|
|
|
|
|
|
|
Jaargang 24 - Nommer 25 - 21 Augustus 2026
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Colesberg vier 200 jaar van genade
- Aanlyn boelie by skole: tot 'n derde van leerders betrokke
- Gemeentes en skole kan veilige ruimtes vir kinders skep
- Aktiewe burgers: 'n paar mense skep 'n beweging wat tot skoner metro lei, en ons verantwoordelikheid met stemdag 2026
- Leraars beweeg
|
|
|
|
|
Gesprek met twee skoolhoofde
Van skool na huis: gemeentes wat verhoudings bou
|
|
Hoe kan gemeentes help om gesinne veiliger, gesonder en meer liefdevolle ruimtes vir kinders te maak? ’n Gesprek deur die Ring van PE-Wes met twee skoolhoofde uit Nelson Mandelabaai, wat daagliks met kinders en ouers werk, het ’n paar belangrike moontlikhede uitgelig.
|
Een van die sterkste temas uit die gesprekke was die afwesigheid van pa’s. Dit beteken nie altyd dat ’n pa fisies weg is nie. Soms is hy wel in die huis, maar emosioneel afwesig. Ander kinders word hoofsaaklik deur oumas grootgemaak of het min positiewe manlike rolmodelle. Dit laat ’n belangrike vraag ontstaan: Wie wys vir seuns hoe ’n goeie man, eggenoot en pa lyk?
|
Hier kan gemeentes ’n betekenisvolle rol speel. Seuns kan reeds op skoolouderdom gehelp word om oor verantwoordelikheid, respek, selfbeheersing, konflik, verhoudings en die verantwoordelike gebruik van selfone en sosiale media te dink. Die doel is nie bloot om “sterk mans” te vorm nie, maar mans wat liefdevol, diensbaar en veilig is.
|
|
Pa’s self het ook ondersteuning nodig. ’n Sterk pa is iemand wat luister, liefde wys, sy woord hou, sy woede beheer, sy vrou met respek behandel en betrokke is by sy kinders. Gemeentes kan pa- en seun-geleenthede, gesinsdae, kort kursusse en gesprekke oor ouerskap aanbied. Sulke geleenthede werk die beste wanneer dit nie net kennis oordra nie, maar mense help om verhoudings te bou.
|
|
|
Die Ring van PE-Wes is tans besig met 'n innoverende projek om veiliger ruimtes vir kinders te skep, in vennootskap met ander rolspelers soos skole
|
Juis hier lê een van die belangrikste insigte uit die gesprekke: verhoudings word nie hoofsaaklik deur programme gebou nie, maar deur gedeelde tyd, gedeelde ervarings en betroubare teenwoordigheid. ’n Gemeente kan baie goeie materiaal hê, maar as mense nie ervaar dat iemand werklik luister, omgee en oor tyd beskikbaar bly nie, is die invloed daarvan beperk. Pa- en seun-geleenthede, familiedae en informele gesprekke skep ruimte waar mense mekaar leer ken en waar moeilike onderwerpe later makliker bespreek kan word.
|
Dieselfde geld vir die verhouding tussen gemeentes en skole. Die vraag is nie net: “Watter program kan ons by die skool aanbied?” nie, maar eerder: “Kan die skool ons vertrou?” Vertroue groei wanneer ’n gemeente konsekwent teenwoordig is, luister voordat hy planne maak, beskikbaar bly en bereid is om te dien. Wanneer so ’n verhouding oor tyd sterker word, ontstaan daar vanself meer geleenthede om kinders, ouers en onderwysers te ondersteun.
|
Die kerk hoef ook nie altyd nuwe programme te skep nie. Gemeentes kan by bestaande skoolgeleenthede inskakel, onderwysers ondersteun en eenvoudige materiaal via kinders huis toe stuur. So kan gesprekke oor waardes, konflik, selfone, geloof en gesinsverhoudings natuurlik in die huis begin.
|
Die groter visie is dat die skool ’n natuurlike kontakpunt word. Die gemeente bou ’n verhouding met die skool, ondersteun die kind en kry deur die kind ’n brug na die huis. Van daar kan verhoudings met ouers en pa’s groei. Seuns kan reeds geleer word hoe om eendag goeie mans en pa’s te wees, terwyl bestaande pa’s toegerus word om meer teenwoordig, liefdevol en veilig te wees. So word die gemeente nie net ’n plek waarheen mense op ’n Sondag kom nie, maar ’n sigbare en praktiese teenwoordigheid in die gemeenskap.
|
Die kern is voorkoming. Ons wil nie eers reageer wanneer ’n gesin reeds gebreek het nie. Ons wil vandag reeds kinders en ouers help om huise te bou waar mense veilig voel, na mekaar luister en mekaar met liefde en respek behandel.
|
|
Die kerngedagte is daarom groter as bloot beter gedrag by kinders. Ons wil kinders help om eendag goeie volwassenes, goeie mans, goeie vroue en goeie ouers te wees. Terselfdertyd wil ons pa’s help om vandag reeds die veilige, liefdevolle en betrokke pa’s te wees wat hulle kinders nodig het. Dit kan ’n baie konkrete manier wees waarop gemeentes hul roeping uitleef: nie net deur mense te nooi om kerk toe te kom nie, maar deur self na mense toe te gaan — na die skool, na die kind, na die ouer en uiteindelik na die huis.
|
|
|
|
|
|
Aanlyn boelie in SA-skole
By gegoede skole is sommige tieners slagoffers én oortreders
|
|
’n Nuwe studie oor kuberboeliegedrag onder Suid-Afrikaanse tieners, deur prof. Daniel le Roux (US) en Camryn Twaddel (Artefact SA) toon hoe diep aanlyn gedrag jongmense se welstand en skoolprestasie kan raak. Byna twee derdes van die tieners wat aan die studie deelgeneem het, was op een of ander manier by kuberboeliegedrag betrokke — as slagoffers, oortreders of albei.
|
Die navorsing, onder leerlinge van vyf meer gegoede hoërskole, het bevind dat 19,9% net slagoffers was, 6,7% net ander aanlyn geboelie het en 37,3% albei ervaar het. Graad 8-leerlinge was veral kwesbaar: ongeveer driekwart van hulle was by een of ander vorm van kuberboeliegedrag betrokke, teenoor ongeveer die helfte van graad 12-leerlinge.
|
|
Die algemeenste vorme sluit beledigings, die verspreiding van gerugte, die deel van iemand se geheime sonder toestemming en kwetsende boodskappe in. TikTok, Instagram en Snapchat was die platforms wat die sterkste met sulke gedrag verbind is.
|
Die studie wys ook dat kuberboeliegedrag nie net emosionele skade doen nie.
|
Slagoffers het laer vlakke van geluk en deursettingsvermoë gerapporteer en het dikwels swakker op skool gevaar. Sommige vermy selfs skoolwerk of stel take uit. Vorige navorsing wys ook dat aanhoudende aanlyn mishandeling jongmense emosioneel kan uitput, hul lewenstevredenheid kan verlaag en selfs met simptome van depressie verbind kan word.
|
Interessant genoeg het die navorsers ook bevind dat sommige tieners wat self aan kuberboeliegedrag deelneem, terselfdertyd ’n sterker gevoel van verbondenheid met hul portuurgroep ervaar. Dit kan daarop dui dat boeliegedrag vir sommige ’n manier word om in te pas, aanvaar te word of status onder maats te verkry.
|
Die navorsers beklemtoon daarom dat skole en ouers nie jongmense se aanlyn lewe, emosionele welstand en skoolwerk los van mekaar kan sien nie. Hierdie drie wêrelde is nou verweef. Effektiewe voorkoming en ondersteuning moet dus rekening hou met tieners se ontwikkelingsfase, die spesifieke sosialemediaplatforms wat hulle gebruik en die sosiale druk wat hulle aanlyn ervaar.
|
|
Klik hier om 'n artikel oor die navorsing te lees.
|
|
|
|
|
|
Tidy NMB
’n Skoner stad deur saamspan en werk skep
|
|
'n Inisiatief toe inwoners saamspan om die omgewing te verfraai lei nou na 'n netjieser omgewing en werkskepping
|
Wat begin het met vyf inwoners wat elk R50 per maand bygedra het om hul woonbuurt skoon te hou, het binne enkele jare gegroei tot ’n stadswye beweging in Nelson Mandelabaai.
|
Die Gqeberha-huisdokter Johann Malherbe het TidyNMB in 2022 saam met ’n paar inwoners van Kragga Kamma Park begin. Hulle het geld saamgesit om iemand een keer per week te betaal om rommel op te tel. Die verskil was gou sigbaar: die omgewing het netjieser geword en al hoe meer inwoners het self begin help.
|
Vandag fokus TidyNMB veel wyer. Die beweging werk onder meer aan die metro se sogenaamde “Golden Spine” – belangrike toegangsroetes, besige verkeerskorridors en plekke wat deur toeriste besoek word. Die doelwit is groot maar eenvoudig: om Nelson Mandelabaai teen die einde van 2028 weer die netjiesste metro in Suid-Afrika te maak.
|
Malherbe beklemtoon dat Tidy NMB met die metro-owerhede saamwerk en hulself nie as opposisie sien nie.
|
Die verhaal herinner ons daaraan dat ’n mens nie altyd vir groot planne of groot begrotings hoef te wag nie. ’n Klein groepie mense wat bereid is om verantwoordelikheid vir hul eie omgewing te neem, kan ander inspireer en uiteindelik ’n hele stad beïnvloed.
|
TidyNMB nooi ook skole, besighede, kerke, sportklubs en gemeenskapsgroepe om hierdie lente laventel in openbare ruimtes te plant, as deel van ’n droom om Nelson Mandelabaai teen 2030 ’n “laventelstad” te maak.
|
|
Dit is ’n treffende voorbeeld van wat moontlik word wanneer mense minder kla en meer begin doen.
|
|
Lees die volledige Daily Maverick-berig hier.
|
|
|
|
|
|
Toerusting vir stemgeregtigdes
Hoop en verantwoordelikheid in ’n stad onder druk
|
|
|
|
|
|
In hierdie bydrae tot die reeks "Save our city" met die ook op die 2026-verkiesing gesels biskop Sox Leleki oor hoop en verantwoordelikheid as stemgeregtigdes
|
Nelson Mandelabaai staan voor groot en ingewikkelde uitdagings. Van onsekerheid oor munisipale leierskap tot ernstige maatskaplike nood in ons gemeenskappe — die druk op inwoners, organisasies en geloofsgemeenskappe neem toe.
|
In hierdie episode van Save our City gesels ons met iemand wat sy lewe lank naby aan die werklikhede van gewone mense geleef en gewerk het: biskop William “Sox” Leleki.
|
Biskop Leleki kom uit ’n werkersklas-agtergrond in Riebeek-Oos en het oor baie jare ’n sterk stem geword vir kwesbare mense en gemeenskappe wat dikwels nie gehoor word nie. Hy dien as biskop van die William Kama-distrik van die Metodistekerk en was voorheen voorsitter van die SA Raad van Kerke in Nelson Mandelabaai.
|
Die gesprek fokus op die uitdagings wat ons metro in die gesig staar, maar ook na die rol wat kerke, gemeenskapsleiers en gewone inwoners kan speel om hoop te bring en verantwoordelikheid te neem.
|
|
|
|
|
|
NG Kerk Colesberg vier 200-bestaansjare
|
|
Colesbergkoppie was eers bekend as Toverberg (Nederlands vir Toorberg). Naby die koppie was daar twee sendingstasies, maar hulle werk is rondom 1818 deur die Kaapse regering gestop. In 1824 het ’n groepie boere in ’n brief aan die Kaapse goewerneur toestemming gevra om ’n gemeente te mag stig met ’n eie predikant. Hy het ja gesê en in Desember 1826 is die gemeente gestig.
|
|
Nou is dit 200 jaar later en het die gemeente aan die begin van Augustus hul 200 bestaansjare gevier. Lees hoe Helene Meissenheimer van Kerkbode van die heerlike feesnaweek vertel.
|
|
|
|
|
|
Ring van Oos-Londen vra voorbidding
|
Die Ring van Oos-Londen vergader op 23 Augustus 2026 by die NG Kerk King William's Town en vra voorbidding vir hul byeenkoms.
|
|
|
|
|
|
Elders gelees
Emigrasie: Hoeveel en wáárom?
|
|
Dalende lidmaattalle in die NG Kerk word dikwels onder meer aan emigrasie gewyt. Heelwat mense verlaat die land. Maar hoeveel en waarom regtig?
|
Meer as ’n miljoen Suid-Afrikaners het sedert 1990 die land verlaat, volgens die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR). Die grootste rede is beter werk- en loopbaangeleenthede oorsee: 39,8% van emigrante noem dit as hul hoofrede. Misdaad en korrupsie volg met 30,1%, terwyl rasseverhoudinge deur 6,8% genoem word.
|
Die verlies aan vaardighede is groot. Dit verg kundige en bekwame mense om te kwalifiseer vir beter buitelandse betrekkinge. Tussen 2013 en 2025 het Suid-Afrika na raming 123 000 gesondheidswerkers deur emigrasie verloor, terwyl sowat 2 400 dollarmiljoenêrs die afgelope dekade vertrek het.
|
|
Die gewildste bestemmings is die Verenigde Koninkryk, Australië en Nieu-Seeland. Ekonomiese groei en meer werksgeleenthede bly daarom noodsaaklik om hierdie tendens om te keer, sê die IRR.
|
|
|
|
|
|
Vir alle voornemende studente
Aansoeke vir studiehulp by Helpende Hand is oop tot 30 September
|
|
|
Beplan jy om in 2027 verder te studeer? Die Helpende Hand Studietrust se aansoeke vir rentevrye studielenings is nou oop.
|
Die Helpende Hand Studietrust help om jongmense met studiepotensiaal die geleentheid te gee om hul drome te verwesenlik en hul toekoms te bou.
|
📅 Aansoeke is oop van 1 Julie tot 30 September 2026. 🌐 Doen aanlyn aansoek by: www.hh-studietrust.co.za 📧 Vir navrae: studente@helpendehand.co.za
|
Moenie hierdie geleentheid misloop nie – jou toekoms is die moeite werd om in te belê. Dis meer as ’n lening – dis ’n toekoms.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO
Sewe beginsels wat 'n huwelik laat werk - Pastorale beradingskursus
Dinsdag 1 September 2026 – Zoom aanbieding - Prof Wentzel Coetzer
|
Prof. John Gottman, emeritus-professor in sielkunde aan die Universiteit van Washington, word wêreldwyd as een van die voorste kenners op die gebied van huweliks- en verhoudingswetenskap beskou. Oor meer as 50 jaar het sy navorsing duisende pare bestudeer en baanbrekerswerk gelewer wat die veld radikaal verander het. Sy boek, The seven principles for making marriage work, is wêreldwyd ʼn top verkoper, en in hierdie kursus gaan ons veral fokus op die belangrikste perspektiewe wat in hierdie boek aan die orde kom.
|
Gottman se werk het veral ook bekendheid verwerf na aanleiding van die skepping van ʼn sogenaamde ‘Love Lab’ (liefdes laboratorium) waar pare vir 24 uur saam verkeer en ook oornag. Met behulp van kameras en monitors wat ook liggaamlik gekoppel is, word daar dan fyn waarnemings gemaak van ʼn verskeidenheid van sosiale, emosionele en fisiese aspekte gekoppel aan hul interaksie met mekaar. Na jare se waarneming het Gottman en sy span byvoorbeeld die vaardigheid ontwikkel om na 15 minute se waarneming van die interaksie tussen ʼn egpaar, met 91% korrektheid te kan voorspel of die huwelik uiteindelik sal oorleef of nie. Die praktiese riglyne en merkers wat hy vanuit jare se ervaring formuleer vir huwelike om suksesvol te kan wees, is uiters insiggewend en deurslaggewend.
|
Teen bovermelde agtergrond sal daar in hierdie kursus deurgaans ook gefokus word op ʼn verskeidenheid van pastorale implikasies wat basies geïntegreer kan word met Gottman se benadering.
|
Datum: Dinsdag 1 September 2026 Tyd: 09.00 – 13.00 Akkreditering: 5x VBO punte – CPSC punte – ook AFM PCD akkreditasie Koste: R300 pp Handboek te koop (opsioneel): R390 pp (R250 vir die handleiding plus R140 koerierkoste) Navrae: 0836600409 (ook whatsApp) of e-pos: wentzelc@gmail.com
|
|
|
|
|
|
Inligtingsessie oor die opleiding van Bedienaars
|
|
Hierdie aanlyn inligtingsessie is vir almal, leraars en lidmate wat nuuskierig is oor die opleiding van lidmate as Bedienaars in die NG Kerk. In die sessie sal ons oor alles gesels oor die kursus asook geleentheid gee om in Sinodale verband kan te gee om te deel oor die impak van Bedienaars in die kerk.
|
|
Die sessies gaan opgeneem word vir persone wat nie een van die sessies kan bywoon nie. Vir meer inligting, kontak asb vir ds. Jaco Botha by jaco.botha@hugenote.ac.za
|
|
|
|
|
|
VBO: Van liefdadigheid na geregtigheid
|
|
Hier is nog 'n unieke geleentheid wat op 10 September aangebied word: Van liefdadigheid na geregtigheid, ’n inleidende gesprek oor die WCRC se GRAPE-program, waar ons saam vra hoe gemeentes op nuwe maniere kan deelneem aan God se missie van geregtigheid, vrede en menswaardigheid. Jy kan hier registreer.
|
|
|
|
|
|
Opleiding as brugleraar
|
|
DATUMS : Week 1: 16 – 19 November 2026 Week 2: 08 – 11 Februarie 2027
|
|
|
|
|
|
|
|
PE-Sonheuwels hou basaar, 28 Augustus
|
|
|
|
Basaar op Colchester, 29 Augustus
|
|
|
|
Retief-gemeente op Despatch hou basaar, 5 September
|
‘n Dag vir die hele familie
|
|
Ligte, lekker saamwees en baie meer
|
|
Dis Silwersnare boereorkes sal ook optree tydens die kermis.
|
|
PLEK: Kerkgronde, H/v Van der Spuy- en Noordparkstraat, Despatch
|
|
Saam groei ons in geloof, liefde en gemeenskap.
|
|
|
|
Parkheuwel hou basaar op 5 September
|
|
|
|
Uitenhage-Oos hou basaar
|
|
|
NG Kerk Uitenhage-Oos hou LENTE BASAAR op 5 September vanaf 9h00.
|
|
Daar is verskeie musiek en sang items uit ons eie gemeenskap, asook ‘n vertoning deur ‘n plaaslike trompetspeler. Motorfiets entoesiaste kan uisien na 'n besoek van Guts en Glory MCC tussen 10h00 en 11h00. Daar sal natuurlik al die normale basaar lekkerte te koop wees, asook kinderspeletjies, 'n Thrift Shop, Lentehoed en Braaibroodjie Kompetisie, Popsi die Nar en privaat stalletjies
|
|
Jonk en oud word uitgenooi, want daar is iets vir almal by Freresingel 40, Riebeekhoogte, UITENHAGE
|
|
|
|
|
|
Stephan en Betsie Joubert by PE-Hoogland
|
|
|
Op, Saterdag, 19 September, nooi Hoogland se Gebedsaksie u hartlik uit om tyd saam met die Koning te kom spandeer. Ons verwelkom twee van ons mees geliefde Gassprekers, Stephan Joubert en Betsie Joubert, ‘n seminaar te NGK PE Hoogland.
|
Met hul warm persoonlikhede, besonderse boodskappe gaan hulle ons met so baie seën. Mans en Vroue is welkom.
|
|
🎟️ Kaartjies: R120 per persoon. Kaartjies beskikbaar by die Kerkkantoor (08:00-13:00 {Ma-Vry})
|
|
📍 NGK PE Hoogland, annalize@pehoogland.co.za
|
|
📅 Saterdag, 19 September 09:00 – 15:00
|
📞 Navrae: Kontak die kerkkantoor 041 367 1485 (Annalize) of Caroline 061 451 1402
|
|
Nooi sommer jou familie, vriende, bure en kollegas en kom geniet saam met ons 'n besonderse geleentheid. Ons sien daarna uit om Hoogland én die gemeenskap hier te verwelkom!
|
|
|
|
|
|
Teken die datum aan
De Duin hou basaar, 10 Oktober
|
|
|
|
|
|
Humansdorp-Oos vier 50-jaar met Elvis Blue in konsert
|
|
|
|
|
|
Belangrike inligting op ons webblad
Klik hier vir direkte toegang tot belangrike inligting en dokumente op ons webblad (www.ngkok.co.za):
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in Augustus
5 Augustus – ds Corné Slabbert, NG Gemeente Cradock 6 Augustus – ds Wouter O’Kennedy, NG Gemeente Despatch-Noord 9 Augustus – ds Jaco Botha, NG Gemeente Misgund 9 Augustus – ds Hendri Roberts, NG Gemeente Joubertina 12 Augustus – ds Gerhard Loubser, NG Gemeente Port Elizabeth-Lorraine 17 Augustus – ds Barbara-Mari Jacobs, NG Gemeente Port Elizabeth-Sherwood 18 Augustus – ds Wikus Venter, NG Gemeente Dias 20 Augustus – ds Anton Ferreira, NG Gemeente Gamtoosvallei-Oos 27 Augustus – dr Jaco Barnard, NG Gemeente Despatch-Eendrag 29 Augustus – ds Charl Coetzee, NG Gemeente Walmer 31 Augustus – ds Nadine Stoffels, NG Gemeente Somerset-Oos
|
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
|
Grobbelaar, dr Jan (Snr) - 083 611 8731, grobbelaar.jan@gmail.com
|
|
Loots, ds Deon - 084 855 3444, dissipel@gmail.com
|
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
|
Strydom, Ds Deon - 082 9239 567, deonstr@gmail.com
|
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
Dr Jan Grobbelaar (Snr) - 083 611 8731, grobbelaar.jan@gmail.com Ds Louis Fourie; 0822946284; louisfourie2008@gmail.com
|
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
Beskikbaar om die Enneagram en retraites aan te bied
|
|
Ds Deon Loots maak die Baai nou weer sy tuiste en is beskikbaar om die Enneagram of retraites in gemeentes of ringe aan te bied (084 855 3444, dissipel@gmail.com).
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Ds Attie Botha is op 14 Augustus 2026 as predikant van die NG Gemeente Albanie deur ds Paul Odendaal bevestig.
|
Ds John Holtzhausen is op 10 Augustus 2026 na die NG Gemeente Willowmore beroep.
|
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|
|