|
|
|
|
|
|
|
Jaargang 24 - Nommer 8 - 6 Maart 2026
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Klein gewoontetjies skep 'n waterval van verskil
- Nuwe gemeente: Vreugde op Rhodes
- Predikante SAAMkoms - registrasies oop en kreatiewe insette gesoek
- Pinksterreeks 2026 beskikbaar
- Leraars beweeg
|
|
|
|
|
Feesdag op Rhodes
Nuwe gemeente op Rhodes gestig
|
|
|
|
|
Ds Johan Brink - 'n gemeentekind - het die feesdiens gelei. Hier is hy by die uitbeelding van die gemeente as bron van lewende water
|
|
Die vure van vreugde en dankbaarheid op Rhodes, die skilderagtige dorpie aan die voetheuwels van die Drakensberge in die Noord-Oos-Kaap, het op 1 Maart hoog gevlam met die herstigting van Rhodes-gemeente. Die gemeente was die afgelope vyf dekades deel van Barkly-Oos se NG gemeente, maar is nou onafhanklik herstig.
|
Een van die gemeenskapslede het 'n pragtige skildery van die dorpie gemaak. Dit beeld die vars waterstroom uit wat vanuit die dorp die Bekrivier en Kraairivier voed—’n aangrypende simbool van die lewende water wat Rhodes-gemeente in die gemeenskap wil uitdra.
|
|
Die gemeente se leraar, emeritus-ds Franz Gottschalk, het vooraf die kerkraad in die amp bevestig, waarna ds Brink die feesboodskap gelewer het.
|
|
|
|
|
Ds Franz Gottschalk (emeritus) bevestig Rhodes-gemeente se nuwe kerkraadslede (Foto: Kerkbode)
|
Jaco Schoeman, kerkraadslid (regs op die foto hierbo), beskryf die geleentheid as 'n dag van genade, herstel, hoop en heilige vreugde. Hy vertel:
|
"Sondag 1 Maart 2026 sal lank in Rhodes se geheue leef — ’n dag waarop ’n diep hunkering uiteindelik in lig verander het. Die droom van ’n eie NG Kerk Rhodes het nie net waar geword nie; dit het soos ’n jubelroep oor die dorp gerol.
|
"Die Stigtingsvergadering in die keurige Kerksaal Eksodus het soos ’n tapisserie van geskiedenis, gebed en roeping ontvou. Daarna het die diens onder leiding van ds. Johan “Oubaas” Brink die gemeente diep geraak — trane van vreugde, dankbaarheid en herinnering het soos helder water gevloei. Dit was asof die mure self die loflied wou saamsing.
|
|
"En toe het die fees losgebars: prentjiemooi tafels in die Landbousaal, mense wat lag, stories wat vloei, hande wat mekaar vind. Die kerkgebou — met sy asemrowende banier, vars blomme en sy waardige stilte — het soos ’n ou vriend gelyk wat weer regop staan, trots en vol lewe.
|
|
|
Rhodes-Gemeente se pragtige kerkgebou
|
"Later, toe ek verby die kerk en sy mooi tuin ry, het dit gevoel asof die gebou self fluister: 'Ek is weer gereed. My deure staan oop. Met trots sal ek Sy Woord uitdra aan almal wat Sy Naam aanroep.'
|
"Die NG Kerk Rhodes neem nou sy plek in — volwaardig, diensbaar, hoopvol. Uit suiwer genade is hierdie geleentheid aan ons teruggegee. Ons dank elke hand, elke gebed, elke offer. Ons dank die vier dominees wat teenwoordig was, en die voormalige leraars wie se woorde soos seënwater oor ons geval het.
|
"As gemeente staan ons nou saam — nie huiwerend nie, maar vas, vol moed. Ons hardloop die toekoms tegemoet, want Hy hardloop saam.
|
|
“Laat ons dan met volharding die wedloop hardloop wat voor ons lê, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.” – Hebreërs 12:1
|
|
|
|
|
|
Dit is die klein gewoontetjies wat die groot verskil maak
|
|
James Clear se boek, Atomic Habits, is 'n wêreldwye treffer.
|
Groot veranderinge in ’n mens se lewe gebeur selde oornag. Volgens ’n interessante artikel deur Louise Janovsky in Daily Maverick, wat by Clear se Atomic Habits aansluit, begin betekenisvolle verandering dikwels met klein, eenvoudige gewoontes wat oor tyd herhaal word. Sulke klein verskuiwings kan uiteindelik ’n groot invloed hê op ons gesondheid, fokus en lewenskwaliteit.
|
Die artikel wys op drie praktiese areas waar klein aanpassings ’n merkbare verskil kan maak.
|
- Eerstens beklemtoon navorsing die waarde van gereelde kragoefeninge om spiermassa en energie te behou, veral namate ’n mens ouer word.
- Tweedens word lesers aangemoedig om hul skermtyd meer doelbewus te bestuur, aangesien konstante selfoongebruik maklik aandag en tyd steel wat vir meer betekenisvolle aktiwiteite gebruik kan word.
- Derdens herinner die skrywer ons dat die brein deur sogenaamde neuroplastisiteit voortdurend kan leer en ontwikkel – selfs op ’n hoë ouderdom.
Die boodskap is eenvoudig maar kragtig: ’n bietjie meer beweging, minder afleiding en ’n nuuskierigheid om te bly leer, kan oor tyd ’n merkbare verskil maak. Lees die volledige artikel in Daily Maverick vir meer insigte en praktiese idees.
|
Terug by James Clear se boek, Atomic Habits: werklike verandering kom deur die gesamentlike impak van 'n versameling klein besluite en keuses. Klein, amper onmerkbare veranderinge, kan uiteindelik tot ingrypende lewensveranderinge lei.
|
Hy verduidelik ’n paar eenvoudige maar kragtige strategieë, soos die vergete kuns van “habit stacking”, die verrassende krag van die twee-minuut-reël, en die manier om in die sogenaamde “Goldilocks-sone” te werk.
|
|
Clear maak gebruik van moderne insigte uit sielkunde en neurowetenskap om te verduidelik waarom hierdie beginsels so effektief is. Terselfdertyd vertel hy inspirerende stories van Olimpiese gouemedaljewenners, invloedryke uitvoerende hoofde en vooraanstaande wetenskaplikes wat die beginsels van klein gewoontes gebruik het om produktief, gemotiveerd en vervuld te bly.
|
|
|
|
|
|
Pinksterreeks 2026 beskikbaar
CLF se 2026 Pinksterreeks is nou beskikbaar. Die tema is: Ontwrig die verdeeldheid: ’n Pinksterreis na Eenheid, Heiligheid en ’n Nuwe Mensheid in Christus.
|
Die reek is opgestel deur Phumlani Ngwenya en Mikal Barnes, gebaseer op hul komende boek wat deur CLF uitgegee word.
|
Die reeks put diep uit die Suid-Afrikaanse verhaal en die Bybelse Pinkstergebeure om die Kerk uit te daag om weer die eenheid te leef waarvoor Jesus in Johannes 17 gebid het. Dit hou die Kerk ’n spieël voor - om haar eie verdeeldheid, trots en kulturele gevangenskap te erken - en bied terselfdertyd ’n padkaart vir ’n Gees-geleide reis na genesing en versoening.
|
|
Met temas soos liefde as dryfkrag, heiligheid en nederigheid, waaksaamheid teen geestelike Trojaanse perde, en Christus-bo-kultuur, roep hierdie reeks gelowiges en gemeentes op tot ’n “heilige ontwrigting” wat ware gemeenskap en transformasie bring.
|
Die uiteindelike doel? Die vorming van ’n nuwe mensheid in Christus - ’n versoende volk wie se lewe die geloofwaardigheid van die evangelie aan ’n verdeelde wêreld toon.
|
|
|
|
|
|
Ja, meeste mense dink gereeld oor die betekenis van die lewe
Waarom sal mense kerk toe kom? Een van die diepste en ingrypendste vrae van die lewe of is dit alles sin en betekenis het. Bewustelik en onbewustelik word 'n besoek aan 'n eredienste gemeet aan die vraag of hiérdié geloofsgemeenskap en hiérdié boodskap innerlike dors na sin en betekenis voed.
|
|
Gerespekteerde Pew-navorsers het in 'n onlangse meningsopname gevra: "Hoe gereeld dink jy na oor die sin en doel van die lewe?". Byna die helfte van die respondente noem dat hulle weekliks nadink oor sin en betekenis.
|
|
|
Dit toon aan dat tweederdes van mense minstens maandeliks vra wie hulle is en waarheen hulle op pad is. 'n Baie klein minderheid dink selde of nooit hieroor nie.
|
Hierdie is diep lewensfilosofiese vrae wat in gemeentes met diep en betekenisvolle reponse begroet moet word. Die lewe van die gemeente, die wyse waarop mense mekaar hanteer en ook die handelinge tydens en inhoud van die erediens dien as verbale en nie-verbale antwoorde op hierdie vrae.
|
Nadenke oor betekenis kom dus nie net voor wanneer mense groot oorgange in hulle lewe beleef nie, en ook nie meer by ouer as by jonger mense nie, bevind die navorsing. Trouens, 68% van mense wat sedert 2000 gebore is dink gereeld hieroor.
|
Ryan Burger van Graphs about Religion wys uit dat ateïste minder oor betekenis nadink as die res van die bevolking. Dit geld ook agnostici. Aan die ander kant: aktiewe kerkbesoekers is onder die groep wat die meeste aan sinvrae dink. In 'n kompeterende godsdiensmark kan mens waarskynlik verwag dat dit 'n belangrike oorweging by die keuse van 'n gemeente sal wees: help hierdie kerk my om my diepste dors na sin en doel te verwesenlik?
|
|
|
|
|
|
Bybelgenootskap se jaarlikse vrugtemark: 26-28 Maart
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Oos-Kaap byeenkoms weer te Jeffreysbaai
#Imagine-Jeugfees, 28-30 Maart 2026
|
|
|
|
Die Oos-Kaap se #IMAGINE fees (experience) vind in 2026 weer in Jeffreysbaai plaas: 28 -30 Maart 2026
|
Ons visie is om jong SA met hoop te inspireer – ons glo in môre, omdat Jesus leef!
|
|
|
|
|
|
|
Inskrywings vir die Predikante SAAMkoms het op 23 Februarie geopen. Elke predikant en diensleraar het 'n skrywe ontvangs waarin die registrasieskakel verskaf word. klik daarop om aanlyn te registreer. Daarna word 'n faktuur aan jou gestuur.
|
|
Die aanbeveling is dat kerkrade instaan vir die registrasiekoste, of leraar gedeeltelik bystaan om dit te bekostig. Die koste word swaar gesubsidieer (sowat 80%), sodat die verskuldige bedrag binne bereik van predikante en kerkrade gebring kon word.
|
|
|
|
'n Interaktiewe program met uiteenlopende keusemoontlikhede word beplan.
|
Die inhoudspan nooi predikante wat die geleentheid sal bywoon, uit om hulle te kontak met voorstelle vir die Idee-ateljee, 'n kreatiewe ruimte waar innoverende insette gedeel kan word. Lerisa Meyer, verantwoordelike predikant, sê:
|
|
“Ons nooi almal uit om ’n kort, inspirerende praatjie – nie langer as 10 minute nie – op te neem en dit as ’n YouTube-skakel met ons te deel. Die skakel moet met beperkte toegang ingestel wees (unlisted) en gestuur word na lerisastrydom@gmail.com."
|
|
|
|
Lerisa beskryf hierdie praatjies as "nie ‘n lesing of ‘n preek nie – dit is ‘n geleentheid waar ons idees met mekaar kan deel. Idees wat hoop gee, wat ons uitdaag, ons nuut laat dink – wat ons harte en denke weer opnuut aanraak. By die Idee Ateljee soek ons gefokusde en inspirerende aanbiedings.”
|
Meyer voeg by dat daar ’n keuringsproses sal wees waar ’n paneel die opnames beoordeel. Die sprekers wat gekeur word, kry dan die geleentheid om hul praatjie regstreeks by die saamkoms in Augustus aan te bied. “Hierdie is nie net nóg ’n referaatgeleentheid nie. My hoop is dat hierdie platform nie net inhoud sal lewer nie, maar ook nuwe energie en kreatiwiteit in ons bediening sal ontsluit.”
|
Die finale datum vir Ted Talk inskrywing is 8 April. Die saamkoms is 24 – 28 Augustus 2026.
|
|
|
|
Belangrike inligting op ons webblad
Klik hier vir direkte toegang tot belangrike inligting en dokumente op ons webblad (www.ngkok.co.za):
|
|
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO
"Vir 'n tyd soos hierdie" - perspektiewe uit die teologie
|
|
|
|
|
|
|
|
VBO-opname aanlyn beskikbaar
Islam vandag: Wat Christene regtig moet weet
|
|
Dr Enrico Casaleggio het nou die hele reeks van drie aanbiedings in sy reeks van drie bydraes oor Islam Vandag gelewer.
|
|
Persone wat die lesing(s) besigtig het, kan VBO-punte aanvra by die Direkteur Dinode, Oos-Kaapland - klik hier.
|
|
|
|
|
|
Aanlyn webinaar
Geslagsgeweld in landelike gebiede
|
|
Belangstellendes word genooi om te registreer vir ’n webinaar oor “Rural Women and Gender-Based Violence” wat op Woensdag 11 Maart 2026 van 10:00 tot 11:30 aangebied word.
|
Geslagsgebaseerde geweld is in Suid-Afrika as ’n nasionale ramp verklaar, en vroue in landelike gebiede dra ’n buitensporige groot las daarvan. Dit hou verband met diepgewortelde armoede, patriargale sosiale norme en sistemiese ongelykhede. Ten spyte hiervan neem baie vroue toenemend self die leiding om hul stem te laat hoor en hul regte op te eis.
|
Die webinaar bring drie ervare sprekers byeen wat uit eerstehandse ervaring oor hierdie uitdagings en moontlike oplossings sal praat: Lenishia Frank van die Women on Farms Project, Sherriff Ramoabi van die Rural Women’s Assembly, en Yolanda Tokwe van die Rural Women’s Assembly Healing Circle. Die gesprek beloof om insiggewend en stimulerend te wees vir almal wat belangstel in die realiteite van landelike vroue en die stryd teen geslagsgebaseerde geweld.
|
|
Belangstellendes kan nou reeds registreer. Versprei gerus ook die uitnodiging en registrasieskakel binne jou eie netwerke. Ons sien uit na jou deelname.
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO: Tuiskoms
|
|
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO: Aftrede, die drumpel van 'n nuwe lewensfase
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
NG Kerk Albanie: Voltydse leraar
Makhanda (Grahamstad) is ’n diverse dorp vol kultuur en geskiedenis. Dit is die tuiste van talle skole en Rhodes Universiteit wat die dinamiek van onontginde jong energie bring. Dit is die tuiste van die Nasionale Kunstefees en talle geskiedkundige monumente wat elemente van kultuur, musiek, drama en kreatiwiteit op ons voorstoep plaas. Ons omgewing bied pragtige natuurskoon en plase en wildreservate omsoom die dorp.
|
|
Die gemeente beskik oor 'n vakature vir 'n voltydse leraar. Lees die posbeskrywing hier.
|
|
Die sluitingsdatum is 20 Maart 2026.
|
|
|
|
|
|
Vastetermyn-bediening in Tarkastad
|
Emeriti / leraars wat belangstel in 'n vaste termyn bediening in Tarkastad vir 2 jaar kan met ds Riaan Vlok skakel by 082 877 7212.
|
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in Maart
Baie geluk aan die volgende predikante en diensleraars wat in Maart verjaar:
|
7 Maart – ds Delmarie Viljoen, NG Gemeente Queenstown 9 Maart – ds Riëtte Botha, NG Gemeente Elliot 9 Maart – ds Quintin Nel, NG Gemeente Burgersdorp 18 Maart – ds Jaques Grobler, NG Gemeente Sondagsrivier (Kirkwood) 27 Maart – ds Jan Coetzer, NG Gemeente Oos-Londen 30 Maart – ds Dawie de Wet, NG Gemeente Willowmore
|
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
|
Loots, ds Deon - 084 855 3444, dissipel@gmail.com
|
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
|
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
Beskikbaar om die Enneagram en retraites aan te bied
|
|
Ds Deon Loots maak die Baai nou weer sy tuiste en is beskikbaar om die Enneagram of retraites in gemeentes of ringe aan te bied (084 855 3444, dissipel@gmail.com).
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Dr Wentzel Schoeman van die NGK Klerksdorp-Oos het die beroep na die Verenigde Gemeente Stutterheim (NG en Presbiteriaanse Gemeentes) aanvaar.
|
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|
|