|
|
|
|
|
|
|
Jaargang 24 - Nommer 12 - 17 April 2026
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Bokse vol boeke vir kinders
- Wanneer is jou gemeente vasgeval?
- Gesoek: jou boodskap aan jou gemeente of dominee
- Leraars beweeg
|
|
|
|
|
Bokse vol boeke vir kinders (iets wat meer gemeentes gerus kan doen)
|
|
Nienkie Grobler doen een ding al vir sewe jaar. Sy deel haar liefde vir boeke en stories met voorskoolse kinders in ’n verafgeleë diep plattelandse deel van die Oos-Kaap. “Die kinders het dit so nodig …” vertel hierdie Oos-Kapenaar van iets-oor-die 60. Anke, haar 23-jarige dogter, ry die laaste paar jaar saam as haar ma met hulle VW Caddy die pad vat. Ry ’n mens saam stamp-stamp van een kleuterskooltjie na ’n ander sien en hoor jy die blydskap wat hierdie projek vir almal betrokke bring.
|
|
Hierdie werk bou voort op inisiatief wat ds Derick Myburgh 'n dekade gelede op Cala in die Noord-Oos-Kaap begin het. Lees hoe Helene Meissenheimer in Kerkbode hoor hierdie wonderlike - en nadoenbare - projek berig.
|
|
|
|
|
|
Hoe weet 'n leier wanneer die organisasie (gemeente) vassit?
As daar een ding is wat die nuutste tegnologiese ontwikkeling, soos Kunsmatige Intelligensie, ons leer, is dit dat leiers moet sorg dat hulle gemeentes of organisasies byhou en aanhou innoveer. Baie besighede of spanne beleef egter tye van stagnasie, sonder dat die leier besef wat aan die gang is, of terwyl die leier so in ontkenning leef dat hy nie werklik die waarheid in die gesig staar nie.
|
Maar wat is die aanduiders dat ‘n organisasie in die modder vassit? Hoe weet ‘n span leiers wanneer hulle dringend en drasties ‘n nuwe rigting moet inslaan? Edwin Friedman noem drie simptome, wat aandui dat daar dringende hervorming nodig is.
|
Probeer harder in plaas van slimmer
|
In die afwesigheid van kreatiwiteit of intelligente besluite, is die enigste antwoord wat ‘n organisasie se leiers raaksien om eenvoudig harder te werk en meer te probeer doen. Hulle voel immers die druk en voel hulle moet iets doen. Die probleem is egter dat “harder probeer” steeds net harder in die verkeerde rigting is. Wat nodig is, is dat leiers die openheid sal ontwikkel om te erken dat hulle nie weet wat nodig is om te weet nie. Hulle sal dus na buite hulle eie poel van wysheid, na radikale nuwe invloede van elders af kyk.
|
Fokus op kitsantwoorde, eerder as goeie vrae
|
Wanneer die openheid nie ontwikkel word om drasties nuut te dink nie, word daar uit desperaatheid gegryp na enige iets wat in die oomblik goed klink, al is dit nie die beste ding nie. Leiers wat nie bereid is om die ongemak te omhels om met nuwe maniere van dink uitgedaag te word nie, is ook gewoonlik nie bereid om die langtermynproses te deurloop om die goeie, harde en ongemaklike vrae, wat nodig is om te vra nie, vra nie.
|
Denkwyses raak of / of, in plaas van en / en
|
Na jare van oppervlakkige denke, lei dit tot eng denke. ‘n Nou stroompie van denke moet gedurig teen alternatiewe stroompies van denke kompeteer. Dit gebeur ook veral wanneer die kultuur toksies geraak en die vertroue onderling laag is. Dan word elke sleutelpersoon se opinie teenoor ander individue geposisioneer, in plaas daarvan om saam te werk aan ‘n gesonde en omvattende sintese, wat die beste neem uit al die strome van denke en ‘n nuwe gesonde strategie ontwikkel.
|
|
Die vrees of ongemak om gewoontes aan te leer van nuut dink en eksperimenteer, is dus iets wat herhaaldelik voorkom as ‘n fundamentele struikelblok om te oor
|
|
|
|
|
|
Konflik in die Midde-Ooste
Prof Stephan Joubert: "Christene is in die eerste plek vredemakers"
|
|
|
Die gemak waarmee sommige in die VSA sowel as elders oorlogsverwysings uit die Bybel aanhaal om die konflik in die Midde-Ooste te regverdig, laat vele Christene die wêreld oor ongemaklik. Heléne Meissenheimer praat hieroor in Kerkbode Kollig met die teoloog en skrywer, prof Stephan Joubert.
|
|
|
|
|
|
Die verhaal van die eenwording: Graaff-Reinet en Nuwekerk
|
|
Dr Trix Truter en dr Ben van Tonder, predikante van onderskeidelik Nuwekerk en Grootkerk, was mekaar se voete tydens die verenigingserediens in 2018
|
Dr Trix Truter, destyds predikant van Graaff-Reinet Nuwekerk, vertel die wonderbaarlike verhaal hoe Nuwekerk en Grootkerk op Graaff-Reinet na dekades van vervreemding mekaar gevind en verenig het. Hy skryf:
|
|
|
|
Dit was my voorreg om as leraar van NG Nuwekerk betrokke te wees by die eenwording van NG Grootkerk en NG Nuwerk. Hierdie eenwording het die verbeelding van die kerklike gemeenskap aangegryp. Ook koerante het hiervan berig. Na bykans ‘n eeu van kerkskeuring en struweling het die skynbare onmoontlike gebeur. ‘n Goddelike wonderwerk het plaasgevind! Dit kan inderdaad beskryf word as ‘n Kairosmoment, ‘n Goddelike ingryping van Bo! NG Nuwekerk wat destyds weggebreek het van die moedergemeente, die NG Gemeente Graaff-Reinet, het besluit om terug te stig na hul moeder.
|
|
|
|
|
|
|
GESOEK: Jou boodskap aan jou dominee en gemeente
|
In Augustus vanjaar vind ’n unieke saamtrek van NG dominees op Goudini plaas. Byna 700 word verwag. Kerkbode en LiG wil daar ‘n video-boodskap speel wat uit die harte van gemeentes en lidmate kom.
|
Maak 'n kort videogreep waarop jy hierdie drie vrae antwoord:
|
* Hoekom is geloof vir jou nog belangrik? * Wat beteken jou gemeente vir jou? * Waarvoor wil jy vir jou dominee dankie sê?
|
Stuur jou videogreep op WHATSAPP na 072 378 2618. Jy kan ’n boek wen vir jou moeite. Stuur jou naam as jy in aanmerking wil kom vir die trekking. Sluitingsdatum: 15 Mei 2026. Hier is meer agtergrond.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Vir leraars en lidmate
Uitnodiging: Heartlines “Fathers Matter”-werkswinkel
Ons nooi leraars en lidmate hartlik uit om deel te wees van die Heartlines Fathers Matter Manne-werkswinkel — ’n praktiese opleidingsgeleentheid vir gemeentes wat die Fathers Matter-program in hulle kerk en gemeenskap wil vestig.
|
|
Hierdie werkswinkel help mans om die tipe vaders te word waartoe God hulle roep. Dit spreek ook die werklike uitdagings rondom vaderskap aan wat mans, vroue en kinders raak, en bied praktiese hulpmiddels om gesinne en gemeenskappe te versterk.
|
Ons moedig gemeentes aan om een of twee mans te benoem uit julle bedieningspan, mannebediening en/of gemeente om hierdie waardevolle sessie by te woon.
|
Datum: Saterdag, 9 Mei 2026 Tyd: 11:30 – 14:00 (ligte middagete ingesluit) Plek: North Community Church Aanbieders: Brian Helsby & Fana Ndhlovu Gasheer: Pastor Russel Viljoen
|
Kom saam en help bou aan ’n sterker, gesonder volgende geslag deur die positiewe teenwoordigheid van vaders in kinders se lewens te bevorder.
|
|
Skryf in by by info@tcn.org.za teen 13 April 2026.
|
|
|
|
|
|
Belangrike inligting op ons webblad
Klik hier vir direkte toegang tot belangrike inligting en dokumente op ons webblad (www.ngkok.co.za):
|
|
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO
Prof Wentzel Coetzer: 'n Pastoraal-holistiese benadering tot kanker - 21 April 2026
Wanneer die immuun sisteem gestimuleer word, selfbeeld en selfvertroue herstel word, onverwerkte trauma en emosionele pyn deurgewerk word, vertroebelde verhoudings herstel word en ʼn gesonde leefstyl in plek kan kom, kan dit lei tot ingrypende fisiese veranderinge. In hierdie kursus kom ʼn verskeidenheid van praktiese riglyne in hierdie verband aan die orde as deel van ʼn diepgaande pastoraal-holistiese benadering waar die biologiese, sosiale, emosionele en geestelike dimensies van siekte oor die algemeen geïntegreer word. Daar word veral gefokus op die benaderings van die pediatriese chirurg, Dr Bernie Siegel, asook die mediese dokter, Gabor Maté, met betrekking tot kanker. Teen hierdie agtergrond word daar dan telkens ook pastorale kommentaar gelewer en praktiese riglyne uitgespel. Kursus oop vir almal Datum: Dinsdag 21 April 2026. Tyd: 09.00 – 13.00 Akkreditering: 5x VBO punte – CPSC punte – 5x AFM PCD punte
|
Koste: R300 pp (R45 ekstra vir inskrywings uit Namibië en die buiteland as gevolg van bykomende bank heffings) Handboek te koop (opsioneel): R370 (R250 plus R120 vir koerier)
|
|
Navrae: 083 660 0409 of e-pos: wentzelc@gmail.com
|
Volg die kursus op ʼn later datum: Persone wat nie die betrokke oggend die kursus kan bywoon nie, kan nogtans registreer en dan agterna ʼn skakel ontvang om op enige later datum weer die kursus te kan volg.
|
|
|
|
|
|
|
|
Vakature: Bybelgenootskap, Verhoudingsleier Westelike Streek
|
Die bogenoemde voltydse pos by die BSA (Hoofkantoor, Bellville) vereis ’n kandidaat wat teologiese gesag kombineer met senior leierskap, gemeenskapsbetrokkenheid, en die vermoë om volhoubare inisiatiewe te dryf.
|
Die Verhoudingsleier is verantwoordelik om die BSA se strategie in die spesifieke streek te dryf om te verseker dat volhoubare verhoudings gebou word met donateurs, kerkgenootskappe en Christelike organisasies in die streek.
|
|
|
|
|
|
Vakature: Koster, NGK Gamtoosvallei (te Kwagga)
|
Die kerkraad wag aansoeke in vir 'n vakante kosterpos. Die koster is verantwoordelik vir die algemene instandhouding, netheid en bruikbaarheid van die kerkgeboue, terrein en toerusting, asook ondersteuning tydens eredienste, gemeente -aktiwiteite en funksies. Klik hier vir die posbeskrywing.
|
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in April
7 April – ds Riaan Vlok, NG Gemeente Tarkastad 8 April – ds Toit Wessels, NG Gemeente Kraggakamma 13 April – ds MG van Rooyen, NG Gemeente Kraggakamma 14 April – ds Jan Grobbelaar, NG Gemeente Patmos 16 April – ds André Kleynhans, NG Gemeente Buffelsrivier 22 April – ds Clifford James, NG Gemeente Aberdeen 23 April – ds Jugi Barnard, NG Gemeente Jeffreysbaai 27 April – ds Ben Kock, NG Gemeente Mthatha 28 April – ds Vian du Plessis, NG Gemeente Somerstrand 29 April – ds Gillie Noeth, NG Gemeente Anchor of Hope 30 April – ds Lelani van Zyl, NG Gemeente Sondagsrivier-Suid
|
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
|
Loots, ds Deon - 084 855 3444, dissipel@gmail.com
|
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
|
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
Beskikbaar om die Enneagram en retraites aan te bied
|
|
Ds Deon Loots maak die Baai nou weer sy tuiste en is beskikbaar om die Enneagram of retraites in gemeentes of ringe aan te bied (084 855 3444, dissipel@gmail.com).
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Prop Théan Meiring is beroep na die NG Gemeente Kareedouw. Hy het die beroep aanvaar en word op 3 Mei 2026 georden.
|
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|
|