Amptelike kennisgewings aan Kerkbode, die Direkteur Sinode en ander kerklike instansies
Inleiding
Skribas van kerkrade en ringe moet veral van onderstaande kennis neem.
Kerkbode, die amptelike mondstuk van die NG Kerk, word gebruik om
- amptelike kennisgewings oor die bewegings van predikante en diensleraars te plaas (bv beroeping, bevestiging, emeritering / aftrede, uittrede, verlies aan bevoegdheid) of
- amptelike kennisgewings oor die vergaderings van ringe, sinodes of die algemene sinode.
te plaas.
Verder moet kennisgewings oor predikante en diensleraars ook aan die Direkteur Sinode Oos-Kaapland gestuur word:
- Stuur alle kennisgewings vir Kerkbode aan kerkbode@tydskrifte.co.za
- Kennisgewings aan die Direkteur Sinode word gestuur aan sinode@ngkok.co.za
- Kennisgewings aan die Algemene Taakspan Predikantesake word gestuur aan bevoegdheid@ngkerk.org.za
- Kennisgewing aan die Pensioenfonds waar die NG Kerk in Oos-Kaapland inskakel word gestuur aan pensioen@kaapkerk.co.za
Waaroor word kennisgewings gestuur?
Hiermee ‘n opsomming van die reëlings in Reglement 12 van Kerkorde Oos-Kaapland 2024:
- Uitbring van ‘n BEROEP, en later ‘n verdere kennisgewing oor die aanneming of bedanking van die beroep. Stuur hierdie kennisgewing aan Kerkbode en die Sinodale Kantoor. Dit kan as volg lui: “Hiermee gee die kerkraad van <gemeente> kennis dat ds <naam van predikant of diensleraar> op <datum> beroep is van die NG Gemeente <gemeente> as voltydse predikant / diensleraar.
- BEVESTIGING van ‘n predikant of diensleraar: Stel die Kerkbode, die Sinodale Kantoor, jul betrokke ring en die Algemene Taakspan Predikantesake (bevoegdheid@ngkerk.org.za) in kennis van die naam van die leraar en die datum waarop die bevestiging plaasvind.
- EMERITERING: Stel die Sinodale Kantoor (sinode@ngkok.co.za), die pensioenkantoor, die Algemene Taakspan Predikantesake en Kerkbode in kennis van emeritering (aftrede) van predikante en diensleraars. Die bewoording kan as volg lui: “Hiermee gee die kerkraad van <gemeente> kennis dat ds <naam van predikant of diensleraar> op <datum> emeriteer. Sy afskeidsdiens vind op <datum> plaas.”
- STIGTING van ‘n nuwe gemeente, soos by afstigting: Verwys n Kerkorde Oos-Kaapland 2024 Reglement 27 – laai die Kerkorde hier af.
- VERGADERINGS van die Ring of Sinode: die skriba van die Ring of Sinode plaas in Kerkbode ‘n kennisgewing van die vergadering van die ring of sinode.
Raadpleeg Reglement 12 sorgvuldig om die volledige stel reëlings na te gaan.