|
|
|
|
|
|
|
Jaargang 24 - Nommer 15 - 22 Mei 2026
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Ruimhartige donateurs maak rampondersteuning moontlik
- Jongmense vra eerder: Waarom straf God nie slégte mense behoorlik nie?
- Tieners se brein is nog nie fisiologies volledig ontwikkel nie
- Een uit sewe Christene vervolg - lees meer oor tendense
- Leraars beweeg
|
|
|
Rampfonds ondersteun landbouers
Ruimhartige donateurs maak donasie aan vloedslagoffers moontlik
|
|
St Francisbaai tydens die vloed van 5-7 Mei 2026. 'n Dag na die verwoestende vloede in die Kromme- en Gamtoosrivier bied hierdie video 'n blik op die skade. Dié gebied is vier maande gelede deur verwoestende brande geteister.
|
Danksy die ruimhartige donasies van Oos-Kaaplandse gemeentes, lidmate en lede van die publiek kon 'n donasie aan vloedslagoffers gemaak word. AGRI Gamtoos het R100,000 uit Sinode Oos-Kaapland se rampfonds ontvang. Dit word aangewend vir noodverlening en heropbou in 'n gebiede waar gemeenskappe, gesinne en landboubedrywe ernstig ontwrig en groot verliese aangeteken is.
|
Verdere donasies is welkom, die bankbesonderhede is soos volg:
|
|
|
|
|
|
|
Waar is die kerk in die storm?
Na die onlangse vloedramp in die Kougagebied kom mens diep onder die indruk van die wyse waarop gelowiges mekaar en lede van die gemeenskap ondersteun.
|
Ds Luané McLachlan van Gamtoosvallei vertel hoedat plaaswerkers en boere almal huisvesting by vriende, familie en lidmate ontvang het. Die gemeente en gemeenskap ontvang gdonasies van voedsel, sodat almal iets het om te eet. Die landbougemeenskap het self begin om van die toegangspaaie te herbou. Hiersonder is herstel en heropbou nie moontlik nie. Van buite ontvang hulle finansiële hulp om grootmaatdiesel te kan aankoop.
|
In die Langkloof vertel ds Jaco Botha hoe die gemeenskappe verantwoordelikheid aanvaar om ook toegangspaaie te herstel. Die hoofroete tussen Kareedouw en Misgund het op vier plekke verspoel. Sodra toestemming van SANRAL verkry kan word, staan die gemeenskap gereed om ompaaie te bou. Tans moet goedere via George na Nelson Mandelabaai vervoer word, wat vervoerkoste dramaties verhoog.
|
Butestanders vra dikwels waar die kerk in die nood is. Die antwood is: die kerk is daar, tussen die mense, besig om 'n verskil te maak.
|
|
|
|
|
|
Die vraag oor God en lyding verander
Waarom straf God nie slegte mense (deeglik!) nie?
|
|
Jongmense vra vandag ander vrae oor God se goedheid terwyl hulle worstel met vrae oor lyding, geregtigheid en God se heerskappy. Hulle vra nie meer soseer waarom goeie mense ly nie, maar waarom slegte mense skynbaar nié gestraf word nie.
|
“Waar is God se oordeel oor onderdrukkers? As God werklik bestaan, waarom het Hy hierdie mense nog nie vir hulle sonde neergevel nie?” skryf Jared Dodson, ’n dosent wat die Bybelkunde aan Gen Z-studente onderrig, vandeesweek in ’n artikel vir Christianity Today. Hy gaan voort:
|
|
|
|
Een van die duidelikste voorbeelde van hierdie verskuiwing het gekom toe ek die lewe van Dawid in my oorsigkursus oor die Ou Testament behandel het. My studente het nie gestruikel oor die verhaal van Dawid se sonde teen Batseba en haar man nie, maar oor wat daarna gebeur het. Hulle was diep ontsteld dat Dawid volgens hulle te maklik daarvan afgekom het. Nie net dit nie, het hulle gewonder, maar waar is Batseba se regstelling in die verhaal? En hoe kon Bybelskrywers later steeds na Dawid verwys as ’n positiewe voorbeeld van geloofstrou? Die probleem vir hulle was nie Dawid se sonde nie — dit het hulle nie verbaas nie. Die probleem was God se vergifnis en genade.
|
|
“Uit wat ek in die klaskamer waarneem, lyk dit of Gen Z boosheid en gebrokenheid verwag,” sê hy. Dodson wys na die Psalms as een manier om saam met jongmense te stap wanneer hulle daarna smag dat God die kwaad uitwis.
|
Hy waarsku egter dat hierdie verlange verdraai kan word — selfs tot ’n openheid vir geweld. “Wat ek in my klaskamer sien, is dat Gen Z se verlange na geregtigheid gevorm moet word na die beeld van Jesus die Messias, wat sy lewe vir ons gegee het terwyl ons nog magteloos en goddeloos, sy vyande was (Rom. 5:6–10),” skryf hy verder. “Hierdie verlange moet nie voortkom uit ’n wêreldse viering van genadelose straf vir oortreders nie, maar uit die liefde wat ryke tot in hulle fondamente laat skud.”
|
|
|
|
|
|
Een uit sewe Christene vervolg
Tendense in die wêreldwye vervolging van Christene
|
|
Wêreldwyd ervaar 1 uit elke 7 Christene hoë vlakke van vervolging en diskriminasie weens hul geloof.
|
Daar is plekke in die wêreld waar dit só gevaarlik is om Jesus te volg dat dit eintlik onmoontlik behoort te wees. Dit is plekke waar Christene nie saam mag aanbid nie, en waar die besit van ’n Bybel selfs tot ’n doodsvonnis kan lei.
|
In hierdie lande ervaar meer as 388 miljoen Christene hoë vlakke van vervolging en diskriminasie weens hul geloof. Van hierdie Christene woon 315 miljoen in die top 50 lande op Geopende Deure se World Watch List (WWL), waar gelowiges baie hoë of uiterste vlakke van vervolging en diskriminasie beleef.
|
|
|
|
|
|
Neurowetenskap werp nuwe lig
Onthou, die tienerbrein is nog nie volledig ontwikkel nie
|
|
Susan Storm skryf op psycologyjunkie.com oor die mite dat 'n tiener se brein wesenlik reeds 'n volwasse brein is, slegs met minder ervaring agter die blad:
|
Het jy geweet die brein is die laaste orgaan wat ten volle ontwikkel? Dis waar. Die tienerbrein is nog besig om baie te ontwikkel. Trouens, die prefrontale en frontale korteks — die dele van die brein wat verantwoordelik is vir uitvoerende besluitneming en oordeel — is eers ten volle ontwikkel wanneer ’n mens in jou middel- tot laat twintigs is.
|
Frances Jensen, skrywer van The Teenage Brain, verduidelik dat ons brein ’n natuurlike isoleringslaag het, genaamd miëlien, wat die verbindingsgebiede binne-in die brein bedek. Om vinnige seine van een deel van die brein na ’n ander te stuur, moet hierdie verbindings goed geïsoleer wees. Hierdie isoleringsproses begin agter in die brein en voltooi uiteindelik voor in die brein, rondom die prefrontale en frontale korteks. Hierdie proses is eers klaar in die middel- tot laat twintigs, of selfs later.
|
Wat dit beteken, is dat tieners se stryd met impulsbeheer, empatie, besluitneming en waaghalsige gedrag dikwels verband hou met die feit dat die verbindings voor in die brein nog nie volledig geïsoleer is nie.
|
Wanneer ’n mens jou dertigs bereik, kan jy baie vinniger toegang tot hierdie deel van die brein kry. Teen daardie tyd is die brein volledig geïsoleer, en verbindings vind teen ’n ongelooflike vinnige spoed plaas. Tieners moet egter met baie stadiger seine in die frontale en prefrontale korteks werk. Dit kan daartoe lei dat hulle meer impulsiewe besluite neem en sukkel om langtermynbesluite goed te neem.
|
Aan die positiewe kant: tieners kan vinniger leer en hulle herinneringe hou langer as dié van volwassenes! Dit is dus nie alles slegte nuus vir tieners nie. Hulle het iets wat “verhoogde sinaptiese plastisiteit” genoem word. Dit beteken dat hulle vinniger kan leer en meer inligting kan inneem as volwassenes.
|
Die tienerbrein is ook meer vatbaar vir verslawing en word sterker negatief geraak deur die uitwerking van alkohol. Jensen het in ’n onderhoud met NPR gesê:
|
|
|
|
“Ja, alkohol raak eintlik belangrike breinprosesse wat op hoër vlakke in tieners as in volwassenes voorkom. Daar is dus meer teikenmateriaal vir alkohol in die ontwikkelende brein as later in die lewe. Daarom kan dit ’n meer toksiese uitwerking hê … strawwe drinkery kan inderdaad breinselle in die adolessente brein doodmaak, terwyl dit nie in dieselfde mate in die volwasse brein gebeur nie … Dus, met dieselfde hoeveelheid alkohol, en dieselfde bloedalkoholvlak, kan ’n adolessent permanente breinskade opdoen. By ’n volwassene kan dit ernstige verdowing veroorsaak, maar nie noodwendig werklike breinskade nie.”
|
|
|
|
|
|
|
Praktiese jeugbediening
Verhoog deelname tydens kategese
|
Baie keer dink ons dat deelname beteken dat meer mense moet praat, maar wat as dit eintlik beteken dat meer mense regtig teenwoordig is?
|
Luister in dié DinkJeug-podcast na Divvie van Niekerk wat praat oor sewe maniere om deelname tydens kategesegesprekke te verhoog.
|
|
|
|
Basaar op King William's Town
|
|
|
|
|
|
|
Pannekoeke by Despatch-Suid (ook vir aflewering)
|
|
|
|
|
|
Warm Harte Winterkonsert - en 'n kans om 'n goeie daad te doen
|
|
Die 'Warm Hearts Concert' is ook n geleentheid om hulp te verleen aan die gemeenskapsprojek van Sidwell, Sydenham, Noordeinde, New Brighton en Algoapark. 1. Bederfbare en nie-bederfbare kos vir kinders se naskool- kombuis. 2. Warm toppies/truitjies en bedsokkies vir kinders. 3. Vir bejaardes is 'fleecy' kombersies, serpe en bedsokkies baie nodig.
|
|
Kom ondersteun die konsert en pragtige sang, maar ons vra minstens een van bogenoemde items as n ekstra bydrae om iemand anders warm te maak hierdie winter.
|
|
|
|
|
|
Steytlerville-gemeente hou basaar en dié dorp vier fees - 'n naweek lank
|
Lize Hayward van Steytlerville skryf: Die geleentheid is nie net ‘n gewone basaar nie, maar die kerk maak gebruik van die dorp se 150ste feesvieringe oor drie dae in Mei om broodnodige fondse in te samel. Op hierdie manier kan mense wat dit bywoon ‘n verskeidenheid van interessante ervaringe beleef oor ‘n hele wegbreeknaweek.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
GESOEK: Jou boodskap aan jou dominee en gemeente
|
In Augustus vanjaar vind ’n unieke saamtrek van NG dominees op Goudini plaas. Byna 700 word verwag. Kerkbode en LiG wil daar ‘n video-boodskap speel wat uit die harte van gemeentes en lidmate kom.
|
Maak 'n kort videogreep waarop jy hierdie drie vrae antwoord:
|
* Hoekom is geloof vir jou nog belangrik? * Wat beteken jou gemeente vir jou? * Waarvoor wil jy vir jou dominee dankie sê?
|
Stuur jou videogreep op WHATSAPP na 072 378 2618. Jy kan ’n boek wen vir jou moeite. Stuur jou naam as jy in aanmerking wil kom vir die trekking. Sluitingsdatum: 15 Mei 2026. Hier is meer agtergrond.
|
|
|
|
|
|
Belangrike inligting op ons webblad
Klik hier vir direkte toegang tot belangrike inligting en dokumente op ons webblad (www.ngkok.co.za):
|
|
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO met prof Wentzel Coetzer
Die Digitale impak op Kinders en Jongmense - Praktiese en Pastorale Riglyne (10 Junie)
Die ontwikkeling van die Internet en die positiewe bydrae wat dit kan lewer op verskillende terreine is fenomenaal – tog is die moontlike negatiewe invloed ook oorweldigend. Dit kan olie op die vuur wees van reeds bestaande verslawings of verkeerde lewenstyl keuses en sodoende ontwikkel tot ‘n vernietigende invloed met dieselfde krag as 'n tsunami.
|
Veral sedert 2012 was daar volgens prof Jonathan Haidt, 'n kundige op die terrein van die sosiale sielkunde, ʼn massiewe toename van geestesprobleme onder jongmense. Hospitaal opnames as gevolg van selfbesering het met 62% toegeneem onder ouer tiener meisies, en met 'n skokkende 189% onder meisies tussen 10 en 14 jaar. Die selfdoodsyfer onder hierdie jong groep het ook meer as verdubbel. Haidt wat wys ook op 'n beduidende korrelasie (0.2) tussen sosiale media-gebruik en depressie, spesifiek by meisies. Verder is die toenemende tendens die afgelope aantal jare in talle lande om strenger maatreëls deur middel van wetgewing te formuleer ter beskerming van die geestestoestand van kinders en jongmense – hiermee saam ook al strenger maatreëls om oormatige gebruik van elektroniese toestelle in skole aan bande te lê.
|
Teen bovermelde agtergrond sal daar in hierdie kursus ten slotte ook gefokus word op 'n aantal praktiese en pastorale riglyne aan almal wat betrokke is by die begeleiding van kinders en jongmense met betrekking tot die digitale wêreld.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in Mei
5 Mei – Ds Dewald Vermaak, NG Gemeente Aliwal-Noord 6 Mei – Ds Rion van Niekerk, NG Gemeente Bothasrus 15 Mei – Ds Conrad Thomas, NG Gemeente Humansdorp 21 Mei – Ds Ulrich Barnard, NG Gemeente Port Elizabeth-Sherwood 29 Mei – Dr Christo Herbst, NG Gemeente Colesberg
|
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
|
Loots, ds Deon - 084 855 3444, dissipel@gmail.com
|
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
|
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
Beskikbaar om die Enneagram en retraites aan te bied
|
|
Ds Deon Loots maak die Baai nou weer sy tuiste en is beskikbaar om die Enneagram of retraites in gemeentes of ringe aan te bied (084 855 3444, dissipel@gmail.com).
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|
|