressie gepraat. Meer tyd voor die skerm lei tot verhoogde depressie en verlaagde empatie met ander.

Die vraag of sosiale media werklik verslawend kan wees, word wêreldwyd al ernstiger bespreek. Kenners wys volgens 'n artikel deur Megan Brooks op Medscape daarop dat die probleem nie noodwendig net lê in hoeveel tyd jongmense op skerms deurbring nie, maar veral in hóé hulle sosiale media gebruik. Wanneer ’n kind of jongmens kompulsief aanhou kyk, angstig raak wanneer hulle nie toegang het nie, of steeds aanhou gebruik al benadeel dit hulle slaap, bui, verhoudings of skoolwerk, kan dit ’n waarskuwingsteken wees.

Navorsing wys dat sekere patrone van sosiale mediagebruik verband kan hou met hoër vlakke van angs, depressie, slapeloosheid en selfs selfdoodgedagtes. Sosiale media werk met belonings soos “likes”, kommentaar en kennisgewings, wat die brein se beloningstelsel aktiveer. Jong breine is besonder vatbaar hiervoor, omdat die brein nog ontwikkel.

Die artikel beklemtoon egter ook dat sosiale media nie net negatief is nie. Dit kan jongmense help om vriendskappe te bou, ondersteuning te kry en gemeenskap te vind. Die uitdaging is om gesonde grense te stel: skermvrye tye, minder kennisgewings, meer doelbewuste gebruik en oop gesprekke in die huis.

Lees gerus die volledige artikel vir ’n gebalanseerde kyk na die gevare én moontlike waarde van sosiale media. Verder het 'n groepering van mediese opleidingsinstansies in die VK bevind dat blootstelling aan sosiale media gevare vergelykbaar met rook vir jongmense inhou. Die groep beskou digitale blootstelling as ’n bydraende faktor tot angs, neerslagtigheid, selfbesering, versteurde eetpatrone, slaapversteurings, aandagprobleme, beveiligingskwessies en skoolvermyding.

In verkiesingsjaar moedig kerke lidmate aan om te gaan stem

'n Gesamentlike projek van verskeie kerke in Nelson Mandelabaai moedig alle gemeentes aan om lidmate oor die belang van stemdag, 4 November, in te lig. Lidmate moet aangemoedig word om hul stem uit die bring.

Gemeentes raak nie party-polities betrokke nie, en trek nie politieke partye voor nie. Kerkrade word daarom ontmoedig om politici tydens eredienste te laat optree.

Nogtans het die kerk 'n profetiese stem wat leierskap in die regering van die dag aanspreek en verantwoordbaar hou. Dit geld ook plaaslike munisipaliteite. Om lidmate aan te moedig om te gaan stem, is 'n uiters praktiese wyse om betroubare leierskap aan die stuur van sake te plaas.

In plaaslike verkiesings het kiesers twee stemme - een vir die wyksraadslid en die tweede vir proporsionele verteenwoordigers. Dit beteken soveel as moontlik kiesers moet in elke wyk gaan stem, want dit beïnvloed die totale samestelling van die munisipale raad.

Wat nou krities belangrik is, is dat kiesers registreer om te gaan stem. Dit kan tot 30 Junie gedoen word. Veral jongmense moet aangemoedig word om te registreer. Dit kan aanlyn gedoen word. Bestaande kiesers moet ook hul registrasie nagaan. Wie nie teen 30 Junie geregistreer is nie, kan nie gaan stem nie.

Toerustingsmateriaal is ook ontwikkel en kan hier aanlyn afgelaai word. Dit sluit 'n aksieplan met weeklikse voorgestelde kommunikasie aan ldimate in, asook grafika vir gebruik op sosiale media.

Hoewel die materiaal gefokus is op Nelson Mandelabaai, is die boodskap universeel. Alle gemeentes word aangemoedig om ook betrokke te raak. Hieronder word voorbeelde van die grafika geplaas.

Ring van Algoa

Stemgeregtigdes onthou die Registrasienaweek, 20-21 Junie 2026

Die Ring van Algoa het reeds besluit om formeel deel te neem aan die bewusmakingsveldtog rondom die plaaslike munisipale verkiesing van 4 November 2026 goedgekeur. Die doel van die inisiatief is om mense aan te moedig om hul demokratiese reg uit te oefen deur te registreer en te stem in die komende plaaslike verkiesing.

Die OVK se Kiesersregistrasienaweek vind op 20–21 Junie 2026 plaas. Dit is moontlik die laaste kans wat kiesers sal hê om vir deelname aan die verkiesing te registreer, herinner die Ring ons.

Wat Lord of the Rings ons van leierskap leer

Frodo Baggins se dapperheid, morele integriteit en vermoë om 'n span te skep lê primêre leierskapvaardighede bloot

Roedolf Botha - eKerk

Daar is vandag baie misverstande oor leierskap. Een van hulle is dat leiers geen werklike vaardighede hoef te hê nie. Dis uiteraard nonsens, want leiers moet beskik oor die vaardigheid om te kan lei. Dis tog wat hulle leiers maak. ‘n Ander misverstand is dat leiers altyd al die antwoorde moet hê. Dalk nie al die antwoorde nie, maar ten minste die goeie planne, idees en strategieë. Dis ewe onwaar. Leiers is nie gode nie. Soms weet hulle net so min soos die res. Wat maak hulle dan leiers?

Ons sien in Lord of the Rings ‘n goeie voorbeeld van diensbare en geestelike leierskap. Daar is ‘n vergadering in Rivendel, die mooi woonplek van die elwe. Die vergadering is belangrik, want die wêreld is in gevaar. Die ring moet vernietig word sodat euwel verslaan kan word. Dis egter nie maklik om die ring te vernietig nie. Dit moet geneem word na Mount Doom, die hartland van die vyand, en daar in die vulkaan gegooi word. Dis uiters gevaarlik en moeilik en die reis sal vol gevare wees. Wie sal gaan? Daar is ‘n vreeslike geveg tussen al die inwoners van Middle Earth. Wie kan met die ring vertrou word? Die vlak van wantroue is hoog. Dan openbaar Frodo Baggins, die kleinste en mees kwesbare lid van die vergadering, die leierskap wat die ander nie het nie. Hy openbaar drie fundamentele elemente van leierskap.

Dapperheid:
In die hitte van die vergadering sê Frodo: “I’ll take the ring. But I don’t know the way.” Hy het geen idee hoe om by Mount Doom uit te kom nie. Hy het geen strategie nie, maar hy is bereid om die dapper besluit te neem en die pad te stap. Sy dapperheid kom uit op twee maniere: Eerstens is hy bereid om die gevaarlike pad aan te durf. Die meeste leiers wat ek ken, wil die heerlikheid en aandag geniet wat leierskap bring, maar hulle wil nie die moeilike besluite neem met al die gevolge daarvan nie. Daarom stel hulle belangrike besluite uit en wag vir meer inligting of dat die probleem maar self weggaan. Ons weet almal hoe noodlottig dit kan wees. Tweedens is hy bereid om kwesbaar te wees, iets wat leiers baie selde wil openbaar. Hy weet nie en hy is eerlik daaroor. Hy ken nie die pad nie. Kwesbaarheid sou eintlik ‘n vierde punt in hierdie stuk kon wees, want dit is belangrik genoeg. Die dapperheid is dus nie slegs nodig vir uiterlike gevaar of ongemak nie, maar ook om swakhede te erken en jouself as leier bloot te stel. Navorsing en ervaring leer vir ons dat kwesbaarheid by leiers juis die vertroue in ‘n span aansienlik verhoog.

Morele onskuld:
Toe Frodo aankondig, aanvaar al die ander lede van die vergadering sy aanbod. Waarom? Waarom wantrou hulle hom dan nie soos wat hulle mekaar ‘n paar sekondes gelede wantrou het nie? Want hulle het Frodo se morele onskuld vertrou. Hulle weet dat hy nie agter mag aan is nie. Mag en aansien beteken vir hom niks nie. Hobbits, meer spesifiek, het nog hulle hele lewens in relatiewe morele onskuld geleef. Frodo is te eenvoudig in sy eie innerlike wêreld om met selfsugtige agendas rond te loop. Hy kan vertrou word. Veels te dikwels het sommige leiers die regte vaardighede en planne om die groep by die einddoel uit te bring, maar hulle is nie die regte mense vir die werk nie omdat hulle nie vertrou kan word met mag nie. Hulle vertrou hom egter ook juis omdat hy kwesbaar is. Omdat hy bereid is om te sê “ek weet nie.”

Vermoë om mense se verenig in ‘n span:
Al vaardigheid wat ‘n leier nodig het, is om ‘n span rondom die doel te verenig. Dis waarom ‘n leier nie altyd die antwoorde hoef te hê nie. Daarvoor sal die span sorg. Die vaardigheid om spanne te kan bou is uiters noodsaaklik. Dis gesonde spanne wat goeie strategieë uitwerk. Die leier hoef dit nie as enkeling te doen nie. Dit impliseer gevolglik dat verhoudingsvaardighede en geduld met jou eie mense uiters belangrik is. Maar dit impliseer ook die vertroue in hulle vaardighede. ‘n Leier moet onomwonde weet dat hy sy mense met hulle insigte en vermoëns nodig het.

Hierdie drie eienskappe is natuurlik die dinge wat Jesus ook openbaar in sy eie karakter. Dat Hy dapper was op die gevaarlike pad na die kruis kan niemand ontken nie. Dat Hy moreel onskuldig is, is deel van ons kerkbeleidenisse deur die eeue. En Sy span het uiteindelik die wêreld verander.

Dis g’n wonder dat Jesus deur baie beskou word as die meeste effektiewe leier wat die geskiedenis nog opgelewer het.

Ds Giep Louw oorlede

Ds GEG (Giep) Louw (1993-2026)
Ds Giep Louw, een van die mees merkwaardige predikante in die Oos-Kaap, is vandeesweek in die rype ouderdom van 93 jaar oorlede.

Oom Giep het sy loopbaan as predikant in 1956 te Molteno en daarna in die Transkei met pioniersendingwerk begin. Hy is in 1983 as Predikant in Sinodale Diens met Opdrag Sending aangestel. Hy het 'n intense belangstelling in literatuur en die toeganklik daarvan in die sendingveld gehad.

Ds Louw was vir baie 'n mentor. Hy was 'n uitstekende bestuurder, organiseerder en visionêre leier. Toe Sinode Oos-Kaapland in die 1990's die radikale stap geneem het om nie langer sendeling-predikante in die voormalige Transkei se salarisse te dra nie, het oom Giep die Sendingnoodfonds geloods wat toegesien het dat hierdie leraars steeds vergoed is.
Na sy aftrede in 1998 het hy voortgegaan met literatuurverspreiding, gemeentefasilitering en mentorskap. Hy was in verskeie lande betrokke by verskeie sendingprojekte en het 'n groot bydrae in Suider-Afrika gelewer.

Ds Louw se troosdiens vind op 12 Junie om 11:00 te NG Gemeente Kraggakamma plaas. Die diens kan hier aanlyn gevolg word.

Ds Gillie Noeth Snr oorlede

Laat nuus:

Nog 'n Oos-Kaaplandse afgetrede leraar, ds Gillie Noeth Snr, is vandeesweek op 91-jarige leeftyd oorlede.

Ds Noeth was predikant van PE-Sionsrand (voorheen PE-Westering) tot en met sy aftrede.

Ds Noeth is die vader van ds Gillie Noeth, predikant van die NG Gemeente Anchor of Hope in die Baai.

Nog laat nuus: Ds Dawie Coetzer, ook afgetree, voorheen van Uitenhage, is op 11 Junie oorlede.

Aanlyn VBO: Oor die betekenis van 1976

Geloofsgesprekke oor Jeugdag

Heilige Ongemak - 16 Junie dra steeds diep emosionele en geestelike gewig in Suid-Afrika. Vir sommige is dit ’n dag van herinnering en dankbaarheid. Vir ander bly dit ’n plek van pyn, ongemak, vrae en onafgehandelde gesprekke oor geregtigheid, versoening en hoop.

Hoe praat ons as gelowiges eerlik oor hierdie geskiedenis? Hoe vier ons Jeugdag op ’n manier wat nie oppervlakkig of simbolies bly nie, maar ons dieper in die evangelie innooi?

Klik hier om te registreer.

Gratis aanlyn leergeleentheid met eKerk

Leef om te inspireer, 24 Junie

Gratis digitale Learning Community 24 Junie 2026

Wat beteken dit om só te leef en te lei dat ander mense moed kry, nuwe moontlikhede raaksien en self begin groei? In hierdie Digitale Learning Community dink ons saam oor inspirerende leierskap wat nie net op groot oomblikke staatmaak nie, maar in gewone geloof, integriteit, verbeelding, deelname en menslikheid gestalte kry. Ons gesels oor leierskap wat mense help sien, beweeg en word: mense wat die wêreld rondom hulle anders leer bewoon omdat iemand hulle op ’n dieper manier geïnspireer het.
Ons tema vir die dag is: "Leef om te inspireer".

Registreer by hierdie skakel. : https://www.ekerk.org/learning-community

VBO punte is slegs beskikbaar indien daar regstreeks saam gekyk word, 24 Junie van 10:00 - 12:30.

Aanlyn VBO: Preaching Luke backwards

Prof Eric Barreto, Nuwe Testamentikus, bied op 4 Augustus 'n voordrag oor die prediking van die Lukasevangelie aan. Die aanbieding vind by die NGK Stellastraat in PRetoria plaas, maar kan ook aanlyn gevolg word.

Klik hir vir meer inligting en vir die skakel om in te skryf.

Opleiding vir Brugbediening

Die weggaan van ‘n predikant in ‘n gemeente laat so ’n gemeente in ’n tyd van bepaalde onsekerheid. Die pad vorentoe is onseker totdat ‘n nuwe permanente bediening weer in plek is. Hierdie kursus poog om reeds goed opgeleide predikante verder op te lei vir wat brug of interim bediening genoem word. Dit is doelgerigte en spesialis opleiding om gemeentes tydens hierdie oorgang periode, soms deur korporatiewe trauma heen, tot voordeel van die gemeente se nuwe toekoms te begelei en waar nodig te fasiliteer.
DATUMS : Week 1: 27 – 30 Julie 2026
Week 2: 16 – 19 November 2026
Kursusleier: Prof Malan Nel

Newtonpark hou Fun Run ten bate van Bybelgenootskap

Klik hier om aanlyn te registreer.

Warm Harte Winterkonsert - en 'n kans om 'n goeie daad te doen

Die 'Warm Hearts Concert' is ook n geleentheid om hulp te verleen aan die gemeenskapsprojek van Sidwell, Sydenham, Noordeinde, New Brighton en Algoapark.
1. Bederfbare en nie-bederfbare kos vir kinders se naskool- kombuis.
2. Warm toppies/truitjies en bedsokkies vir kinders.
3. Vir bejaardes is 'fleecy' kombersies, serpe en bedsokkies baie nodig.

Kom ondersteun die konsert en pragtige sang, maar ons vra minstens een van bogenoemde items as n ekstra bydrae om iemand anders warm te maak hierdie winter.

C-Fees op Jeffreysbaai, 20 Junie

Kraggakamma Kermis en Pretdraf, 20 Junie

Aberdeen hou basaar, 4 Julie

Belangrike inligting op ons webblad

Klik hier vir direkte toegang tot belangrike inligting en dokumente op ons webblad (www.ngkok.co.za):

NG Gemeente Uitenhage-Noord: Predikant (onbepaalde termyn)

Die NG Gemeente Uitenhage-Noord, ’n voorstedelike gemeente in Kariega, Nelson Mandelabaai, nooi gelegitimeerdes van die NG Kerk om aansoek te doen vir ’n voltydse, onbepaalde termynpos. Ons leraar emeriteer in Februarie 2027. Ons vertrou dat die Here iemand sal stuur om voort te bou op ons geestelike reis met die Here.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Julie 2026.
Klik hier vir die posbekendstelling.

Verjaarsdae in Junie

4 Junie – ds Cobus Fourie, NG Gemeente Port Elizabeth-Wes
5 Junie – ds Johann Ekkerd, NG Gemeente Graaff-Reinet
6 Junie – ds Lisa Schmidt (Dordrecht)
11 Junie – ds Nico Lochner, NG Gemeente Uitenhage-Oos
16 Junie – ds Abel Erasmus, NG Gemeente Rietbron
17 Junie – ds Carolien du Pisanie, NG Gemeente Parkheuwel
22 Junie – ds Niel Muller, NG Gemeente Aliwal-Noord
24 Junie – dr Kobus Bohnen, NG Gemeente Humansdorp
24 Junie – ds David Higgs, NG Gemeente Jeffreysbaai
24 Junie – ds Hessie Van Der Watt, NG Gemeente Jeffreysbaai
26 Junie – ds Thea Wait, NG Gemeente Port Elizabeth-De Duin
28 Junie – ds Marius Wolmarans (Welbedacht Rehabilitasie Sentrum, Gqeberha)

Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.

Leraars beskikbaar vir preekbeurte

(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)

Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:

Gqeberha (Port Elizabeth)
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
Loots, ds Deon - 084 855 3444, dissipel@gmail.com
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com

Jeffreysbaai en omgewing
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068

Kariega (Uitenhage)
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Port Alfred en omgewing
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
Strydom, Ds Deon - 082 9239 567, deonstr@gmail.com
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com

Aflos (oral) vir korter of langer periodes
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com

Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
Beskikbaar om die Enneagram en retraites aan te bied

Ds Deon Loots maak die Baai nou weer sy tuiste en is beskikbaar om die Enneagram of retraites in gemeentes of ringe aan te bied (084 855 3444, dissipel@gmail.com).

Leraars beweeg

Ds Adele Strauss (beroepbaar) is na die NG Kerk Retief op Despatch beroep.

Ds JC Els word op 14 Junie by die NGK Uitenhage-Winterhoek bevestig.

Ds Marnico Wessels ontvang op 28 Junie 2026 demissie by die NG Kerk Paterson.

Drie Oos-Kaapse predikante is vandeesweek oorlede: ds Giep Louw (8 Junie), ds Gillie Noeth Snr (10 junie) en ds Dawie Coetzer, voorheen van Uitenhage (11 Junie).

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
facebook twitter