Share this emailCopy the public link or share it on your favorite channel.
Jaargang 24 - Nommer 20 - 26 Junie 2026
TEKEN IN op Grens.Pos
Beste leser,

In hierdie uitgawe:

  • Xenofobie: Geweld en haat pas nie by Christene nie
  • Deelnemende prediking wat insluit en ontdek
  • Vroeë Christene se lewens en praktyke help ons die diep vrae van die lewe beantwoord
  • Bedienaars: Registrasie vir 2027 is oop
  • Vraag en antwoord: Wat dink en sê die NG Kerk oor leer en aktuele sake?
  • Leraars beweeg

NG Kerk deel ekumeniese siening

Geweld, haat en ontmensliking pas nie by Christene nie

Die Bybel plaas sterk klem op gasvryheid en versorging van die vreemdeling

In die lig van toenemende spanning en vyandigheid teenoor ongedokumenteerde mense uit ander lande in Suid-Afrika, het verskeie ekumeniese liggame die afgelope weke sterk standpunt ingeneem. Ook kerkleiers het op 17 Junie met die Presidensie hieroor gesprek gevoer.

Dr Nioma Venter skryf namens die Taakspan Ekumene van die Algemene Sinode in 'n rubriek vir Kerkbode dat die NG Kerk die breë ekumeniese konsensus deel: geweld, haat en ontmensliking kan nie met die evangelie versoen word nie. Elke mens dra die beeld van God, en Christene word geroep om vir geregtigheid, waarheid en vrede op te staan.

Baie Suid-Afrikaners kry werklik swaar onder werkloosheid, korrupsie, swak dienslewering en ekonomiese onsekerheid. Tog mag vreemdelinge en ongedokumenteerde persone nie as sondebokke vir die land se dieper probleme gebruik mag word nie. Die werklike oorsake van sosiale nood lê dikwels in swak staatsbestuur, armoede, ongelykheid en uitsluiting.

Vir die NG Kerk is die vraag nie net wat die kerk behoort te sê nie, maar wat die Here in hierdie tyd van gelowiges vra. Die antwoord begin by verootmoediging, gebed en selfondersoek. Die Psalms leer ons om ons vrees, woede en nood voor God te bring, sonder om ander mense tot vyande te reduseer.

Die kerk se geloofwaardigheid lê uiteindelik nie net in openbare verklarings nie, maar in die manier waarop gelowiges leef: hoe ons mense ontvang, na ander luister, spanning hanteer, onreg aanspreek en menswaardigheid beskerm in ons eie gemeenskappe.
Hierdie is ’n belangrike en tydige rubriek vir almal wat oor geloof, vreemdelingskap, geregtigheid en vrede in Suid-Afrika wil nadink.

Lees gerus die volledige rubriek en vra saam: Hoe roep die Here ons om in hierdie gespanne tyd geloofwaardig, nederig en hoopvol te leef?

Living Stories Sermons:

'n Alternatiewe benadering tot prediking

Living Stories Sermons word ontwikkel as interaktiewe homiletiese model vir egter intergenerasionele deelname aan prediking

Stel jou voor mense kom erediens toe en vra nie: “Wat gaan die prediker sê?” nie, maar eerder: “Wat gaan ons saam ontdek?” Living Stories Sermons is ’n samewerkende preekmodel wat nuwe lewe in die erediens bring en mense help voel dat hulle werklik behoort. Dit sluit eksegese, oop verbeeldingsvrae en kleingroepgesprekke in, en dit vertrou dat die Heilige Gees deur almal kan praat — nie net deur die prediker nie.

Peter Levenstrong is mede-rektor van St. Gregory of Nyssa Episcopal Church in San Francisco, Kalifornië. Hy ontwikkel die Living Stories Sermons-metode as ’n nuwe manier van preek wat die tradisionele preek omskep in ’n gedeelde proses van uitleg en betekenisontdekking.

Volgens die Living Stories Sermons-webblad nooi hierdie benadering mense om prediking op ’n nuwe manier te ontdek. Dit verander die tradisionele preek in ’n gedeelde, interaktiewe ervaring waaraan mense van alle ouderdomme kan deelneem. By Living Stories word die evangelie lewendig gemaak deur tasbare storievertelling, oop verbeeldingsvrae en ’n gees van egte gemeenskap.

Hierdie vernuwende model is gewortel in die tradisies van die kerk en geïnspireer deur metodes soos Godly Play. Deelnemers help om die preek saam te vorm deur met die Skrif en met mekaar in gesprek te tree. Die resultaat is ’n dieper geestelike verbondenheid en ’n ruimte waar elke stem help om die heilige verhaal te vertel.

Lees gerus hierdie onderhoud met Peter Levenstrong gevoer deur die die Calvin Institute for Christian Wordship. En dan is hierdie video beskikbaar waarin die benadering uitgespel word.

'n Toets vir geloof (Deel 2)

Die diep vrae van die lewe - en hoe die vroeg-Christelike kerk ons help

Die praktiese lewenswyse van vroeë Christene het 'n dieper antwoord op egte lewensvrae gebied en so teenstand oorkom

Prof. Marius Nel, Nuwe Testamentiese kenner, verwys in 'n onlangse lesing na Roberto Unger se wesenlike kritiek op die Christelike geloof.

Unger beskryf in sy boek Religion of the Future (2014) vier “onherstelbare gebreke” van die menslike bestaan wat 'n geloofwaardige godsdiens moet kan aanspreek: sterflikheid, grond(e)loosheid, onversadigbaarheid en die vernedering of verkleining van die menslike lewe.

In 'n onlangse voordrag verwys prof. Marius Nel, Nuwe Testamentiese kenner, hoe die vroeg-Christelike kerk van die eerste eeue die diep antwoorde op hierdie vrae prakties demonstreer het. Hy verwys na twee publikasies deur die godsdiens-sosioloog, Rodney Stark.

Rodney Stark, die Amerikaanse godsdiens-sosioloog, het in The Rise of Christianity en later in Cities of God ’n invloedryke verklaring gegee vir die merkwaardige groei van die Christelike geloof in die eerste eeue ná Christus. Sy antwoord is nie bloot dat Christene beter gepreek of gesing het, of dat die Romeinse Ryk toevallig die regte infrastruktuur vir sending gebied het nie. Sy dieper punt is dat die vroeë kerk ’n nuwe soort gemeenskap gevorm het: ’n gemeenskap waarin mense anders geleef, gesterf, behoort en vir mekaar gesorg het.

Stark toon aan hoe geloof deur verhoudings, netwerke, gesinne, stede en krisisse versprei. Volgens hom het die kerk gegroei omdat Christene in die werklike nood van mense teenwoordig was. Hulle het nie net ’n boodskap gehad nie; hulle het ’n leefwyse beliggaam. Dit is juis hier waar Roberto Unger se vier wesenlike vrae vir godsdiens help om Stark se argument dieper te verstaan.

Klik hier om 'n kort opsomming van Stark se perspektief deur die bril van Unger se vier vrae te lees - 'n opsomming wat mens help verstaan hoe die kerk vandag moet leef.

Volgende week, in Deel 3, van hierdie bespreking oor Unger se vier wesenlike vrae, kyk ons na 'n studie wat antropoloog Tanya Luhrmann oor die praktiese uitlewing van geloof gedoen het, soos gepubliseer in When God Talks Back.

Kerk se publieke rol

Elke stem tel: jou dorp of stad se toekoms begin by registrasie as kieser

Daar is min dinge so hartseer soos om te sien hoe ’n geliefde dorp of stad stadig agteruitgaan. Ons sien dit in stukkende paaie, swak dienslewering, gebrekkige instandhouding, donker straatligte en gemeenskappe wat moedeloos raak.
Maar die toekoms van jou dorp of stad lê nie net in die hande van politici nie. Dit lê ook in die hande van die mense wat daar woon, werk, kinders grootmaak en hoop vir ’n beter môre.

Kiesersregistrasie is daarom nie net ’n administratiewe stap nie. Dit is die eerste daad van verantwoordelike burgerskap. Jy kan net stem as jy geregistreer is — en jy moet in die regte wyk geregistreer wees waar jy woon.

Die gevaarlikste mite in ’n plaaslike verkiesing is dat een stem nie saak maak nie. In munisipale verkiesings kan klein verskille groot gevolge hê. Wanneer verantwoordelike burgers tuisbly, word die uitkoms steeds bepaal — net sonder hulle stem.

Plaaslike verkiesings raak ons daaglikse lewe direk: die paaie waarop ons ry, die water wat ons drink, die veiligheid van ons strate, die bestuur van openbare geld en die waardigheid van ons gemeenskappe.

Daarom is die oproep eenvoudig: maak seker jy is geregistreer. Help jou familie, vriende, kollegas en gemeentelede om dieselfde te doen.

Jou dorp of stad het nie net klagtes nodig nie. Dit het burgers nodig wat opstaan, registreer en verantwoordelik stem. Elke stem tel — ook joune.

Klik hier om aanlyn te registeer of jou registrasie na te gaan.

In Nelson Mandelabaai is kerke van alle soorte besig om saam te span om kiesers te mobiliseer, maar nie-partydig. Geen politieke party word aanbeveel of teengestaan nie. Hieronder is 'n voorbeeld van grafika uit hierdie veldtog wat op sosiale media gebruik kan word,

Vraag en antwoord

Wat dink en sê die NG Kerk oor aktuele sake?

Wat is die feite? Wat dink, sê en bely die NG Kerk oor sake soos die gesag van die Bybel as Woord van God, oor aborsie en die bose? Die Algemene Sinode is tans besig om kort opsommings oor hierdie sake voor te berei vanuit die die amptelike besluite van die Kerk.

Hierdie temas word deurlopend aangevul. Klik hier om dit te lees, en deel dit gerus met ander.

Opleiding as Bedienaar (met erediensbevoegdheid e.s.m.)

Kerkraadslede wat begeer om opgelei te word om bv eredienste te lei, jeugbediening of pastorale versorging te doen (vir meer opleidingsbane verwys na die grafika hieronder), deurloop die KAST-opleiding (kerklik-geakkrediteerde sertifikaat in teologie) by die Hugenote Kollege. Daar is ook 'n keuringsproses vir persone wat in die plaaslike gemeente in hierdie rol aangewend wil word.

Aanlyn VBO

Sewe beginsels wat 'n huwelik laat werk - Pastorale beradingskursus

Dinsdag 1 September 2026 – Zoom aanbieding - Prof Wentzel Coetzer

Prof. John Gottman, emeritus-professor in sielkunde aan die Universiteit van Washington, word wêreldwyd as een van die voorste kenners op die gebied van huweliks- en verhoudingswetenskap beskou. Oor meer as 50 jaar het sy navorsing duisende pare bestudeer en baanbrekerswerk gelewer wat die veld radikaal verander het. Sy boek, The seven principles for making marriage work, is wêreldwyd ʼn top verkoper, en in hierdie kursus gaan ons veral fokus op die belangrikste perspektiewe wat in hierdie boek aan die orde kom.

Gottman se werk het veral ook bekendheid verwerf na aanleiding van die skepping van ʼn sogenaamde ‘Love Lab’ (liefdes laboratorium) waar pare vir 24 uur saam verkeer en ook oornag. Met behulp van kameras en monitors wat ook liggaamlik gekoppel is, word daar dan fyn waarnemings gemaak van ʼn verskeidenheid van sosiale, emosionele en fisiese aspekte gekoppel aan hul interaksie met mekaar. Na jare se waarneming het Gottman en sy span byvoorbeeld die vaardigheid ontwikkel om na 15 minute se waarneming van die interaksie tussen ʼn egpaar, met 91% korrektheid te kan voorspel of die huwelik uiteindelik sal oorleef of nie. Die praktiese riglyne en merkers wat hy vanuit jare se ervaring formuleer vir huwelike om suksesvol te kan wees, is uiters insiggewend en deurslaggewend.

Teen bovermelde agtergrond sal daar in hierdie kursus deurgaans ook gefokus word op ʼn verskeidenheid van pastorale implikasies wat basies geïntegreer kan word met Gottman se benadering.

Klik hier om in te skryf.

Datum: Dinsdag 1 September 2026
Tyd: 09.00 – 13.00
Akkreditering: 5x VBO punte – CPSC punte – ook AFM PCD akkreditasie
Koste: R300 pp
Handboek te koop (opsioneel): R390 pp (R250 vir die handleiding plus R140 koerierkoste)
Navrae: 0836600409 (ook whatsApp) of e-pos: wentzelc@gmail.com

Aanlyn VBO: Preaching Luke backwards

Prof Eric Barreto, Nuwe Testamentikus, bied op 4 Augustus 'n voordrag oor die prediking van die Lukasevangelie aan. Die aanbieding vind by die NGK Stellastraat in PRetoria plaas, maar kan ook aanlyn gevolg word.

Klik hir vir meer inligting en vir die skakel om in te skryf.

Opleiding vir Brugbediening

Die weggaan van ‘n predikant in ‘n gemeente laat so ’n gemeente in ’n tyd van bepaalde onsekerheid. Die pad vorentoe is onseker totdat ‘n nuwe permanente bediening weer in plek is. Hierdie kursus poog om reeds goed opgeleide predikante verder op te lei vir wat brug of interim bediening genoem word. Dit is doelgerigte en spesialis opleiding om gemeentes tydens hierdie oorgang periode, soms deur korporatiewe trauma heen, tot voordeel van die gemeente se nuwe toekoms te begelei en waar nodig te fasiliteer.
DATUMS : Week 1: 27 – 30 Julie 2026
Week 2: 16 – 19 November 2026
Kursusleier: Prof Malan Nel

Opleiding: Hoop vir Kinders

Aberdeen hou basaar, 4 Julie

Belangrike inligting op ons webblad

Klik hier vir direkte toegang tot belangrike inligting en dokumente op ons webblad (www.ngkok.co.za):

Beskikbaar vir indiensname as faktotum / pos vir onderhoud

Johan Steyn skryf:

Bekendstellingsprofiel

Baie dankie vir die geleentheid om myself bekend te stel.
Ek is ’n praktiese, betroubare en hardwerkende persoon met ongeveer 30 jaar ondervinding in algemene herstelwerk, instandhouding en praktiese dienslewering. Ek werk graag met my hande, is oplossingsgerig en neem trots daarin om werk netjies, deeglik en betyds af te handel.

Deur die jare het ek ook geleer om mense, hulle omstandighede en hulle behoeftes met respek en geduld te hanteer. Ek is nie bang vir harde werk nie en put bevrediging daaruit om dinge reg te hou, probleme op te los en die lewe vir mense rondom my makliker en geriefliker te maak. Ek is selfstandig en kan goed funksioneer sonder voortdurende toesig.

Wat ek kan doen

Ek beskik oor goeie praktiese vaardighede en kan met die volgende take help:
Algemene herstelwerk en instandhouding
Ek kan aandag gee aan algemene herstelwerk soos krane wat lek, deure wat vasklou, slotte wat vervang moet word, ligte wat nie werk nie, meubels wat herstel moet word, basiese sweiswerk, verfwerk en algemene opknapping.
Ek werk doelgerig om take af te handel sodat mense nie onnodig hoef te wag of ongerief te verduur nie. Ek beskik ook oor my eie gereedskap.
Basiese loodgieters- en elektriese werk
Ek kan basiese herstel- en instandhoudingswerk doen, soos die herstel of vervanging van krane, die vervanging van ligte, klein elektriese herstelwerk binne veilige perke, asook roetine-instandhouding en voorkomende onderhoud.
Tuine en buitegebiede
Ek kan help met grassny, blare hark, algemene netheid op die perseel, verfwerk, opknapping en die instandhouding van buitegebiede.
Vervoer en algemene rywerk
Ek beskik oor ’n geldige en skoon bestuurderslisensie en kan behulpsaam wees met die vervoer van inwoners, personeel of goedere, asook ander algemene rywerk soos nodig.

Persoonlike eienskappe

Ek is getroud en het geen afhanklikes nie. Ek geniet goeie gesondheid en is beskikbaar vir voltydse werk. Ek is ’n gelowige mens en probeer om my lewe volgens Christelike waardes te leef.

Ek is geduldig, maar ook ferm en konsekwent wanneer dit nodig is. Ek verstaan die belangrikheid van respek, stilte, netheid en veiligheid, veral in ’n omgewing waar daar met bejaardes, inwoners, personeel of gemeentelede gewerk word.
Ek is oplettend, bewus van risiko’s en probeer om probleme betyds raak te sien voordat dit groter word. Voorkomende instandhouding en goeie waarneming is sterkpunte van my.

Beskikbaarheid

Ek is beskikbaar vir ’n permanente betrekking. Ek werk netjies, is betroubaar en neem verantwoordelikheid vir die take wat aan my opgedra word.
Ek sal dit waardeer om deel te kan word van ’n span waar ek deur my praktiese vaardighede, werksetiek en diensbaarheid kan bydra tot ’n veilige, goed versorgde en aangename omgewing vir inwoners, personeel, gemeentelede of kliënte.
Baie dankie vir u oorweging. Ek sien uit daarna om van u te hoor.

Kontak Johan by johannsteyn202@gmail.com.

NG Gemeente Uitenhage-Noord: Predikant (onbepaalde termyn)

Die NG Gemeente Uitenhage-Noord, ’n voorstedelike gemeente in Kariega, Nelson Mandelabaai, nooi gelegitimeerdes van die NG Kerk om aansoek te doen vir ’n voltydse, onbepaalde termynpos. Ons leraar emeriteer in Februarie 2027. Ons vertrou dat die Here iemand sal stuur om voort te bou op ons geestelike reis met die Here.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Julie 2026.
Klik hier vir die posbekendstelling.

Verjaarsdae in Julie

26 Junie – ds Thea Wait, NG Gemeente Port Elizabeth-De Duin
28 Junie – ds Marius Wolmarans (Welbedacht Rehabilitasie Sentrum, Gqeberha)
1 Julie – dr Dewald Davel, NG Gemeente Molteno
6 Julie – ds Robert-John de Kock, NG Gemeente Port Elizabeth-Nooitgedacht
17 Julie – ds Christo van Staden, NG Gemeente Middelburg-Karoo
19 Julie – ds Jan de Bruin, NG Gemeente Port Elizabeth-Noord
24 Julie – ds Johan (Joe) Janse van Rensburg, NG Gemeente Jeffreysbaai
30 Julie – ds Strauss Joubert, NG Gemeente Murraysburg

Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.

Leraars beskikbaar vir preekbeurte

(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)

Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:

Gqeberha (Port Elizabeth)
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
Grobbelaar, dr Jan (Snr) - 083 611 8731, grobbelaar.jan@gmail.com
Loots, ds Deon - 084 855 3444, dissipel@gmail.com
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com

Jeffreysbaai en omgewing
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068

Kariega (Uitenhage)
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Port Alfred en omgewing
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
Strydom, Ds Deon - 082 9239 567, deonstr@gmail.com
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com

Aflos (oral) vir korter of langer periodes
Dr Jan Grobbelaar (Snr) - 083 611 8731, grobbelaar.jan@gmail.com
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com

Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
Beskikbaar om die Enneagram en retraites aan te bied

Ds Deon Loots maak die Baai nou weer sy tuiste en is beskikbaar om die Enneagram of retraites in gemeentes of ringe aan te bied (084 855 3444, dissipel@gmail.com).

Leraars beweeg

Ds Adele Strauss het die beroep na die NG Kerk Retief op Despatch aanvaar en word op Sondag, 5 Julie 2026, in die amp bevestig.

Ds Attie Botha van Jansenville het die beroep na Albanie-gemeente te Grahamstad (Makhanda) aanvaar. Hy tree op 1 Augustus 2026 in diens.

Ds Marnico Wessels ontvang op 28 Junie 2026 demissie by die NG Kerk Paterson.

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
facebook twitter