|
|
|
|
|
|
|
Jaargang 24 - Nommer 10 - 20 Maart 2026
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Aan gemeentes: Rus kiesers toe vir die komende plaaslike verkiesing
- Brief aan Cyril: Dringende intervensie in plaaslike regering gevra
- Materiaal vir die Groot Lydensweek en Paasfees
- Ring van PE besoek Biblia Hawesending
- Leraars beweeg
|
Grens.Pos neem nou 'n blaaskans. Die volgende uitgawe verskyn weer 10 April 2026.
|
|
|
|
|
|
Kerklike Netwerk bepaal prioriteite vir 2026
Gemeentes mobiliseer en rus kiesers toe om verantwoordelik te stem
|
|
Enkele lede van die Nelson Mandela Bay Church Leader Netwerk in vrolike luim na ernstige gesprek waar ooreengekom is om stemgeregtigdes te motiveer en op te lei in die aanloop tot die plaaslike verkiesings later vanjaar.
|
Terwyl plaaslike infrastruktuur krummel, worstel plaaslike gemeenskappe met lakse en trae plaaslike regerings. "Die kerk is geroep - tot op gemeentevlak - om die saak vir gemeenskappe op te neem, teenoor plaaslike regerings hieroor te getuig en daadwerklike aksie te neem," het die Netwerk vir Kerkleiers in Nelson Mandelabaai tydens 'n konsultasie ooreengekom.
|
Na 'n deurtastende gesprek waarin verskillende moontlikhede geopper is, het die groep individuele terugvoer gegee en is 'n woordwolk met behulp van rekenaartegnologie gebou om die groep se prioriteite aan te dui.
|
|
Die volgende het na vore gekom:
|
|
|
Die plaaslike verkiesings is die duidelike prioriteit. Dit word as 'n uitstekende geleentheid gesien waar kiesers plaaslike regerings verantwoordbaar kan hou. Hiervoor moet potensiële kiesers toegerus word.
|
Gemeentes behoort veral jongmense te motiveer om te registreer om aan te verkiesing deel te neem.
|
Verder moet mense weet hul stem maak 'n verskil. Min kiesers besef dat elke stemgeregtigde twéé stemme het - met die een stem jy vir jou kandidaat en met die ander stem vir die proporsionele verteenwoordiging. Indien jou wyksraadslid eties, bekwaam en toegewyd is, maar jy nie van sy/haar party hou nie, kan jy met die een stem die kandidaat ondersteun en met die ander stem heeltemal 'n ander party.
|
Soms daag kiesers nie by die stembus op nie, want hulle weet hul kandidaat gaan waarskynlik die pyp rook. Dan gee hulle die kragtige proporsionele stem prys. Kiesers moet die volle stemproses en die krag van hulle stemme besef.
|
|
Materiaal om kiesers toe te rus word tans voorberei en sal later in die jaar beskikbaar gestel word.
|
|
|
|
|
|
Swak dienslewering skend grondwet
Burgerlike koalisie, waaronder kerke, doen 'n beroep op pres. Ramaphosa
|
|
|
|
Die Nelson Mandela Bay Civil Society Coalition (waarvan verskeie kerke, waaronder die NG Kerk lid is) het in ’n dringende brief aan president Cyril Ramaphosa ’n beroep gedoen op onmiddellike nasionale ingryping in die metro se toenemende infrastruktuurkrisis. Die koalisie, wat ’n breë spektrum van die samelewing verteenwoordig, waarsku dat die ineenstorting van water-, elektrisiteits- en sanitasiedienste nie meer bloot administratiewe mislukkings is nie, maar ’n ernstige skending van grondwetlike regte.
|
Volgens die brief is die krisis die gevolg van politieke inmenging, swak bestuur en ’n verlies aan tegniese vaardighede, eerder as ’n gebrek aan finansiële hulpbronne. Intussen lei waterverliese, gereelde kragonderbrekings en vervalle infrastruktuur tot groot ekonomiese skade en onveilige lewensomstandighede vir inwoners.
|
Die koalisie versoek die president om daadwerklik in te gryp, soortgelyk aan intervensies elders, en om volhoubare maatreëls te implementeer wat bestuur stabiliseer, instandhouding herstel en inwoners se regte beskerm. Die boodskap is duidelik: die stad se situasie het ’n kantelpunt bereik en vereis dringende optrede.
|
|
|
|
Ring van PE- Besoek Biblia Hawesending
|
|
Predikante van die Ring van PE op besoek aan Biblia Hawesending. Vlnr Joy Thompson van Biblia, di Carlien du Pisanie, Thea Wait, Hermann Nell (Biblia), di Pieter Nel, Vian du Plessis, Jacques du Pleassis (Biblia) en ds Charl Coetzee
|
|
Die leraars van die Ring van Port Elizabeth het onlangs Biblia Hawesending (NPO) in die Port Elizabeth-hawe besoek. Hierdie bediening van die NG Kerk fokus op seevaarders van regoor die wêreld wat in die hawe aandoen – mense uit lande soos die Filippyne, China en Rusland. Elke jaar kom honderde skepe hier aan, wat ’n besondere geleentheid skep om met bemanningslede kontak te maak en hulle pastoraal en geestelik te bedien.
|
Die bediening op grondvlak word hoofsaaklik gedra deur Jacques du Plessis en Joy Thompson, wat gereeld skepe besoek. ’n Belangrike deel van hulle werk is om SIM-kaarte aan skeepsmanne te verkoop, aangesien baie van hulle nie van die skepe af kan gaan wanneer hulle in die hawe is nie, maar tog graag met hulle families by die huis wil kommunikeer. Die SIM-kaarte maak hierdie kontak moontlik en dien ook as ’n bron van inkomste vir die bediening.
|
Jacques en Joy het ook iets van hulle persoonlike geloofsverhale gedeel, en dit was besonders om te hoor hoe die Here hulle oor tyd voorberei het vir hierdie roeping. Ons het ook kennis gemaak met Herman Nell, Voorsitter van die Bestuurskomitee. Lees verder en ontdek hoe jy Biblia deur gebed en die brei van musse kan bystaan.
|
|
|
|
|
|
Groot Lydensweek en Paasfees 2026
|
|
DinkJeug se materiaal vir die Groot Lydensweek en Paasfees 2026 is reeds vandeesweek bekendgestel. Klik hier om die uitdeelstuk vir gesinne (grafika hierbo geplaas) af te laai. Hier is 'n skakel met meer inligting oor hierdie uitdeelstuk.
|
|
Tans is die reeks oor gewoontes vir Lydenstyd steeds aan die orde. Gewoonte 6, vir 22 Maart, handel oor die vertel van stories, en Gewoonte 7 (29 Maart) oor die gebruik van simbole.
|
|
|
|
|
|
Nuwe publikasie gee perspektief
Wanneer die kerk self seerkry – Traumatized Church
Die boek Traumatized Church, deur Scot McKnight en Adrienne Gibson, toon eerlik dat trauma nie net buite die kerk voorkom nie—dit gebeur dikwels binne gemeentes self. Soms beseer leiers lidmate, soms lidmate hul leiers, en dikwels dra mense hul eie pyn oor na ander. Só ontstaan wat die skrywers ’n “getraumatiseerde kerk” noem.
|
Die boek wil gemeentes help om hierdie werklikheid te herken en verantwoordelik daarmee om te gaan. Dit doen dit op vier maniere:
|
- eerstens deur insig te gee in wat trauma is en hoe dit mense se denke en gedrag beïnvloed;
- tweedens deur te leer hoe om sensitief te luister na mense se verhale en emosies;
- derdens deur te wys hoe veilige ruimtes gebou kan word—met vertroue, grense en deursigtigheid; en
- laastens deur te beklemtoon dat ware genesing ervaar word in konkrete, veilige verhoudings.
’n Belangrike invalshoek is Paulus se verhouding met die gemeente in Korinte. Sy intense emosies en konflik, veral in 2 Korintiërs 10–13, word gelees as die ervaring van iemand wat self trauma dra, maar steeds na herstel werk.
|
|
Hierdie boek bied ’n praktiese en Bybels-gefundeerde pad vir gemeentes wat wil groei na genesing en hoop. Klik hier om meer te lees. Die boek word op 21 April op Amazon beskikbaar gestel.
|
|
|
|
|
|
Nuwe publikasie
Ontmoet God in die chaos van ma-wees
|
|
|
God wag nie dat die huis heeltemal skoon en gereed is vir gaste voor Hy in ons lewe opdaag nie. Daar kan kinderspeelgoed in elke vertrek rondlê, jou huis kan vol krummels wees en jou kop vol kommernisse, maar Hy is reeds teenwoordig. Dáár te midde die warboel. Net so hoef nie jy jouself as die “perfekte ma” te bewys voordat jy Sy seën ervaar nie. Jy het dit reeds ... Jy IS ’n ma duisend. In 31 eerlike en bemoedigende essays deel Francine Prins en Maryke Hansen stories uit hulle eie lewe as ma’s. Stap hierdie wonderlike, uitdagende, vervullende pad saam met God.
|
|
|
|
|
|
Pinksterreeks 2026 beskikbaar
CLF se 2026 Pinksterreeks is nou beskikbaar. Die tema is: Ontwrig die verdeeldheid: ’n Pinksterreis na Eenheid, Heiligheid en ’n Nuwe Mensheid in Christus.
|
|
|
|
|
|
Kruissangdiens by Kraggakamma, 22 Maart
|
|
|
|
Paasproduksie by PE-Lorraine: 22 Maart
|
|
|
|
|
|
Basaar by PE-Sonheuwels, 27 Maart
|
|
|
|
|
|
Basaar op Loerie, 28 Maart 2028
Saterdagoggend, 28 Maart is basaartyd op Loerie. ‘n Basaar op die platteland is altyd lekker, want die landelike atmosfeer is net anders. Ou vriende ontmoet mekaar en daar word heerlike gekuier en gesels.
|
|
‘n Basaar beteken natuurlik ook lekker eet! Die “Brekkie buns”, pannekoek, hamburgers, boereworsrolle, spitkoeke en kerrie en rys bied ‘n heerlike keuse voordat jy iets soet by die poedingtafel gaan soek. Sluit dan jou ete af met ‘n besoek aan die koffiewinkel vir keurige koek en tert om die tafel terwyl jy die pragtige natuurskoon kan geniet. Daar is ook keurige gebak, tuisgemaakte konfyt, vars groente, saailinge en plante vir jou herfs- en wintertuin om huis toe te neem.
|
Die Oos-Kaap se boerboelskou vind ook gedurende die oggend plaas. Kom kyk en bewonder die pragtige honde wat trots deur hul eienaars vertoon word. Die basaar begin om nege-uur die oggend. Kaartfasiliteite is beskikbaar. Enige navrae kan aan 073 480 9523 gerig word.
|
|
|
|
|
|
|
|
Bybelgenootskap se jaarlikse vrugtemark: 26-28 Maart
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Oos-Kaap byeenkoms weer te Jeffreysbaai
#Imagine-Jeugfees, 28-30 Maart 2026
|
|
|
|
Die Oos-Kaap se #IMAGINE fees (experience) vind in 2026 weer in Jeffreysbaai plaas: 28 -30 Maart 2026
|
Ons visie is om jong SA met hoop te inspireer – ons glo in môre, omdat Jesus leef!
|
|
|
|
|
|
|
Inskrywings vir die Predikante SAAMkoms het op 23 Februarie geopen. Elke predikant en diensleraar het 'n skrywe ontvangs waarin die registrasieskakel verskaf word. klik daarop om aanlyn te registreer. Daarna word 'n faktuur aan jou gestuur.
|
|
Die aanbeveling is dat kerkrade instaan vir die registrasiekoste, of leraar gedeeltelik bystaan om dit te bekostig. Die koste word swaar gesubsidieer (sowat 80%), sodat die verskuldige bedrag binne bereik van predikante en kerkrade gebring kon word.
|
|
|
|
|
|
Belangrike inligting op ons webblad
Klik hier vir direkte toegang tot belangrike inligting en dokumente op ons webblad (www.ngkok.co.za):
|
|
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO
Prof Wentzel Coetzer: 'n Pastoraal-holistiese benadering tot kanker - 21 April 2026
Wanneer die immuun sisteem gestimuleer word, selfbeeld en selfvertroue herstel word, onverwerkte trauma en emosionele pyn deurgewerk word, vertroebelde verhoudings herstel word en ʼn gesonde leefstyl in plek kan kom, kan dit lei tot ingrypende fisiese veranderinge. In hierdie kursus kom ʼn verskeidenheid van praktiese riglyne in hierdie verband aan die orde as deel van ʼn diepgaande pastoraal-holistiese benadering waar die biologiese, sosiale, emosionele en geestelike dimensies van siekte oor die algemeen geïntegreer word. Daar word veral gefokus op die benaderings van die pediatriese chirurg, Dr Bernie Siegel, asook die mediese dokter, Gabor Maté, met betrekking tot kanker. Teen hierdie agtergrond word daar dan telkens ook pastorale kommentaar gelewer en praktiese riglyne uitgespel. Kursus oop vir almal Datum: Dinsdag 21 April 2026. Tyd: 09.00 – 13.00 Akkreditering: 5x VBO punte – CPSC punte – 5x AFM PCD punte
|
Koste: R300 pp (R45 ekstra vir inskrywings uit Namibië en die buiteland as gevolg van bykomende bank heffings) Handboek te koop (opsioneel): R370 (R250 plus R120 vir koerier)
|
|
Navrae: 083 660 0409 of e-pos: wentzelc@gmail.com
|
Volg die kursus op ʼn later datum: Persone wat nie die betrokke oggend die kursus kan bywoon nie, kan nogtans registreer en dan agterna ʼn skakel ontvang om op enige later datum weer die kursus te kan volg.
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO: Aftrede, die drumpel van 'n nuwe lewensfase
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Vakature: Sang-en Musiekleier: Blouwaterbaai - PE
|
Aansoeke word ingewag vir die pos van Sang-en Musiekleier vir NG gemeente Blouwaterbaai Familiekerk.
|
Hierdie is ‘n voorstedelike gemeente geleë aan die kus en langs die Swartkopsrivier in Port Elizabeth. Die gemeente vier vanjaar hulle vyftigste bestaansjaar. Die gemeente bestaan uit gesinne en senior lidmate. Die gemeente het ‘n aktiewe sanggroep wat die sang kan lei tydens eredienste en ander geestelike byeenkomste.
|
|
|
|
|
|
NG Kerk Albanie: Voltydse leraar
Makhanda (Grahamstad) is ’n diverse dorp vol kultuur en geskiedenis. Dit is die tuiste van talle skole en Rhodes Universiteit wat die dinamiek van onontginde jong energie bring. Dit is die tuiste van die Nasionale Kunstefees en talle geskiedkundige monumente wat elemente van kultuur, musiek, drama en kreatiwiteit op ons voorstoep plaas. Ons omgewing bied pragtige natuurskoon en plase en wildreservate omsoom die dorp.
|
|
Die gemeente beskik oor 'n vakature vir 'n voltydse leraar. Lees die posbeskrywing hier.
|
|
Die sluitingsdatum is 20 Maart 2026.
|
|
|
|
|
|
Vastetermyn-bediening in Tarkastad
|
Emeriti / leraars wat belangstel in 'n vaste termyn bediening in Tarkastad vir 2 jaar kan met ds Riaan Vlok skakel by 082 877 7212.
|
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in April
7 April – ds Riaan Vlok, NG Gemeente Tarkastad 8 April – ds Toit Wessels, NG Gemeente Kraggakamma 13 April – ds MG van Rooyen, NG Gemeente Kraggakamma 14 April – ds Jan Grobbelaar, NG Gemeente Patmos 16 April – ds André Kleynhans, NG Gemeente Buffelsrivier 22 April – ds Clifford James, NG Gemeente Aberdeen 23 April – ds Jugi Barnard, NG Gemeente Jeffreysbaai 27 April – ds Ben Kock, NG Gemeente Mthatha 28 April – ds Vian du Plessis, NG Gemeente Somerstrand 29 April – ds Gillie Noeth, NG Gemeente Anchor of Hope 30 April – ds Lelani van Zyl, NG Gemeente Sondagsrivier-Suid
|
Verjaarsdae in Maart
Baie geluk aan die volgende predikante en diensleraars wat in Maart verjaar:
|
7 Maart – ds Delmarie Viljoen, NG Gemeente Queenstown 9 Maart – ds Riëtte Botha, NG Gemeente Elliot 9 Maart – ds Quintin Nel, NG Gemeente Burgersdorp 18 Maart – ds Jaques Grobler, NG Gemeente Sondagsrivier (Kirkwood) 27 Maart – ds Jan Coetzer, NG Gemeente Oos-Londen 30 Maart – ds Dawie de Wet, NG Gemeente Willowmore
|
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
|
Loots, ds Deon - 084 855 3444, dissipel@gmail.com
|
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
|
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
Beskikbaar om die Enneagram en retraites aan te bied
|
|
Ds Deon Loots maak die Baai nou weer sy tuiste en is beskikbaar om die Enneagram of retraites in gemeentes of ringe aan te bied (084 855 3444, dissipel@gmail.com).
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|
|