|
|
|
|
|
|
|
Jaargang 24 - Nommer 17 - 5 Junie 2026
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Ringe byeen: Praktiese planne om God se liefde sigbaar te maak
- Pous Leo: Kunsmatige intelligensie bring werksverliese, maak rykes ryker en moedig oorlog aan
- Hoe gaan dit in vloedgeteisterde gemeenskappe?
- Leraars beweeg
|
|
|
Leiersberaad maak planne om geloof prakties in gemeenskappe uit te leef
|
|
|
|
Lede van die Ring van Graaff-Reinet by die Leiersberaad, kliphard aan die ontwerp van 'n impakproses
|
Hoe kan ons, geïnspireer deur die lewende God, van ons gemeenskappe beter en meer leefbare plekke maak? Watter praktiese vaardighede, insigte, gesindhede en gewoontes verg dit van ons as gemeentes? Wat is die beste praktyke - getoets deur - tyd - wat ons hiermee kan help?
|
Dit was die vrae waaroor meer as 50 leiers van Oos-Kaaplandse ringe tydens die Leiersberaad van 2 tot 4 Junie 2026 in Gqeberha nagedink het.
|
Die driedaagse werksessie is gelei deur dr Frederick Marais, dekaan van die Sentrum vir Sosiale Innovasie aan die Hugenote Kollege.
|
|
Die proses begin by die werklike pyn wat mense ervaar en die Here wat gelowiges se harte roer om 'n verskil te maak. Beste praktyk leer dat die wysheid om so 'n projek te laat ontplooi by mense in die gemeenskap begin. Dit is ook belangrik om die regte faktore wat die pyn veroorsaak te identifiseer - in die nouste oorleg met die persone wat dit ervaar.
|
|
|
|
|
|
Teresa Opperman van Hofmeyr Hugs of Hope vertel die verhaal van hul gemeenskapsprojek
|
|
Tydens die gesprek het Teresa Opperman, Ring van Graaff-Reinet, vertel hoe die Here haar op die lot van kinders in die gemeenskap attent gemaak het.
|
Sy het met ander saamgespan om meer oor die werklike omvang van nood te ontdek en toe praktiese planne te maak.
|
Só het Hofmeyr Hugs of Hope tot stand gekom. Hulle het lank vanuit die kerksaal bedien, maar het vanjaar as 'n wonderlike geskenk 'n leë gebou vir gebruik ontvang, want hul bedrywighede nou verder laat uitbrei het.
|
|
In tye van spanning en onsekerheid het die Here haar telkens herinner aan die oorspronklike uitnodiging om die lewe van kinders beter te maak.
|
|
|
|
|
Die Leiersberaad was 'n praktiese werksessie waar sinisme en slagofferskap vervang is deur die wete dat die lewende God steeds in gemeenskappe betrokke is, besig met die missie om lewenskwaliteit te dien. Die beraad is inspireer deur die Here se visie opgeteken in Esegiël 47, waar lewende water vanuit God se teenwoordigheid vloei om genesing in doodsheid te bring.
|
|
|
Wandel in die Woord uit Esegiël 47
|
Die sosiale innovasieproses bou voort om verlede jaar se Leiersberaad, tesame met die Sinode van 2025 waar waardevolle momentum vir die proses opgebou het.
|
|
Ringe het nou geleentheid om die projekte wat tydens die beraad vorm aangeneem het in ringsprojekte te omskep en vir finansiële ondersteuning aansoek te doen.
|
|
|
|
|
|
|
Werksdokumente met eerste konsepte van projekte ontwikkel tydens die Leiersberaad 2026
|
|
|
|
Plekke van "sagte fassinasie", waar genesing plaasvind
|
|
"Die natuur blyk belangrik te wees vir mense."
|
Byna opsetlik onderbeklemtonend open hierdie droeë sin Rachel en Stephen Kaplan se boek The Experience of Nature (1989). Die Kaplans was sielkundeprofessore aan die Michigan-universiteit en in beheer van navorsingsprogramme oor omgewingsielkunde. Hulle begin hulle werk in die 1970's deur 'n wildernisprogram in Michigan se woude te evalueer. Wat hulle gevind het, is tegelyk eenvoudig en diepgaande: die moderne gees, uitgeput deur die onophoudelike eise van gefokusde aandag, het 'n plek nodig om te herstel. En die natuur, veral omgewings ryk aan wat die Kaplans "sagte fassinasie" noem, is waar die herstel plaasvind.
|
Die Kaplans se konsep van sagte fassinasie is die kern van hul aandag-herstelteorie (Attention Restoration Theory). Dit verwys na 'n spesifieke soort aandag wat die natuur by ons wek waar die gees geboei word, maar jy nie hoef te konsentreer of "aangeskakel" te wees nie. Rollende branders, wolke, voëls wat vlieg, die beweging van 'n rivier of blare – dit is dáár waar jy net eenvoudig kan kyk en wees.
|
Ons ou vriend, die vader van analitiese sielkunde, Carl Jung, kom met 'n ander pad na dieselfde ding.
|
"Walking in the woods or lying on the grass, taking a bath in the sea, are from the outside; entering the unconscious, entering yourself through dreams is touching nature from the inside, and this is the same thing, things are put right again."
|
Tussen 1913 en 1916 gaan Jung deur 'n intense persoonlike krisis – hy raak vervreem van sy naaste medewerker, Sigmund Freud, oor hulle verskille oor die die aard van die psige en die onderbewuste. Hy begin sy eie onderbewuste te verken deur 'n tegniek wat hy "aktiewe verbeelding" noem. Hy laat homself toe om in dagdrome te "val" en skryf alles wat hy sien en ervaar op – die resultaat is dialoë met interne figure, mitologiese reise en diepgaande simboliese ervarings. The Red Book: Liber Novus, word dekades ná sy dood gepubliseer. Daar is 'n ongelooflik mooi stuk oor die see:
|
“As a drop in the ocean, you take part in the current, ebb and flow. You swell slowly on the land and slowly sink back again in interminably slow breaths. You wander vast distances in blurred currents and wash up on strange shores, not knowing how you got there. You mount the billows of huge storms and are swept back again into the depths. And you do not know how this happens to you."
|
Dejan Stojanović, die Serwies-Amerikaanse digter, vat dit vir my in hierdie reël vas: "I am the shore and the ocean, awaiting myself on both sides."
|
|
Deur Anneliese Burgess, oorgeneem uit Binne+Land
|
|
|
|
|
|
Kerke neem deel
Protes teen swak dienslewering
|
|
Die Nelson Mandela Bay Civil Society Coalition, waarvan verskeie kerke soos die NG Kerk deelneem, het op 28 Mei 'n protesaksie tydens die byeenkoms van die stadsraad in Nelson Mandelabaai geloods. Soos raadslede arriveer het, het hulle verby die plakkate beweeg.
|
Die aksie beklemtoon verskeie sleutelverwagtinge van die stadsraad, soos om onmiddellike 'n bekwame en etiese stadsbestuurder aan te stel, die verskaffingsketting te beveilig, korrupsie teen te gaan en infrastruktuur te beskerm en te herstel, waaronder water, elektrisiteit en sanitasie.
|
Die impak van die swak bestuur op feitlik almal in die metropool is ook uitgelig.
|
Protesaksie is vreemd in ons kultuur. Nogtans vertrou ons dat die sigbare protes toenemend ondersteun sal word. Dit help nie om slegs om die braaivleisvure te kla nie.
|
|
Klki hier om na Algoa FM se video en beriggie oor die protesaksie te kyk.
|
|
|
|
|
|
Pouslike ensikliek trek wêreldwye aandag
Kerke en gelowiges moet leiding gee oor kunsmatige intelligensie
|
|
Pous Leo XIV se kernargument is dat KI nie bloot ’n tegniese hulpmiddel is nie, maar ’n magtige nuwe krag wat die mensdom se verstaan van waarheid, werk, vryheid, oorlog, opvoeding en menswaardigheid verander. Hy gebruik twee Bybelse beelde: Babel en Jerusalem. Babel staan vir tegnologie wat deur trots, wins, beheer en magsug gedryf word. Jerusalem, soos in Nehemia, staan vir gedeelde verantwoordelikheid, gemeenskap, geregtigheid en die opbou van die gemeenskaplike goed.
|
Volgens die pous is tegnologie nie op sigself boos nie. KI kan help om mense te verbind, kennis toeganklik te maak, sorg te verbeter en moeilike take te verlig. Maar dit moet altyd deur menslike wysheid, gewete, deursigtigheid en geregtigheid beheer word. KI mag nooit die mens vervang as morele besluitnemer nie, want masjiene het nie liggaam, ervaring, liefde, berou, barmhartigheid of verantwoordelikheid nie.
|
Hy meen KI moet hanteer word deur sterk etiese en wetlike raamwerke, openbare toesig, deursigtige algoritmes, verantwoordbaarheid, beskerming van kwesbares, billike toegang tot tegnologie en onderwys, en internasionale samewerking. Data, algoritmes en digitale infrastruktuur mag nie net in die hande van ’n paar magtige maatskappye bly nie; dit moet die gemeenskaplike goed dien.
|
Die gevare wat hy uitwys, is ernstig: KI kan ongelykheid verdiep, werk vernietig, mense deur algoritmes uitsluit, privaatheid skend, disinformasie versprei, kinders uitbuit, afhanklikheid skep, digitale slawerny verberg, en nuwe vorme van kolonialisme deur data moontlik maak. Die grootste gevaar is dat die mens tot data, prestasie of bruikbaarheid gereduseer word.
|
Die pous waarsku ook sterk teen KI in oorlogvoering. Lewensbesluite mag nie aan outonome wapens of ondeursigtige algoritmes oorgelaat word nie. Sy oproep is dat KI “ontwapen” moet word: nie verwerp nie, maar bevry van magsug, winsbejag en militêre logika, sodat dit werklik mensvriendelik, regverdig en diensbaar aan die beskawing van liefde kan wees.
|
Hier is 'n aanhaling uit die ensikliek wat die pastorale aard daarvan mooi illustreer:
|
|
|
118. Our relationship with life seems to be in crisis today. Everything that appears as a “limit” — incapacity, illness, old age, suffering, vulnerability — tends to be seen primarily as a defect to be corrected, rather than as a reality through which our humanity matures and opens itself to relationship. And yet we must remember that humanity flourishes not despite limitations, but often through them. The light of faith offers a perspective on reality that helps us recognize what we call the “contingency” of the things of this world. While it is right to strive to alleviate the suffering that marks human life, it is also wise to acknowledge our fundamental finitude, knowing that “religious experience, and in particular Christian faith, propose that we live, without oversimplification, this ambivalence between human greatness and limitation, interpreting it in the light of our original and fundamental relationship with God.”
119. It is precisely within our limitations that the following find a place: compassion, as well as a sincere concern for the needs of others; a generosity that can emerge even in the midst of darkness and failure; spiritual experience and the worship of God. We see this at many moments when our limits become tangible: when we face rejection, when we suffer the illness or loss of a loved one, when we encounter our own weakness or failure. Mysteriously, it is precisely in such moments that we can discover a new wisdom, tangibly experience the closeness of others and encounter the presence of the Lord.
|
|
|
|
|
|
|
Ramphulp: Oorweldigende steun
By die skryf van hierdie berig is 'n tweede vloed besig om in die Gamtoosvallei te ontplooi.
|
Terugskouend op die Mei-vloed, vertel ds Luané McLachlan van Gamtoosvallei-gemeente dankbaar hoeveel voedsel, klere en ander lewensmiddele die twee gemeentes in die Gamtoosvallei, ontvang en verwerk het na die onlangse vloede. Goedere is uit die gemeenskap, die omliggende gemeentes tot sover as gemeentes uit Kariega en Gqeberha en ook van kerke buite NG verband ontvang.
|
Terwyl Gamtoosvallei tot 'n 100 plaaswerkers in hul saal gehuisves is, het die buurgemeente op Patensie, Gamtoosvallei-Oos, die verwerking en verspreiding van donasies hanteer. Die kerksaal was met tye stampvol en lidmate moes spring om voor te bly met die verspreiding.
|
Opvallend is die hoë kwaliteit van die klere, komberse en voedsel wat ontvang is. Die gemeente het nou 'n tweedehandse winkeltjie begin waar dié items teen 'n baie lae prys verkoop word. Die opbrengs word ook in ramphulp ingeploeg.
|
Dan was daar die donasie van 'n halwe brood. Dit was al wat 'n gesin gehad het, maar hulle het dit geskenk om ander te help.
|
Luané vertel dat emosionele uitputting en post-traumatiese stres nou sy tol begin eis. Tog verslap die tempo van werk nie. Ten spyte van groot skade is daar steeds 'n oes van vrugte en groente wat ingebring moet word, Die ramp ontvou in verskillende fases. Naas die onmiddellike skade is daar nou paaie wat herstel moet word om vars produkte na oorwerkte pakhuise te bring.
|
Tans is 'n tweede vloed besig om te ontvou. Die gemeenskap het baie voorbidding nodig.
|
|
Intussen is groot bedrae ook aan donasies ontvang. Dit sluit die sinodale rampfonds in. Die donasies word aangewend deur erkende landbouorganisasies ten bate van plaaslike gemeenskappe aangewend.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO met prof Wentzel Coetzer
Die Digitale impak op Kinders en Jongmense - Praktiese en Pastorale Riglyne (10 Junie)
Die ontwikkeling van die Internet en die positiewe bydrae wat dit kan lewer op verskillende terreine is fenomenaal – tog is die moontlike negatiewe invloed ook oorweldigend. Dit kan olie op die vuur wees van reeds bestaande verslawings of verkeerde lewenstyl keuses en sodoende ontwikkel tot ‘n vernietigende invloed met dieselfde krag as 'n tsunami.
|
Veral sedert 2012 was daar volgens prof Jonathan Haidt, 'n kundige op die terrein van die sosiale sielkunde, ʼn massiewe toename van geestesprobleme onder jongmense. Hospitaal opnames as gevolg van selfbesering het met 62% toegeneem onder ouer tiener meisies, en met 'n skokkende 189% onder meisies tussen 10 en 14 jaar. Die selfdoodsyfer onder hierdie jong groep het ook meer as verdubbel. Haidt wat wys ook op 'n beduidende korrelasie (0.2) tussen sosiale media-gebruik en depressie, spesifiek by meisies. Verder is die toenemende tendens die afgelope aantal jare in talle lande om strenger maatreëls deur middel van wetgewing te formuleer ter beskerming van die geestestoestand van kinders en jongmense – hiermee saam ook al strenger maatreëls om oormatige gebruik van elektroniese toestelle in skole aan bande te lê.
|
Teen bovermelde agtergrond sal daar in hierdie kursus ten slotte ook gefokus word op 'n aantal praktiese en pastorale riglyne aan almal wat betrokke is by die begeleiding van kinders en jongmense met betrekking tot die digitale wêreld.
|
|
|
|
Aanlyn VBO Evangelisasie opleiding
Goeie nuus wat mense inspireer om dissipels te maak
|
|
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO: Oor die betekenis van 1976
|
|
Geloofsgesprekke oor Jeugdag
Heilige Ongemak - 16 Junie dra steeds diep emosionele en geestelike gewig in Suid-Afrika. Vir sommige is dit ’n dag van herinnering en dankbaarheid. Vir ander bly dit ’n plek van pyn, ongemak, vrae en onafgehandelde gesprekke oor geregtigheid, versoening en hoop.
|
Hoe praat ons as gelowiges eerlik oor hierdie geskiedenis? Hoe vier ons Jeugdag op ’n manier wat nie oppervlakkig of simbolies bly nie, maar ons dieper in die evangelie innooi?
Klik hier om te registreer.
|
|
|
|
|
|
Gratis aanlyn leergeleentheid met eKerk
Leef om te inspireer, 24 Junie
|
|
Gratis digitale Learning Community 24 Junie 2026
|
|
Wat beteken dit om só te leef en te lei dat ander mense moed kry, nuwe moontlikhede raaksien en self begin groei? In hierdie Digitale Learning Community dink ons saam oor inspirerende leierskap wat nie net op groot oomblikke staatmaak nie, maar in gewone geloof, integriteit, verbeelding, deelname en menslikheid gestalte kry. Ons gesels oor leierskap wat mense help sien, beweeg en word: mense wat die wêreld rondom hulle anders leer bewoon omdat iemand hulle op ’n dieper manier geïnspireer het.
|
Ons tema vir die dag is: "Leef om te inspireer".
|
Registreer by hierdie skakel. : https://www.ekerk.org/learning-community
|
|
VBO punte is slegs beskikbaar indien daar regstreeks saam gekyk word, 24 Junie van 10:00 - 12:30.
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO: Preaching Luke backwards
Prof Eric Barreto, Nuwe Testamentikus, bied op 4 Augustus 'n voordrag oor die prediking van die Lukasevangelie aan. Die aanbieding vind by die NGK Stellastraat in PRetoria plaas, maar kan ook aanlyn gevolg word.
|
|
Klik hir vir meer inligting en vir die skakel om in te skryf.
|
|
|
|
Opleiding vir Brugbediening
|
|
|
|
Die weggaan van ‘n predikant in ‘n gemeente laat so ’n gemeente in ’n tyd van bepaalde onsekerheid. Die pad vorentoe is onseker totdat ‘n nuwe permanente bediening weer in plek is. Hierdie kursus poog om reeds goed opgeleide predikante verder op te lei vir wat brug of interim bediening genoem word. Dit is doelgerigte en spesialis opleiding om gemeentes tydens hierdie oorgang periode, soms deur korporatiewe trauma heen, tot voordeel van die gemeente se nuwe toekoms te begelei en waar nodig te fasiliteer. DATUMS : Week 1: 27 – 30 Julie 2026 Week 2: 16 – 19 November 2026
|
|
Kursusleier: Prof Malan Nel
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Newtonpark hou Fun Run ten bate van Bybelgenootskap
|
|
|
|
|
|
|
|
Meer oor die vervolgde kerk by Algoa Gemeenskapskerk, 7 Junie
|
|
|
|
Warm Harte Winterkonsert - en 'n kans om 'n goeie daad te doen
|
|
Die 'Warm Hearts Concert' is ook n geleentheid om hulp te verleen aan die gemeenskapsprojek van Sidwell, Sydenham, Noordeinde, New Brighton en Algoapark. 1. Bederfbare en nie-bederfbare kos vir kinders se naskool- kombuis. 2. Warm toppies/truitjies en bedsokkies vir kinders. 3. Vir bejaardes is 'fleecy' kombersies, serpe en bedsokkies baie nodig.
|
|
Kom ondersteun die konsert en pragtige sang, maar ons vra minstens een van bogenoemde items as n ekstra bydrae om iemand anders warm te maak hierdie winter.
|
|
|
|
|
|
Aberdeen hou basaar, 4 Julie
|
|
|
|
|
|
Belangrike inligting op ons webblad
Klik hier vir direkte toegang tot belangrike inligting en dokumente op ons webblad (www.ngkok.co.za):
|
|
|
|
|
|
|
|
NG Gemeente Uitenhage-Noord: Predikant (onbepaalde termyn)
|
Die NG Gemeente Uitenhage-Noord, ’n voorstedelike gemeente in Kariega, Nelson Mandelabaai, nooi gelegitimeerdes van die NG Kerk om aansoek te doen vir ’n voltydse, onbepaalde termynpos. Ons leraar emeriteer in Februarie 2027. Ons vertrou dat die Here iemand sal stuur om voort te bou op ons geestelike reis met die Here.
|
|
Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Julie 2026.
|
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in Junie
4 Junie – ds Cobus Fourie, NG Gemeente Port Elizabeth-Wes 5 Junie – ds Johann Ekkerd, NG Gemeente Graaff-Reinet 6 Junie – ds Lisa Schmidt (Dordrecht) 11 Junie – ds Nico Lochner, NG Gemeente Uitenhage-Oos 16 Junie – ds Abel Erasmus, NG Gemeente Rietbron 17 Junie – ds Carolien du Pisanie, NG Gemeente Parkheuwel 22 Junie – ds Niel Muller, NG Gemeente Aliwal-Noord 24 Junie – dr Kobus Bohnen, NG Gemeente Humansdorp 24 Junie – ds David Higgs, NG Gemeente Jeffreysbaai 24 Junie – ds Hessie Van Der Watt, NG Gemeente Jeffreysbaai 26 Junie – ds Thea Wait, NG Gemeente Port Elizabeth-De Duin 28 Junie – ds Marius Wolmarans (Welbedacht Rehabilitasie Sentrum, Gqeberha)
|
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
|
Loots, ds Deon - 084 855 3444, dissipel@gmail.com
|
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
|
|
Strydom, Ds Deon - 082 9239 567, deonstr@gmail.com
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
Beskikbaar om die Enneagram en retraites aan te bied
|
|
Ds Deon Loots maak die Baai nou weer sy tuiste en is beskikbaar om die Enneagram of retraites in gemeentes of ringe aan te bied (084 855 3444, dissipel@gmail.com).
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Ds Monozel Els word op 7 Junie 2026 by die NGK Uitenhage-De Mist bevestig.
|
Ds JC Els word op 14 Junie by die NGK Uitenhage-Winterhoek bevestig.
|
Ds Attie Botha is na die NG Gemeente Albanie beroep.
|
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|
|