|
|
|
|
|
|
|
Jaargang 24 - Nommer 6 - 20 Februarie 2026
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Verset teen staatsbeheer oor godsdiens draai in Parlement
- #Imagine 2026: skryf nou julle tieners en jeugleiers in
- ISLAM: Wat Christene moet weet
- Leraars beweeg
|
|
|
|
|
Parlementêre oorsig bevestig godsdiensvryheid
Verset teen staatsbeheer oor godsdiens lewer vrug op
FORSA (For Faith and Freedom SA), 'n drukgroep wat hom vir godsdiensvryheid bewyer, rapporteer in 'n onlangse memorandum dat pogings van die CRL-Kommissie (wat godsdiens en kultuurregte reguleer) om godsdiens aan staatsbeheer te onderwerp nou 'n positiewe wending geneem het:
|
Op 11 Februarie 2026 het ie debat oor die regulering van godsdiens in Suid-Afrika van die CRL-regtekommissie se eie proses verskuif na formele parlementêre toesig deur die Portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering.
|
Geen wetgewende mandaat vir staatsregulering van godsdiens is gegee nie. Inteendeel, godsdiensvryheid is weer bevestig as ’n grondwetlike reg, terwyl misbruik binne die bestaande regsraamwerk aangespreek moet word. Verskeie geloofstradisies het eensgesind teen ’n godsdiens-spesifieke reguleringsregime standpunt ingeneem.
|
Die debat speel nou openlik af in Parlement en howe – binne die beskerming van die Grondwet.
|
|
|
|
|
|
Bydraes vir die rampfonds
|
|
|
|
|
|
Wêreldbiddag vir Vroue: 6 Maart 2026
|
Die Wêreldbiddag vir Vroue word vanjaar op 6 Maart 2026 gehou. 2026 se tema is ‘Kom, Ek sal jou rus gee’. Die program is saamgestel deur vroue van Nigerië. Die Wêreldbiddag vir Vroue is ‘n wêreldwye ekumeniese beweging van Christenvroue, -mans en -kinders van verskillende lande wat elke jaar op die eerste Vrydag in Maart vergader om ‘n besondere dag …
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Musiek en Woord by Somerstrand
|
|
|
|
|
|
|
|
Oos-Kaap byeenkoms weer te Jeffreysbaai
#Imagine-Jeugfees, 28-30 Maart 2026: Inskrywings open
|
|
|
|
Die Oos-Kaap se #IMAGINE fees (experience) vind in 2026 weer in Jeffreysbaai plaas: 28 -30 Maart 2026
|
Ons visie is om jong SA met hoop te inspireer – ons glo in môre, omdat Jesus leef!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Belangrike inligting op ons webblad
Klik hier vir direkte toegang tot belangrike inligting en dokumente op ons webblad (www.ngkok.co.za):
|
|
|
|
|
|
|
|
VBO-opname aanlyn beskikbaar
Islam vandag: Wat Christene regtig moet weet
|
|
|
Die eerste aanbieding oor Islam Vandag deur dr Enrico Casaleggio is aanlyn beskikbaar en kan hier besigtig word. Ons sal ook skakels na die verdere twee aanbiedings geplaas sodra dit beskikbaar gestel word.
|
|
|
|
|
|
Universiteit van Pretoria
Opleiding as Brugleraar
|
|
|
Prof. Malan Nel tree as kursusleier op. Doen gerus verder navraag by hom - malannelup@gmail.com
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO: Tuiskoms
|
|
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO: Aftrede, die drumpel van 'n nuwe lewensfase
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Vastetermyn-bediening in Tarkastad
|
Emeriti / leraars wat belangstel in 'n vaste termyn bediening in Tarkastad vir 2 jaar kan met ds Riaan Vlok skakel by 082 877 7212.
|
|
|
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in Februarie
Baie geluk aan die volgende predikante en diensleraars wat in Februarie verjaar:
|
2 Februarie – ds Gerald Ehlers, NG Gemeente Grasvoëlkop 8 Februarie – ds Tobie van Schoor, NG Gemeente Uitenhage-Noord 10 Februarie – ds Anton van Jaarsveld, NG Gemeente Vanstadensrivier 16 Februarie – ds Pieter Nel, NG Gemeente Port Elizabeth-Hoogland 16 Februarie – ds Roné Vosloo, NG Gemeente Port Elizabeth-Heideveld 23 Februarie – ds Nardus Greyling, NG Gemeente Jeffreysbaai 24 Februarie – ds Berenice Esterhuyzen, NG Gemeente King William’s Town 24 Februarie – ds Jurie Pretorius, NG Gemeente Gonubie
|
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
|
Loots, ds Deon - 084 855 3444, dissipel@gmail.com
|
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
|
Ds Deon Beyers - 082 222 6521, privaat@riversdalwes.co.za
|
|
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
Beskikbaar om die Enneagram en retraites aan te bied
|
|
Ds Deon Loots maak die Baai nou weer sy tuiste en is beskikbaar om die Enneagram of retraites in gemeentes of ringe aan te bied (084 855 3444, dissipel@gmail.com).
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Ds André Kleynhans van die NG Gemeente Buffelsrivier neem op 22 Februarie afskeid van die gemeente en ontvang demissie met ingang 1 Maart 2026.
|
Ds Koos (JJ) van Zyl, voorheen leraar by di NG Kerk Upington Blydeville, is na die NG Gemeente Buffelsrivier beroep, het die beroep aanvaar en lewer op 1 Maart sy intreepreek. Hy word op 1 Maart deur ds Willem Petzer in die amp bevestig.
|
Ds Deon Strydom ontvang op 15 Maart 2026 demissie by emeritaat tydens 'n erediens by die Stutterheim Verenigde Gemeente (NGK en Presbiteriaans). Sy afskeidspreek is op 22 Maart 2026.
|
Dr Wentzel Schoeman van Kelrksdorp-Oos is op 16 Februarie 2026 as predikant na die Stutterheim Verenigde Gemeente beroep.
|
Ds Quinette Weitsz ontvang op 19 April 2026 demissie by die NG Gemeente Cambridge.
|
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|
|