|
|
|
|
|
|
|
Jaargang 24 - Nommer 34 - 30 Oktober 2026
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Hulp om prakties as gemeente by werkskepping betrokke te raak
- Kerkspieël 2026: So lyk die data vir ons sinode en jou ring
- Leraars getuig: Só het die geloofsreis my lewe verander het
- Skryf in vir Geloofsreis 2027
|
|
|
|
|
Praktiese werkskepping
Ontwikkel 'n strategie om 'n verskil te maak rondom werkskepping
|
|
Hoe kan ’n gemeente ’n betekenisvolle bydrae lewer in ’n gemeenskap waar werkloosheid mense se lewens en toekomsmoontlikhede raak? Die Leergemeenskap: Werkskepping deur Gemeentes nooi gemeentes om dié vraag saam met ander te ondersoek en praktiese stappe te ontwikkel.
|
Die tweejaarproses begin op 23 Februarie 2027 en word begelei deur SenSI Hugenote Kollege, die Sentrum vir Sosiale Innovasie, in samewerking met kerklike leiers en gemeenskapsorganisasies. Sinodale strukture van verskeie kerke onderskryf die proses, onder meer die VGK, ELCSA, NG Kerk, Great Commission en UCCSA.
|
Deelnemende gemeentes kom aanlyn byeen vir sessies van 120 minute. In streke waar gemeentes naby mekaar is, word ook in-persoonbyeenkomste oorweeg. ’n Gemeente se kerkraad of leierskap besluit om deel te neem en stel dan ’n taakspan van vier tot ses mense aan om die proses plaaslik te lei.
|
Die leergemeenskap help gemeentes om hul gemeenskap en die plaaslike werkloosheidsuitdaging beter te verstaan: Wat is die omvang van die behoefte, en watter moontlikhede is daar? ’n Span kundiges—waaronder mense uit suksesvolle werkskeppingsorganisasies, die ekonomie, demografie, diakonaat en gemeenskapsontwikkeling—doen navorsing en help deelnemende gemeentes om ’n toepaslike strategie te ontwikkel.
|
Gemeentes ontvang ook ’n roetekaart met lesse uit bestaande werkskeppingsinisiatiewe. Dit kan help om ’n haalbare eerste stap te kies, die kennis en vaardighede in die gemeente en gemeenskap te benut, en werklose mense met opleiding, mentorskap en ondersteuning te begelei. Die proses let ook op die belangrike skakel tussen vaardigheidsontwikkeling en die werklike behoeftes van moontlike werkgewers.
|
Die pad van werkloosheid na ’n volhoubare inkomste is kompleks. Dit vra dat verskillende rolspelers in die gemeenskap saamwerk en mense oor tyd ondersteun. Deur deel te wees van die leergemeenskap kan gemeentes by mekaar se ervaring leer, hul veerkragtigheid versterk en slimmer saamwerk. Ná twee jaar behoort hulle toegerus te wees om selfstandig voort te gaan.
|
Die deelnamefooi is R2 000 per gemeente per jaar. Gemeentes wat wil registreer, kan ds Barnard Steyn kontak by barnard@kaapkerk.co.za. Registrasie sluit 9 Desember 2026.
|
Ons leer saam, bid saam, tel mekaar op en dra mekaar.
|
|
|
|
|
|
Bediening op die platteland
"Hoor ons noodkreet," vra gemeentes
|
|
Vuur, vloed, misdaad, droogte en die uitkoop van landbougrond plaas bediening in die platteland onder druk
|
Plattelandse gemeentes vra onlangs dat die kerkfamilie regtig luister na die ernstige druk waaronder hulle funksioneer..
|
Tydens ’n gesprek by die Noordelike Sinode se sinodesitting het verteenwoordigers vertel hoe mynbedrywighede, ’n opdrogende rivier, plaasmoorde en gewelddadige misdaad hulle gemeenskappe ontwrig. Die gevolge is nie net finansieel nie: mense leef met trauma, onsekerheid en ’n dringende behoefte aan pastorale ondersteuning.
|
Die deelnemers se versoek was eenvoudig en dringend: “Hoor ons. Hoor ons lidmate se noodkreet.” Hulle vra dat die kerk die besondere werklikheid van bediening op die platteland erken en saam met gemeentes na gepaste ondersteuning soek.
|
Hierdie noodkreet gryp mens aan die hart. In Oos-Kaapland het die wydverspreide uitkoop van landbougrond om gekonsolideerde wildsplase te skep bv. groot impak op gemeentes se lidmaatgetalle. Voeg hierby periodieke ernstige droogte, vloede, veldbrande en bek- en klouseer. En moenie van misdaad vergeet nie.
|
Een van die wyses waarop die kerkverband reeds reageer is die opleiding van diensleraars en bedienaars om volgehou bediening teen verminderde koste moontlik te maak.
|
Die plattelandse gemeentes vra egter waarom die kerk nie hieroor praat en iets daaroor sê nie.
|
|
|
|
|
|
Leraars getuig oor "Gys se Reis":
"Die Geloofsreis het my nader aan 'n glimlaggende Jesus gebring"
|
|
Die Geloofsreis, ook bekend as Gys se Reis, het pas ten einde geloop. Daar begin 'n nuwe reis aan die begin van 2027.
|
Twee predikante vertel hoe die reis hulle gehelp het om met nuwe oë na hulleself, hulle geloof en hulle verhouding met Jesus te kyk. (Lees gerus hierdie getuienisse en oorweeg jou deelname - meer besonderhede.)
|
Een van die predikante sê daar het beslis verandering in hom gekom — iets wat sy vrou ook raakgesien het. Hy is sagter met homself en minder krities. Hy waardeer ook meer wat die Here reeds in sy lewe gedoen het en die groei wat daar oor tyd plaasgevind het.
|
Vir hom was een van die grootste geskenke van die reis “die uitnodiging van die glimlaggende Jesus”. Dit het iets diep in hom aangeraak. [Voeg hier die skets van die glimlaggende Jesus in.]
|
Hy beskryf die Geloofsreis as ’n sagte reis wat ’n mens soms tog dwing om eerlik en deeglik na jouself te kyk — ’n kyk wat nodig is. Juis daarin lê vir hom die waarde van die ervaring: dit bied ruimte vir persoonlike en geestelike groei. Hy meen dit is ’n geleentheid wat ’n mens nie sommer moet laat verbygaan nie.
|
Vir ’n ander predikant het die Geloofsreis op ’n besonder donker en moeilike tyd in sy lewe en bediening gekom. Deur die reis het ’n deur oopgegaan na ’n groep leraars by wie hy ’n veilige ruimte gevind het. Daar kon hy homself en Jesus opnuut ontdek.
|
Die ervaring het hom ook gehelp om ’n nuwe verbintenis te maak tot ’n lewe met ’n ritme wat hom naby aan Jesus hou. Dit beteken vir hom om elke dag weer te kies om onder Jesus se sagte manier van doen te leef.
|
|
Hoewel die twee predikante se ervarings verskillend is, vertel albei van ’n reis wat ruimte gemaak het vir nuwe insig en groei. Vir die een het dit hom gehelp om met meer deernis na homself te kyk en God se werk in sy lewe raak te sien. Vir die ander het dit ’n veilige plek gebied om Jesus en homself nuut te ontmoet, en om sy daaglikse lewe weer op Jesus se teenwoordigheid in te rig.
|
|
|
|
|
|
Kerkspieël-data 2026:
Kyk self hoe lyk jou ring se data-prentjie
|
|
Kerkspieël 2026 verteenwoordig selfrapportering deur 67% NG gemeentes. Die data kan nou digitaal nagegaan word en afgebreek word na Ring en Sinode
|
Hoe verander gemeentes oor tyd? En hoe lyk die prentjie in jou eie ring, sinode of die kerkverband as geheel? Wat rapporteer gemeentes self? Die nuwe Kerkspieël-data van 2026 maak dit makliker om dié vrae te ondersoek. Die data is aanlyn beskikbaar.
|
Meer as 70% Oos-Kaaplandse gemeentes het die vraelys voltooi en landswyd gemiddeld 67% gemeentes.
|
Die tabelle uit Bylaag 3 van die Gemeente-opname 2026 wys antwoorde per ring, saam met die syfers vir die sinode en die Algemene Sinode. Waar dieselfde vraag in 2018 en 2022 gevra is, kan jy die drie opnames langs mekaar vergelyk. Verskeie vrae kan ook op ’n kaart bekyk word, sodat jy gemeentes se antwoorde geografies kan verken.
|
Die syfers bied interessante aanknopingspunte. Gemeentes wat in 2026 geantwoord het, het gemiddeld 532 belydende lidmate gehad, teenoor 665 in 2018. Die gemiddelde erediensbywoning per Sondag het van 143 in 2022 tot 171 in 2026 gestyg, maar is steeds laer as die 219 in 2018. Sulke tendense help ons om goeie vrae te vra oor gemeentegroei, deelname en die verskille tussen gemeentes.
|
Die data vra egter dat ons versigtig vergelyk. Dit was nie elke keer dieselfde groep gemeentes wat geantwoord het nie. In die Ringsverslag kan jy die vergelyking beperk tot gemeentes wat aan al drie opnames deelgeneem het. Let ook op die getalle agter die persentasies: in ’n klein ring kan ’n enkele antwoord die uitslag sterk beïnvloed. Sommige antwoordopsies het boonop tussen opnames verander.
|
|
Gaan verken die tabelle vir jou ring of sinode, vergelyk die jare en kyk wat jou opval. Die data gee nie op sigself al die antwoorde nie, maar dit kan ’n goeie begin wees vir gesprek en nadenke oor die bediening in ons gemeentes.
|
|
|
|
|
|
Algemene Taakspan Navorsing
Predikante-vraelys toon waar oortuiging en praktyk uitmekaar loop
|
|
Dit verg kwesbaarheid om oortuigings uit te leef. Hierdie skyfie uit 'n aanbieding werp lig op die praktiese uitleef van oortuigings onder predikante.
|
Tydens die onlangse vergadering van die ASM (Algemene Sinodale Moderamen) het 'n verslag oor predikante se oortuigings en hul bedieningspraktyke oor belangrike kwessies gedien. Die navorsing is gedoen deur die ATN (Algemene Taakspan Navorsing) deur middel van 'n vraelys aan 'n ewekansig-geselekteerde groep predikante. 70% van die respondente was mans en 30% vroue, terwyl die ouderdomsverspreiding oor die volle spektrum gestrek het.
|
Die ATN se voorlopige ontleding van die Predikantepaneel 2026 bied ’n blik op hoe predikante oor belangrike temas dink en dit in hul bediening uitleef. Die prentjie is nie eenvoudig nie: sterk oortuigings is dikwels makliker om uit te spreek as om in kwesbare gesprekke en gesamentlike praktyke om te sit.
|
Ekumeniese samewerking geniet breë steun. Byna alle respondente (98%) meen gelowiges en gemeentes uit verskillende kerkverbande behoort saam gemeenskappe te dien; 83% beskou ekumeniese betrokkenheid as deel van hul roeping. Tog neem net 61% daadwerklik leiding om samewerking te bevorder. Die mediaan was twee ekumeniese byeenkomste per predikant in ses maande. Gebedsgeleenthede en teologiese gesprekke kom meer voor as gesamentlike Bybelstudie. Die grootste struikelblok is verhoudings, ego en ’n gebrek aan vertroue (42%), gevolg deur kapasiteit en tyd (28%).
|
Die gaping tussen beginsel en praktyk is ook sigbaar in gesprekke oor geregtigheid. Die meeste predikante stem saam dat sosiale geregtigheid deel van die evangelie is (84%) en dat die NG Kerk ’n rol in nasionale versoening het (85%). Minder sien hul gemeente as ’n rolspeler in die regstelling van ekonomiese ongelykheid (40%). Oor grondherverdeling is die verdeeldheid duidelik: net 15% meen dit bevorder geregtigheid, terwyl 54% daarteen stem. Die ATN se interpretasie is dat armoede makliker as ’n saak vir hulpverlening bespreek word as as ’n vraag oor strukturele verandering.
|
Die onderskeid tussen preekstoel en gesprekstafel help om dié patroon te verstaan. In die ses maande voor die opname het 78% oor armoede gepreek. Van die predikante wat rasseversoening as deel van die kerk se roeping beskou, het 76% daaroor gepreek. Maar 61% het in dié tyd nooit ’n gesprek oor ras gefasiliteer nie; dus het net 39% dit wel gedoen. Net 38% skep doelbewus ruimte vir gesprekke oor geloof, kultuur en politieke identiteit, en 30% vind dit moeilik om met lidmate oor geloof en nasionalisme te praat.
|
Die paneel dui nie op ’n gebrek aan oortuiging nie, maar op die uitdaging om dit in wederkerige, soms ongemaklike gesprekke te beliggaam. Die uitnodiging is om die veilige ruimte van die preekstoel en dienswerk aan te vul met meer geleenthede waar gemeentes saam luister, leer en oor verskille heen werk.
|
|
|
|
|
|
4 November 2026
Die Christen en die verkiesing: Kom jou verantwoordelikheid na
|
|
|
|
In metro's het kiesers twee stemme, in distriksmunisipaliteite drie.Dit raak wyksverteenwoordigin en proporsionele verteenwoordiging
|
Christene het, vanuit hul geloof en hul roeping teenoor hul medemens, 'n besondere verantwoordelikheid om aan die verkiesing deel te neem.
|
Vanjaar se verkiesing het te doen met plaaslike bestuur. Die meeste munisipaliteite is in 'n krisis. Dit is daarom belangrik dat elke kieser moet gaan stem. Jou stem verkies nie alleen 'n wyksraadslid nie, maar het ook 'n impak op die proporsionele verteenwoordiging.
|
|
Kiesers in metro's kry twee stemme, waarvan een (vir die wyksraadslid) twee keer getel word, aangesien dit ook bygetel word om proporsionele verteenwoordiging te bereken.. In distriksmunisipaliteite het kiesers drie stemme - vir die wyk, plaaslike en proporsionele distriksverteenwoordiging
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO
Generasie Alpha en geloof - 13 November
|
|
|
|
AANLYN VBO: GEN ALPHA EN GELOOF Kom gesels saam oor Generasie Alpha en onlangse navorsing gedoen deur die Fuller Youth Institute.
|
📅 Datum: Vrydag, 13 Nov 2026 🖥️ Plek: AANLYN ZOOM 🕘 Tyd: 10:00-13:00 ✔️ Registrasiefooi: Gratis
|
|
|
|
|
|
Aanlyn pastorale beradingskursus, 17 November 2026
Vyf maniere om te sê: "Ek is jammer", met prof Wentzel Coetzer
|
In hierdie kursus word gefokus op die vyf apologie tale soos treffend beskryf in die boek, The 5 apology languages. The secret to healthy relationships, deur Gary Chapman en Jennifer Thomas. By die konferensie van die American Association of Christian Counselors in September 2025 het Dr Chapman ook ʼn treffende voordrag rondom hierdie tema gelewer.
|
|
Hierdie vyf apologie tale het reeds vanuit die praktyk geblyk ʼn kragtige instrument te wees in situasies waar daar ʼn emosionele skaakmat was rondom verhoudinge. Dit gaan basies om vyf maniere waarop gesê kan word dat ek jammer is. Verder is dit ook belangrik dat ek die primêre apologie taal sal ken van die persoon teenoor wie ek apologie wil aanteken ten einde te verseker dat my apologie die nodige trefkrag sal hê. Dit gaan hier om ʼn kragtige beginsel in die heling van vertroebelde verhoudings en verwonde emosies. 'n Apologie wat as opreg beleef word, open gewoonlik die deur tot vergifnis en die genesing van pyn wat soms oor jare heen geakkumuleer het.
|
Die belangrikste riglyne vanuit die boek van Chapman en Thomas word vervolgens aan die orde gestel tesame met verdere pastorale kommentaar en voorbeelde.
|
|
Koste beloop R300 per persoon. Klik hier om in te skryf.
|
|
|
|
|
|
Vir jou dagboek
Global Leadership Summit te Jeffreysbaai - 7 November
|
|
|
|
|
|
Skryf hier in vir Geloofsreis 2027
|
|
Lees gerus die getuienis van twee predikante oor die pasafgehandelde geloofsreis, en oorweeg om in 2027 in te skakel.
|
Die DATUMS vir die Geloofsreis se twee retraites in 2027 is bekendgemaak: Retraite 1: 15-18 Maart Retraite 2: 26-29 Julie
|
|
Kontak ds Tobie van Schoor vir meer inligting: 2bvanschoor@gmail.com
|
|
|
|
|
|
|
|
Kersmark by NG Kerk Newtonpark
|
|
|
Kom geniet ’n feestelike Kersmark met sprankelende kersliggies, heerlike eetgoed, unieke geskenke en pret vir die hele gesin!
|
Vrydag 30 Oktober: 17:00–20:00 Saterdag 31 Oktober: 09:00–14:00
|
|
Vrydagaand: Kerskostuum-kompetisie, gelukkige trekkings, feestelike kersliggies en hope kerspret!
|
|
Saterdagoggend: Boogskiet, 'n speletjies sentrum, karakters stalletjie vir die kinders, handgemaakte produkte en vermaak vir die hele gesin!
|
|
NG Kerk Newtonpark, hoek van 4de Laan en Mowbraystraat.
|
|
|
|
|
|
Basaar by Dagbreek-gemeente op Despatch, 30 Okt
|
|
|
|
|
|
Fees by Blouwaterbaai Familiekerk, 30-31 Oktober
|
|
|
|
|
|
Kers- en kuiermark by Lorraine, 6 November
|
|
|
|
PE-Noord hou basaar, 7 November
|
|
|
|
|
|
Despatch-Bothasrus vier 85-jarige fees, 21 November
|
Bothasrus gemeente vier op 21 November 2026 ons 85ste verjaarsdag. Ons vier die verjaardag met ‘n groot Kos-&-Kuierfees. Heerlike basaarkosse, kunsstalletjies, boeresport, tuk-tuk ritte en kaskarritte. ‘n Dag van pret, plesier en baie lag en eet word beplan. Sondag 22 November is dit ‘n Dankdiens om dankie te sê vir die Here se genade oor 85 jaar vir Bothasrus. Nagmaal. Die aand sal ons Kerssangdiens wees.
|
|
|
|
|
|
|
Belangrike inligting op ons webblad
Klik hier vir direkte toegang tot belangrike inligting en dokumente op ons webblad (www.ngkok.co.za):
|
|
|
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in November
Veels geluk aan die leraars wat in November verjaar:
|
5 November – ds Daniël de Kock, NG Gemeente Alexandria 13 November – ds Armand Crous, NG Gemeente Port Elizabeth-Lorraine 14 November – ds Bianca van Egmond, NG Gemeente Blouwaterbaai Familiekerk 17 November – ds Sunell Ribbens, NG Gemeente Port Elizabeth-Hoogland
|
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
|
Grobbelaar, dr Jan (Snr) - 083 611 8731, grobbelaar.jan@gmail.com
|
|
Loots, ds Deon - 084 855 3444, dissipel@gmail.com
|
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
|
Strydom, Ds Deon - 082 9239 567, deonstr@gmail.com
|
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
Dr Jan Grobbelaar (Snr) - 083 611 8731, grobbelaar.jan@gmail.com Ds Louis Fourie; 0822946284; louisfourie2008@gmail.com
|
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
Beskikbaar om die Enneagram en retraites aan te bied
|
|
Ds Deon Loots maak die Baai nou weer sy tuiste en is beskikbaar om die Enneagram of retraites in gemeentes of ringe aan te bied (084 855 3444, dissipel@gmail.com).
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Ds Mart Leonard is op 26 Oktober 2026 as diensleraar na die NG Gemeente Middelburg-Karoo (oos-Kaapland) beroep. Sy is van Middelburg TVL.
|
Ds Sunell Ribbens ontvang demissie by die NG Gemeente PE-Hoogland op 30 November 2026 in terme van KO Artikel 21 punt 2.3 (Bedryfsvereistes).
|
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|
|