|
|
|
|
|
|
|
Jaargang 24 - Nommer 9 - 13 Maart 2026
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Nuwe, innoverende hoërskool kategesisteem
- VBO: Benader kanker pastoraal op 'n holistiese wyse
- Pinksterreeks 2026 beskikbaar
- Leraars beweeg
|
|
|
|
|
KI-Kats: Innoverende hoërskool kategesesisteem bekendgestel
|
|
|
|
Die Hervormde Kerk se Werkgroep vir Jeugbediening het pas KI-Kats, ‘n nuwe innoverende aanlyn Hoërskool Kategese Sisteem bekendgestel: 2 Kurrikulums met 410 lesse beskikbaar. ‘n AI-Tutor sisteem ‘n AI-verslag sisteem Leerders kan prente genereer, videos van les-interaksies genereer, ‘n gedig genereer en ‘n liedjie genereer. Leerders klets met die AI-tutor, beantwoord vrae, leer Bybeltekste, en stel self vrae. ‘n Globale punteleer vir alle leerders. Volledige dinamiese lesplanne vir alle mentors. Toegang is slegs R100. Probeer vandag die eerste les gratis.
|
|
Klik hier om meer inligting te bekom, en besoek https://www.dramekaarselaste.co.za > Meer > Vir Kinders > Geloofsonderrig H/S
|
|
Hier is 'n praktiese demonstrasie te sien.
|
|
Kontak dr Deon du Toit vir verdere navrae: deon7373@gmail.com
|
|
|
|
Kommer oor pogings tot staatsbeheer van godsdiens met ANC bespreek
Senior verteenwoordigers van die African National Congress (ANC) en leiers uit verskeie geloofsgemeenskappe het op 10 Maart 2026 by Luthuli House in Johannesburg vergader om bekommernisse oor moontlike staatsbeheer van godsdiens in Suid-Afrika te bespreek.
|
Aan ANC-kant het onder andere adjunk-sekretaris-generaal Nomvula Mokonyane en Nasionale Uitvoerende Komitee-lid Bathabile Dlamini deelgeneem. Geloofsleiers het verteenwoordiging uit verskillende denominasies en tradisies gehad, onder andere Bert Pretorius, Jan Pretorius van SACOFF, Michael Swain en Liesl Pretorius van FORSA, asook verteenwoordigers van Moslem- en Afrika-tradisionele geloofsgroepe.
|
Die gesprek het veral gefokus op kommer oor die optrede en voorstelle van die Commission for the Promotion and Protection of the Rights of Cultural, Religious and Linguistic Communities (CRL-kommissie). Geloofsleiers het gewaarsku dat sekere voorstelle vir regulering van godsdiens die grondwetlike reg op godsdiensvryheid kan bedreig.
|
ANC-leiers het op hul beurt beklemtoon dat die Suid-Afrikaanse Grondwet godsdiensvryheid beskerm en dat die party nie daarop uit is om geloofsgemeenskappe te beheer nie. Daar is ook saamgestem dat voortgesette dialoog nodig is om vertroue te bou en om seker te maak dat geloofsgroepe betrokke bly by die vorming van beleid.
|
|
Die volledige verslag gee ’n meer uitgebreide beeld van die gesprek, die bekommernisse van geloofsleiers en die voorstelle vir verdere samewerking.
|
|
|
|
|
|
Rhodes: Hoe 'n klein gemeente weer selfstandig word
|
|
Die klein dorpie Rhodes is skilderagtig aan die ower van die Bellrivier in die voetheuwels van die Drakensberge geleë (Foto: Rhodes toerisme)
|
|
Hoe kan ons gemeente weer selfstandig word al is ons min? In die storie van die NG Gemeente Rhodes kyk Heléne Meissenheimer in Kerkbode na die lang pad wat hierdie gemeenskap gekom het om 'n volhoubare antwoord op dié vraag te vind. Hierdie 130 jaar-oue Oos-Kaapse gemeente, wat 'n afgeleë en hegte boeregemeenskap bedien in die Drakensberge by Lesotho se grens, het op Sondag 1 Maart vir ’n tweede keer selfstandig geword.
|
|
|
|
|
|
Nuwe publikasie
Ontdek die heilige in die gewone
|
|
|
Die Gebedsboek vir tye wat tel maak jou opnuut bewus van hoe kragtig daaglikse gebed is. Vind jou ritme in pas met Jesus se ritme, en bou jou vertroue in Hom. Benader gebed meer bewustelik en besef dat Jesus altyd daar sal wees vir jou, veral in tye wat tel. Hierdie 365 gebede sal jou inspireer sodat jou geloofslewe ’n getuienis word van Jesus se geloof, hoop, liefde en genade.
|
|
|
|
|
|
Pinksterreeks 2026 beskikbaar
CLF se 2026 Pinksterreeks is nou beskikbaar. Die tema is: Ontwrig die verdeeldheid: ’n Pinksterreis na Eenheid, Heiligheid en ’n Nuwe Mensheid in Christus.
|
|
|
|
|
|
Paasproduksie by PE-Lorraine: 22 Maart
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Bybelgenootskap se jaarlikse vrugtemark: 26-28 Maart
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Oos-Kaap byeenkoms weer te Jeffreysbaai
#Imagine-Jeugfees, 28-30 Maart 2026
|
|
|
|
Die Oos-Kaap se #IMAGINE fees (experience) vind in 2026 weer in Jeffreysbaai plaas: 28 -30 Maart 2026
|
Ons visie is om jong SA met hoop te inspireer – ons glo in môre, omdat Jesus leef!
|
|
|
|
|
|
|
Inskrywings vir die Predikante SAAMkoms het op 23 Februarie geopen. Elke predikant en diensleraar het 'n skrywe ontvangs waarin die registrasieskakel verskaf word. klik daarop om aanlyn te registreer. Daarna word 'n faktuur aan jou gestuur.
|
|
Die aanbeveling is dat kerkrade instaan vir die registrasiekoste, of leraar gedeeltelik bystaan om dit te bekostig. Die koste word swaar gesubsidieer (sowat 80%), sodat die verskuldige bedrag binne bereik van predikante en kerkrade gebring kon word.
|
|
|
|
|
|
Belangrike inligting op ons webblad
Klik hier vir direkte toegang tot belangrike inligting en dokumente op ons webblad (www.ngkok.co.za):
|
|
|
|
|
|
VBO-opname aanlyn beskikbaar
Balans in die bediening - dr Gustav Gous
|
|
|
Klik hier om na hierdie belangrike inset te kyk en te luister. Sodra jy dit gedoen het, kan jy 'n e-pos aan danie@ngkok.co.za stuur om aan te meld vir VBO-punte.
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO
Prof Wentzel Coetzer: 'n Pastoraal-holistiese benadering tot kanker - 21 April 2026
Wanneer die immuun sisteem gestimuleer word, selfbeeld en selfvertroue herstel word, onverwerkte trauma en emosionele pyn deurgewerk word, vertroebelde verhoudings herstel word en ʼn gesonde leefstyl in plek kan kom, kan dit lei tot ingrypende fisiese veranderinge. In hierdie kursus kom ʼn verskeidenheid van praktiese riglyne in hierdie verband aan die orde as deel van ʼn diepgaande pastoraal-holistiese benadering waar die biologiese, sosiale, emosionele en geestelike dimensies van siekte oor die algemeen geïntegreer word. Daar word veral gefokus op die benaderings van die pediatriese chirurg, Dr Bernie Siegel, asook die mediese dokter, Gabor Maté, met betrekking tot kanker. Teen hierdie agtergrond word daar dan telkens ook pastorale kommentaar gelewer en praktiese riglyne uitgespel. Kursus oop vir almal Datum: Dinsdag 21 April 2026. Tyd: 09.00 – 13.00 Akkreditering: 5x VBO punte – CPSC punte – 5x AFM PCD punte
|
Koste: R300 pp (R45 ekstra vir inskrywings uit Namibië en die buiteland as gevolg van bykomende bank heffings) Handboek te koop (opsioneel): R370 (R250 plus R120 vir koerier)
|
|
Navrae: 083 660 0409 of e-pos: wentzelc@gmail.com
|
Volg die kursus op ʼn later datum: Persone wat nie die betrokke oggend die kursus kan bywoon nie, kan nogtans registreer en dan agterna ʼn skakel ontvang om op enige later datum weer die kursus te kan volg.
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO: Tuiskoms
|
|
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO: Aftrede, die drumpel van 'n nuwe lewensfase
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Vakature: Sang-en Musiekleier: Blouwaterbaai - PE
|
Aansoeke word ingewag vir die pos van Sang-en Musiekleier vir NG gemeente Blouwaterbaai Familiekerk.
|
Hierdie is ‘n voorstedelike gemeente geleë aan die kus en langs die Swartkopsrivier in Port Elizabeth. Die gemeente vier vanjaar hulle vyftigste bestaansjaar. Die gemeente bestaan uit gesinne en senior lidmate. Die gemeente het ‘n aktiewe sanggroep wat die sang kan lei tydens eredienste en ander geestelike byeenkomste.
|
|
|
|
|
|
NG Kerk Albanie: Voltydse leraar
Makhanda (Grahamstad) is ’n diverse dorp vol kultuur en geskiedenis. Dit is die tuiste van talle skole en Rhodes Universiteit wat die dinamiek van onontginde jong energie bring. Dit is die tuiste van die Nasionale Kunstefees en talle geskiedkundige monumente wat elemente van kultuur, musiek, drama en kreatiwiteit op ons voorstoep plaas. Ons omgewing bied pragtige natuurskoon en plase en wildreservate omsoom die dorp.
|
|
Die gemeente beskik oor 'n vakature vir 'n voltydse leraar. Lees die posbeskrywing hier.
|
|
Die sluitingsdatum is 20 Maart 2026.
|
|
|
|
|
|
Vastetermyn-bediening in Tarkastad
|
Emeriti / leraars wat belangstel in 'n vaste termyn bediening in Tarkastad vir 2 jaar kan met ds Riaan Vlok skakel by 082 877 7212.
|
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in Maart
Baie geluk aan die volgende predikante en diensleraars wat in Maart verjaar:
|
7 Maart – ds Delmarie Viljoen, NG Gemeente Queenstown 9 Maart – ds Riëtte Botha, NG Gemeente Elliot 9 Maart – ds Quintin Nel, NG Gemeente Burgersdorp 18 Maart – ds Jaques Grobler, NG Gemeente Sondagsrivier (Kirkwood) 27 Maart – ds Jan Coetzer, NG Gemeente Oos-Londen 30 Maart – ds Dawie de Wet, NG Gemeente Willowmore
|
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
|
Loots, ds Deon - 084 855 3444, dissipel@gmail.com
|
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
|
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
Beskikbaar om die Enneagram en retraites aan te bied
|
|
Ds Deon Loots maak die Baai nou weer sy tuiste en is beskikbaar om die Enneagram of retraites in gemeentes of ringe aan te bied (084 855 3444, dissipel@gmail.com).
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|
|