|
|
|
|
|
|
|
Jaargang 24 - Nommer 32 - 16 Oktober 2026
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Is daar hoop vir Suid-Afrika? "Ja!", sê Michael Cassidy
- Laai gratis publikasies by die CLF af
- Gebruik hierdie gebede tydens eredienste in aanloop tot die verkiesing
- Leer 5 maniere om jammer te sê
|
|
|
|
|
4 November 2026
Ons gemeenskappe se toekoms word bepaal deur dié wat stem
|
|
Op 4 November besluit die inwoners van gemeenskappe regoor ons land wie die plaaslike regeringfunksies die volgende vyf jaar gaan bestuur.
|
Ná jare van gebroke beloftes, onstabiele koalisies en onbetroubare dienslewering voel baie inwoners moedeloos. Sommige glo dat hul stemme niks verander nie.
|
Dié frustrasie is verstaanbaar. Maar om by die huis te bly, straf nie swak leierskap nie. Dit laat die keuse van toekomstige leiers oor aan dié wat wel stem, en verswak die publiek se vermoë om leiers aanspreeklik te hou.
|
Daarom het leiers van 20 Christelike denominasies en groot onafhanklike kerke in Nelson Mandelabaai ’n gesamentlike standpunt oor die 2026 plaaslike verkiesing gesteun. Ons bied dit graag as 'n getuienis aan gemeenskappe regoor ons land aan.
|
Dit is ’n belangrike teken van eenheid tussen verskillende kerktradisies. Ons wil nie vir mense sê vir watter party of kandidaat hulle moet stem nie. Die kerke bly streng niepartydig. Ons wil stemgeregtigde inwoners aanmoedig om deel te neem en hulle help om ingeligte en verantwoordelike keuses te maak.
|
Vir Christene is stem een praktiese manier om die gemeenskap se welstand te bevorder. Jesus roep sy volgelinge om sout en lig te wees.
|
Ons kan dié roeping nie losmaak van die omstandighede waarin ons bure leef nie. Wateronderbrekings, kragprobleme, rioolstortings, stukkende paaie, donker strate en vullis wat nie verwyder word nie, raak almal. Die swaarste las rus egter dikwels op arm huishoudings, werklose jongmense, vroue, ouer mense en mense met gestremdhede.
|
Plaaslike regering is dus baie belangrik. Die plaaslike regering moet openbare geld verantwoordelik bestuur, infrastruktuur in stand hou, basiese dienste lewer, die stad se ontwikkeling beplan en omstandighede skep waarin ondernemings en werkgeleenthede kan groei. Die raad moet openbare ruimtes veilig en gesond hou, korrupsie voorkom en inwoners by besluite betrek.
|
Dié verantwoordelikhede vra meer as aantreklike slagspreuke. Dit vra raadslede met goeie oordeel, toepaslike kennis en die moed om munisipale amptenare aanspreeklik te hou.
|
Die Bybel skryf nie ’n politieke party voor nie. Dit gee wel waardes waarvolgens ons leierskap kan beoordeel. Deuteronomium praat van leiers wat verstandig, insigryk en gerespekteer is. Jesus beskryf leierskap as diensbaarheid, nie as ’n soeke na status of mag nie.
|
Kiesers behoort daarom na kandidate se karakter, bekwaamheid, ervaring en prestasie te kyk. Is hulle eerlik? Verstaan hulle hoe plaaslike regering werk? Het hulle mense getrou gedien? Is hul beloftes realisties? Sal hulle die gemeenskap se belange bo partybande en persoonlike voordeel stel?
|
Ons moet sowel individuele kandidate as politieke partye deeglik beoordeel. Wykskandidate behoort hul gemeenskappe te ken, toeganklik te wees en inwoners se bekommernisse na die raad te neem.
|
Partye behoort hul proporsionele verteenwoordiging- (PR-) lyste bekend te maak en te verduidelik waarom die mense op dié lyste geskik is om te regeer. Die lyste behoort bekwame vroue en mans in te sluit met kennis van onder meer finansies, ingenieurswese, beplanning, die reg en bestuur.
|
’n Partynaam alleen is nie genoeg rede om die stad se toekoms aan iemand toe te vertrou nie.
|
Wanneer min mense stem, kry georganiseerde politieke groepe groter invloed en kan swak presterende leiers beskerm bly. Dan besluit ’n betreklik klein groep namens die hele stad. Om nie te stem nie, maak jou nie neutraal nie; dit gee jou invloed aan ander oor.
|
Die kerke se inisiatief sal die weke voor die verkiesing gebruik om hierdie boodskap deur gemeentes, eredienste en sosiale media te versprei. Predikante en kerkleiers word gevra om oor aspekte van die dokument te gesels, dit te versprei en die meegaande grafika en ander inligting wat ontwikkel is te deel.
|
Die materiaal fokus op Christelike verantwoordelikheid, Bybelse waardes, etiese en bekwame leierskap, die gevolge van swak plaaslike regering, die gevaar van kiesers se onbetrokkenheid en die praktiese inligting wat elke kieser nodig het.
|
Kiesers in metrogebiede sal twee geheime stembriewe ontvang. Op die een stem hulle vir ’n wykskandidaat wat ’n bepaalde gemeenskap verteenwoordig. Op die ander stem hulle vir ’n politieke party; dié stem help bepaal hoeveel PR-setels elke party kry. In landelike gebiede kry kiesers drie stembriewe, een vir die wyksraadslid en ander wat ook breër verteenwoordiging bepaal.
|
As tipiese voorbeeld: Die metrorraad in Nelson Mandelabaai bestaan uit 60 wyksraadslede en 60 PR-raadslede (proposionele raadslede). Jy hoef nie op albei stembriewe vir dieselfde party te stem nie. Albei stemme is belangrik en verdien deeglike oorweging.
|
Kiesers behoort voor die verkiesingsdag te bevestig waar hulle geregistreer is. Hulle kan dit by www.elections.org.za doen of die Verkiesingskommissie by 0800 11 8000 kontak. In ’n munisipale verkiesing moet kiesers by die stemlokaal stem waar hulle geregistreer is. Hulle moet ’n Suid-Afrikaanse groen strepieskode-identiteitsboek, slim-ID-kaart of geldige tydelike identiteitsdokument saamneem. ’n Bestuurslisensie of paspoort word nie aanvaar nie.
|
Mense wat nie op die verkiesingsdag op die gewone manier kan stem nie, behoort die OVK se vereistes en sperdatums vir ’n spesiale stem na te gaan.
|
Ons oproep is eenvoudig: vind uit wat aangaan, verwerp intimidasie en leë beloftes, en stem vry en verantwoordelik. Gesels met familielede, bure en jong volwassenes wat dalk vir die eerste keer stem.
|
Bestudeer die kandidate en partylyste. Vra wie die integriteit, bekwaamheid en toewyding het om die hele metro te dien—insluitend townships, informele nedersettings, voorstede en landelike gemeenskappe. Demokrasie is die sterkste wanneer baie mense daaraan deelneem.
|
Die toekoms van ons gemeenskappe word bepaal deur dié wat gaan stem. Kom ons gebruik ons stemme op 4 November verstandig.
|
|
|
|
|
|
|
Dr Michael Cassidy
Is daar hoop vir Suid-Afrika?
|
|
Die bekende spreker en stigter van African Enterprise ('n organisasie wat fokus op die evangelisering van stede in Afrika) het Nelson Mandelabaai op 13 Oktober as deel van 'n legacy-toer besoek. Cassidy is 'n hoogbejaarde man van 90, met steeds 'n vlymskerp brein en 'n sterk stem. Sy vraag was: IS daar hoop vir Suid-Afrika?
|
Cassidy het sy lewe daaraan gewys om die groot stede van Afrika te evangeliseer. Hy het 'n groot rol agter die skerms in die aanloop tot die 1994-verkiesing gespeel om partye by die tafel te kry.
|
|
Luister en kyk gerus hoe Cassidy oor toewyding aan die Her en die wyse waarop SA genees kan word, praat.
|
|
|
|
|
|
Laai gratis publikasies by die CLF af
|
|
'n Hele aantal uitstekende, gratis publikasies kan aanlyn by die CLF afgelaai word - klik hier.
|
|
Dan bied die CLF ook 15% afslag op publikasies tot aan die einde van Oktober aan:
|
|
|
|
|
|
|
4 November 2026
Liturgiese gebede aan die aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing
In die drie weke voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November 2026 nooi ons gemeentes om op ’n polities onpartydige manier vir die verkiesing te bid. Ons doen dit omdat ons glo dat Christus se heerskappy ook die openbare lewe omvat en dat die kerk ’n profetiese roeping in die samelewing het.
|
Kerke in Nelson Mandelabaai het saamgespan om liturgiese gebede tesame met gebedsonderwerpe vir voorbiddingsgroepe op te stel. Die drie gebede is bedoel om opeenvolgend op 18 en 25 Oktober en 1 November gebruik te word.
|
Die gebede kan tydens eredienste en ander gemeentebyeenkomste gebruik word, en die gebedstemas vir gebedsgroepe en ander gebedsbyeenkomste.
|
- Die gebede volg ’n trinitariese patroon: in die eerste week bid ons tot God die Vader, in die tweede week tot God die Seun en in die derde week tot God die Heilige Gees.
- Die gebedstemas sluit aan by drie Bybelgedeeltes oor leierskap in die openbare lewe.
Die gebedsmateriaal is in isiXhosa, Afrikaans en Engels beskikbaar. Dit is redigeerbare Word-dokumente, sodat predikante en aanbiddingsleiers dit by plaaslike behoeftes kan aanpas.
|
|
Aangesien almal in die metro in dieselfde bootjie is en afhanklik van dienslewering, is daar reeds gemeentes wat aangedui het hulle gaan die gebede in al drie tale tydens eredienste bid.
|
|
|
|
Nelson Mandelbaai
Ekumeniese gebedsbyeenkoms vir die plaaslike regeringsverkiesing
Die plaaslike SA Raad van Kerke nooi alle gemeentes van die Nelson Mandelabaai Metro om 'n gebedsbyeenkoms vir vreedsame deelname tydens die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November 2026.
|
Die besonderhede is soos volg: Datum: 22 Oktober
|
|
Plek: Anglikaanse Katedraal langs die openbare biblioteek, oorkant die stadsaal.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Aanlyn pastorale beradingskursus, 17 November 2026
Vyf maniere om te sê: "Ek is jammer", met prof Wentzel Coetzer
|
In hierdie kursus word gefokus op die vyf apologie tale soos treffend beskryf in die boek, The 5 apology languages. The secret to healthy relationships, deur Gary Chapman en Jennifer Thomas. By die konferensie van die American Association of Christian Counselors in September 2025 het Dr Chapman ook ʼn treffende voordrag rondom hierdie tema gelewer.
|
|
Hierdie vyf apologie tale het reeds vanuit die praktyk geblyk ʼn kragtige instrument te wees in situasies waar daar ʼn emosionele skaakmat was rondom verhoudinge. Dit gaan basies om vyf maniere waarop gesê kan word dat ek jammer is. Verder is dit ook belangrik dat ek die primêre apologie taal sal ken van die persoon teenoor wie ek apologie wil aanteken ten einde te verseker dat my apologie die nodige trefkrag sal hê. Dit gaan hier om ʼn kragtige beginsel in die heling van vertroebelde verhoudings en verwonde emosies. 'n Apologie wat as opreg beleef word, open gewoonlik die deur tot vergifnis en die genesing van pyn wat soms oor jare heen geakkumuleer het.
|
Die belangrikste riglyne vanuit die boek van Chapman en Thomas word vervolgens aan die orde gestel tesame met verdere pastorale kommentaar en voorbeelde.
|
|
Koste beloop R300 per persoon. Klik hier om in te skryf.
|
|
|
|
|
|
Aanlyn
Gesprek oor die 16de-eeuse Reformasie en vandag
|
|
|
Op die vooraand van Hervormingsdag nooi ons julle graag uit na ‘n webinar waar ps. Felix Meylahn, dr. Angelique Havenga en dr. Tom Smith gaan gesels oor wat die 16de-eeuse Reformasie en stemme soos Luther en Calvyn vandag, in 2026, nog vir ons te sê het. Sluit op 19 Oktober aan van 16:30 tot 17:30. Registreer hier.
|
|
Die skakel vir die aanlyn gesprek word na registrasie aangestuur.
|
|
|
|
|
|
Vir jou dagboek
Global Leadership Summit te Jeffreysbaai - 7 November
|
|
|
|
|
|
Opleiding as brugleraar
|
DOEL: Die weggaan van ‘n predikant in ‘n gemeente laat so ’n gemeente in ’n tyd van bepaalde onsekerheid. Die pad vorentoe is onseker totdat ‘n nuwe permanente bediening weer in plek is. Hierdie kursus poog om reeds goed opgeleide predikante verder op te lei vir wat brug of interim bediening genoem word. Dit is doelgerigte en spesialis opleiding om gemeentes tydens hierdie oorgang periode, soms deur korporatiewe trauma heen, tot voordeel van die gemeente se nuwe toekoms te begelei en waar nodig te fasiliteer.
|
DATUMS: WEEK 1 : 16 - 19 November 2026 WEEK 2 - 8 - 11 Februarie 2027 KURSUSLEIER: Prof. Malan Nel DOSENTE: Malan Nel, Roelf Opperman, Hannes J van Rensburg, Stephan de Beer en nog 6 ander . KURSUSKOSTE: R4 850 (VAT Ingesluit) Kontak Irene vir die bankbesonderhede PLEK: NG Kerk Stellastraat, Pretoria/DRC Stella Street, Pretoria VBO-KREDIETE: 70 Registrasie sluit 16 Oktober 2026 NAVRAE: Irene Thomas, 012 420 4952, irene.thomas@up.ac.za
|
|
|
|
|
|
Gys van Schoor deel agtergrond
Uitnodiging: Neem gerus deel aan Geloofsreis 2027
|
|
|
In hierdie aanbieding stel ds Gys van Schoor en medewerkers die Geloofsreis met Jesus 2027 bekend. Dit vind in Oos-Kaapland plaas en is bedoel vir predikante en gemeenteleiers. Belangstellendes kan gerus met ds Tobie van Schoor kontak maak vir meer inligting: 2bvanschoor@gmail.com
|
|
|
|
|
|
|
|
Basaar by Dagbreek-gemeente op Despatch, 30 Okt
|
|
|
|
|
|
Fees by Blouwaterbaai Familiekerk, 30-31 Oktober
|
|
|
|
|
|
LIG-konsert, 24 Oktober 2026
|
|
|
Woon die konsert fisies of aanlyn by. Koop jou kaartjies hier:
|
|
|
|
|
|
Despatch-Bothasrus vier 85-jarige fees, 21 November
|
Bothasrus gemeente vier op 21 November 2026 ons 85ste verjaarsdag. Ons vier die verjaardag met ‘n groot Kos-&-Kuierfees. Heerlike basaarkosse, kunsstalletjies, boeresport, tuk-tuk ritte en kaskarritte. ‘n Dag van pret, plesier en baie lag en eet word beplan. Sondag 22 November is dit ‘n Dankdiens om dankie te sê vir die Here se genade oor 85 jaar vir Bothasrus. Nagmaal. Die aand sal ons Kerssangdiens wees.
|
|
|
|
|
|
|
Belangrike inligting op ons webblad
Klik hier vir direkte toegang tot belangrike inligting en dokumente op ons webblad (www.ngkok.co.za):
|
|
|
|
|
|
|
|
Vakature: PSD Diens van Barmhartigheid
Voltydse senior leierskapspos by die Vrystaatse Sinode
|
‘n Toegewyde en dinamiese leier met ‘n hart vir mense in nood word gesoek om as PSD: Diens van Barmhartigheid te dien. Die pos bied die geleentheid om barmhartigheid terug te bring na die hart van die gemeente: van noodleniging na ‘n verhoudingsgebaseerde, missionale diakonaat wat gemeentes self dra. Die suksesvolle kandidaat kan diakonaat teologies begrond én prakties in gemeentes laat gebeur sodat gemeentes, ringe en ander rolspelers saam doeltreffende en volhoubare ondersteuning bied.
|
|
Klik hier om die posbeskrywing en verdere inligting te lees.
|
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in Oktober
Veels geluk aan die leraars wat tot die einde van Oktober verjaar:
|
4 Oktober – ds Franz Gottschalk, NG Gemeente Rhodes 7 Oktober – ds Wicus Wait, NG Gemeente Port Elizabeth 13 Oktober – ds Llewellyn Oliver, NG Gemeente Uitenhage 13 Oktober – dr Paul Stoltz, NG Gemeente Algoapark 21 Oktober – ds Arrie Preller, NG Gemeente Despatch-Suid 22 Oktober – ds Attie Botha, NG Gemeente Albanie 29 Oktober – ds Ruan Nieuwenhuizen, NG Gemeente Somerset-Oos 30 Oktober – dr Gerard Olivier, NG Gemeente Grasvoëlkop
|
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
|
Grobbelaar, dr Jan (Snr) - 083 611 8731, grobbelaar.jan@gmail.com
|
|
Loots, ds Deon - 084 855 3444, dissipel@gmail.com
|
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
|
Strydom, Ds Deon - 082 9239 567, deonstr@gmail.com
|
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
Dr Jan Grobbelaar (Snr) - 083 611 8731, grobbelaar.jan@gmail.com Ds Louis Fourie; 0822946284; louisfourie2008@gmail.com
|
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
Beskikbaar om die Enneagram en retraites aan te bied
|
|
Ds Deon Loots maak die Baai nou weer sy tuiste en is beskikbaar om die Enneagram of retraites in gemeentes of ringe aan te bied (084 855 3444, dissipel@gmail.com).
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Ds Ruan Nieuwenhuizen van Somerset-Oos het die beroep na die NG Gemeente Uitenhage-Noord aangeneem. Sy bediening begin op 1 Maart 2027, aangesien ds Tobie van Schoor in Februarie emeriteer..
|
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|
|