Share this emailCopy the public link or share it on your favorite channel.
Jaargang 24 - Nommer 26 - 28 Augustus 2026
TEKEN IN op Grens.Pos
Beste leser,

In hierdie uitgawe:

  • https://www.dailymaverick.co.za/article/2026-08-20-insurance-system-shortcomings-leave-judge-shocked-in-murder-for-money-trial/
  • Leraars beweeg

Geseënde PredikanteSAAMkoms te Goudini

Sowat 650 predikante het van 24-28 Augustus die predikanteSAAMkoms te Goudini bygewoon. Dit is die eerste byeenkoms van hierdie aard sedert 2005.

Terwyl die groot groep saam die oggend- en aandwydings bygewoon het, was die res van die dag by uiteenlopende sessies oor 'n magdom onderwerpe aangebied. Dit het gestrek van intelektueel stimulerende Bybelstudies tot kreatiewe kunsprojekte, toerustingsgeleenthede en storievertel.

Predikante het die geleentheid gehad om nuwe vriende te maak, ou vriendskappe van kollegas en klasmaats wat mekaar lank laas gesien het, te hernu en lekker saam te kuier.

Hoe is die SAAMkoms beleef?

'Aantal predikante het hul getuienis oor die impak van die SAAMkoms gedeel. Só skryf ds Rudi Janse van Vuuren op Facebook hy het nie sonder bedenkinge by vanjaar se predikanteSAAMkoms op Goudini opgedaag nie.

Hy was 21 jaar gelede ook by so ’n saamtrek, toe as jong predikant, en onthou dit as ’n besondere pastorale en lerende ervaring. Hierdie keer was sy eerste reaksie egter anders: hy is besig in die gemeente, hy is ouer, en hy het gewonder of daar nie dalk ’n verskuilde agenda is nie — of die geld nie beter aangewend kon word nie.

Tog het hy gegaan. En baie gou het sy agterdog begin plek maak vir verrassing.
Hy skryf van die vriendelike ontvangs, die deernis, die vreugde om ou kollegas en vriende weer te sien en die gevoel van ’n groot reünie. Dit was vir hom asof die Here “vars asem” in sy longe blaas. Die byeenkoms het nie soos ’n vergadering met ’n agenda en besluite gevoel nie, maar eerder soos ’n feesmaal.

Die lof en aanbidding, onder leiding van 'n span musikante, het hom diep geraak. Boodskappe van gemeentelede wat hul predikante bedank, het hom laat besef dat die dikwels stil en volgehoue werk van predikante wel raakgesien word. Stephan Joubert se hantering van die Lukasevangelie, die gebedstasies en die energie van die saamwees het verder bygedra tot ’n ervaring van nuwe geestelike moed.

Rudi beskryf hoe hy later op die stoep van sy blyplek gesit het met net een reaksie: “Dankie Jesus.”

Vir hom het die SAAMkoms ’n plek geword waar moeë predikante vir ’n oomblik kon stilstaan, asemhaal en weer moed kry vir die roeping wat wag. Hy sluit gepas af met die woorde op die preekstoel van NG Kerk Brandvlei: “Dienskneg van die Allerhoogste moet nooit moeg word om die klokke te lui nie.”

Hoe leef 'n plattelandse gemeente die liefde van Christus uit?

Tydens Colesberg-gemeente se 200-jarige fees het lidmate getuig oor hoe die gemeente die liefde van Christus uitleef, en hoe hulle dit in die gemeente beleef. Klik hier om te kyk na 'n kort video waarin Helène Meissenheimer van Kerkbode dit vasvang op 'n wyse wat inspireer.

Vir alle voornemende studente

Aansoeke vir studiehulp by Helpende Hand is oop tot 30 September

Beplan jy om in 2027 verder te studeer? Die Helpende Hand Studietrust se aansoeke vir rentevrye studielenings is nou oop.

Die Helpende Hand Studietrust help om jongmense met studiepotensiaal die geleentheid te gee om hul drome te verwesenlik en hul toekoms te bou.

📅 Aansoeke is oop van 1 Julie tot 30 September 2026.
🌐 Doen aanlyn aansoek by: www.hh-studietrust.co.za
📧 Vir navrae: studente@helpendehand.co.za

Moenie hierdie geleentheid misloop nie – jou toekoms is die moeite werd om in te belê.
Dis meer as ’n lening – dis ’n toekoms.

Aanlyn VBO

Sewe beginsels wat 'n huwelik laat werk - Pastorale beradingskursus

Dinsdag 1 September 2026 – Zoom aanbieding - Prof Wentzel Coetzer

Prof. John Gottman, emeritus-professor in sielkunde aan die Universiteit van Washington, word wêreldwyd as een van die voorste kenners op die gebied van huweliks- en verhoudingswetenskap beskou. Oor meer as 50 jaar het sy navorsing duisende pare bestudeer en baanbrekerswerk gelewer wat die veld radikaal verander het. Sy boek, The seven principles for making marriage work, is wêreldwyd ʼn top verkoper, en in hierdie kursus gaan ons veral fokus op die belangrikste perspektiewe wat in hierdie boek aan die orde kom.

Gottman se werk het veral ook bekendheid verwerf na aanleiding van die skepping van ʼn sogenaamde ‘Love Lab’ (liefdes laboratorium) waar pare vir 24 uur saam verkeer en ook oornag. Met behulp van kameras en monitors wat ook liggaamlik gekoppel is, word daar dan fyn waarnemings gemaak van ʼn verskeidenheid van sosiale, emosionele en fisiese aspekte gekoppel aan hul interaksie met mekaar. Na jare se waarneming het Gottman en sy span byvoorbeeld die vaardigheid ontwikkel om na 15 minute se waarneming van die interaksie tussen ʼn egpaar, met 91% korrektheid te kan voorspel of die huwelik uiteindelik sal oorleef of nie. Die praktiese riglyne en merkers wat hy vanuit jare se ervaring formuleer vir huwelike om suksesvol te kan wees, is uiters insiggewend en deurslaggewend.

Teen bovermelde agtergrond sal daar in hierdie kursus deurgaans ook gefokus word op ʼn verskeidenheid van pastorale implikasies wat basies geïntegreer kan word met Gottman se benadering.

Klik hier om in te skryf.

Datum: Dinsdag 1 September 2026
Tyd: 09.00 – 13.00
Akkreditering: 5x VBO punte – CPSC punte – ook AFM PCD akkreditasie
Koste: R300 pp
Handboek te koop (opsioneel): R390 pp (R250 vir die handleiding plus R140 koerierkoste)
Navrae: 0836600409 (ook whatsApp) of e-pos: wentzelc@gmail.com

Inligtingsessie oor die opleiding van Bedienaars

Hierdie aanlyn inligtingsessie is vir almal, leraars en lidmate wat nuuskierig is oor die opleiding van lidmate as Bedienaars in die NG Kerk. In die sessie sal ons oor alles gesels oor die kursus asook geleentheid gee om in Sinodale verband kan te gee om te deel oor die impak van Bedienaars in die kerk.

Daar is 2 aanlyn sessies op zoom. Jy hoef net een te kies wanneer jy op hierdie aanlyn vorm daarvoor registreer. Die skakel na die zoom sal in die week van die sessie aan jou per epos gestuur word.

Die sessies gaan opgeneem word vir persone wat nie een van die sessies kan bywoon nie. Vir meer inligting, kontak asb vir ds. Jaco Botha by jaco.botha@hugenote.ac.za

VBO: Van liefdadigheid na geregtigheid

Hier is nog 'n unieke geleentheid wat op 10 September aangebied word: Van liefdadigheid na geregtigheid, ’n inleidende gesprek oor die WCRC se GRAPE-program, waar ons saam vra hoe gemeentes op nuwe maniere kan deelneem aan God se missie van geregtigheid, vrede en menswaardigheid.
Jy kan hier registreer.

Opleiding as brugleraar

DATUMS : Week 1: 16 – 19 November 2026
Week 2: 08 – 11 Februarie 2027

PE-Sonheuwels hou basaar, 28 Augustus

Basaar op Colchester, 29 Augustus

Retief-gemeente op Despatch hou basaar, 5 September

‘n Dag vir die hele familie
Lekkernye
Heerlike kos
Kindervermaak
Stalletjies
Ligte, lekker saamwees en baie meer
Dis Silwersnare boereorkes sal ook optree tydens die kermis.
PLEK: Kerkgronde, H/v Van der Spuy- en Noordparkstraat, Despatch
TYD: 09H00 TOT 13H00
Datum: 5 September 2026
Saam groei ons in geloof, liefde en gemeenskap.

Parkheuwel hou basaar op 5 September

Uitenhage-Oos hou basaar

NG Kerk Uitenhage-Oos hou LENTE BASAAR op 5 September vanaf 9h00.
Daar is verskeie musiek en sang items uit ons eie gemeenskap, asook ‘n vertoning deur ‘n plaaslike trompetspeler. Motorfiets entoesiaste kan uisien na 'n besoek van Guts en Glory MCC tussen 10h00 en 11h00. Daar sal natuurlik al die normale basaar lekkerte te koop wees, asook kinderspeletjies, 'n Thrift Shop, Lentehoed en Braaibroodjie Kompetisie, Popsi die Nar en privaat stalletjies
Jonk en oud word uitgenooi, want daar is iets vir almal by Freresingel 40, Riebeekhoogte, UITENHAGE

Stephan en Betsie Joubert by PE-Hoogland

Op, Saterdag, 19 September, nooi Hoogland se Gebedsaksie u hartlik uit om tyd saam met die Koning te kom spandeer. Ons verwelkom twee van ons mees geliefde Gassprekers, Stephan Joubert en Betsie Joubert, ‘n seminaar te NGK PE Hoogland.
Met hul warm persoonlikhede, besonderse boodskappe gaan hulle ons met so baie seën. Mans en Vroue is welkom.

🎟️ Kaartjies: R120 per persoon. Kaartjies beskikbaar by die Kerkkantoor (08:00-13:00 {Ma-Vry})
📍 NGK PE Hoogland, annalize@pehoogland.co.za
📅 Saterdag, 19 September 09:00 – 15:00
📞 Navrae: Kontak die kerkkantoor 041 367 1485 (Annalize) of Caroline 061 451 1402

Nooi sommer jou familie, vriende, bure en kollegas en kom geniet saam met ons 'n besonderse geleentheid. Ons sien daarna uit om Hoogland én die gemeenskap hier te verwelkom!

Nartjiefees op Loerie, 26 September

Kom vier die jaarlikse Loerie Nartjiefees se 33ste bestaansjaar op Saterdag, 26 September, vir 'n dag van heerlike kos, kunsmarkte en top-vermaak deur kunstenaars soos Irene-Louise van Wyk en Jan Jan Jan. Feesgangers kan uitsien na die nartjie-eetkompetisie, tuisgemaakte konfyt, en kuiergeleenthede vir die hele gesin. Kaartjies is R150 vir volwassenes en R50 vir skoliere, beskikbaar by die hek of op Quicket, met gratis parkering op die terrein. Vir meer inligting, klik hier.

Teken die datum aan

De Duin hou basaar, 10 Oktober

Humansdorp-Oos vier 50-jaar met Elvis Blue in konsert

Belangrike inligting op ons webblad

Klik hier vir direkte toegang tot belangrike inligting en dokumente op ons webblad (www.ngkok.co.za):

NGK Middelburg-Karoo, Leraarspos

Middelburg-Karoo is ’n plattelandse gemeente in die Oos-Kaap met sowat 372 belydende lidmate en 49 dooplidmate ingedeel in sewe dorps- en vier plaaswyke. Die dorp beskik oor ’n hoër- en laerskool, sowel as ’n landboukollege.
Sien https://ngkok.co.za/gemeentes/mk/mkprofiel2026.docx vir ’n meer volledige profiel.

Die gemeente nooi gelegitimeerde predikante van die Nederduitse Gereformeerde Kerk uit, om indien hulle oortuig is dat die Here hulle daartoe uitnooi, aansoek te doen vir bostaande pos.

Die sluitingsdatum is 18 September 2026. Klik hier om die volledige posbekendstelling te lees.

NGK Sondagsrivier: Leraar, diensleraar of jeugwerker

Die Sondagsriviervallei is bekend vir sy sitrusplase. Ons gemeente bedien al vir meer as 100 jaar hierdie groeiende plattelandse gemeenskap. Ons gemeentevisie: Nader aan God | Nader aan Mekaar | Nader aan die Koninkryk. Op hierdie reis het die Here vir ons twee fokusareas uitgewys: aanbidding en jeugbediening. As jy ook iemand is wat saam met die Here op reis is na sy roeping in jou lewe nooi ons jou uit om vir hierdie pos aansoek te doen.

Die sluitingsdatum is 30 September 2026. Klik hier vir meer besonderhede.

Verjaarsdae in September

Veels geluk aan die leraars wat tot die einde van September verjaar:

29 Augustus – ds Charl Coetzee, NG Gemeente Walmer
31 Augustus – ds Nadine Stoffels, NG Gemeente Somerset-Oos

6 September – ds Mardi Badenhorst, NG Gemeente Humansdorp-Oos
7 September – ds Luané McLachlan, NG Gemeente Gamtoosvallei
20 September – ds Conrad Pienaar, NG Gemeente Newtonpark
22 September – ds Adele Strauss, NG Gemeente Retief (Despatch)
23 September – ds Kobus Eksteen, NG Gemeente Rietbron
23 September – ds Paul Odendaal, NG Gemeente Adelaide
25 September – ds J-R Nieuwenhuizen, NG Gemeente Cradock-Noord
30 September – ds Madri Fourie, NG Gemeente Port Elizabeth-Wes

Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.

Leraars beskikbaar vir preekbeurte

(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)

Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:

Gqeberha (Port Elizabeth)
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
Grobbelaar, dr Jan (Snr) - 083 611 8731, grobbelaar.jan@gmail.com
Loots, ds Deon - 084 855 3444, dissipel@gmail.com
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com

Jeffreysbaai en omgewing
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068

Kariega (Uitenhage)
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Port Alfred en omgewing
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
Strydom, Ds Deon - 082 9239 567, deonstr@gmail.com

Aflos (oral) vir korter of langer periodes
Dr Jan Grobbelaar (Snr) - 083 611 8731, grobbelaar.jan@gmail.com
Ds Louis Fourie; 0822946284; louisfourie2008@gmail.com

Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
Beskikbaar om die Enneagram en retraites aan te bied

Ds Deon Loots maak die Baai nou weer sy tuiste en is beskikbaar om die Enneagram of retraites in gemeentes of ringe aan te bied (084 855 3444, dissipel@gmail.com).

Leraars beweeg

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
facebook twitter